Die NG Kerk het die afgelope tyd benoude spronge op sy amptelike webblad gemaak oor die “vlaag van geweld wat Londen en ander Engelse stede onlangs getref het, en Brittanje tot in sy fondamente geskok het”. Nou sit die kerk radeloos, vreesbevange met die hand in die hare en wag dat dieselfde hier moet gebeur. En wat dan? Allerlei voorstelle word gemaak om so ‘n situasie die hoof te bied, maar ironies genoeg,word die kerk se God nêrens genoem as Iemand by wie dalk hulp gevra kan word nie.