Posted on 88 Comments

Die boodskap van Geloftedag vir ons volk

Vanjaar herdenk ons die Slag van Bloedrivier weer op ‘n Sondag – die dag waarop dit oorspronklik plaasgevind het. Hierdie besondere dag het vir ons as volk nog steeds ‘n besonderse boodskap, wat ook opgeteken staan in Psalm 81:8 – “In die nood het jy geroep (ná Bloukrans, Moordspruit en Weenen), en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek (die laer) van die donder (kanon- en geweerskote); Ek het jou getoets by die waters van Mériba (Bloedrivier). Sela.” Continue reading Die boodskap van Geloftedag vir ons volk

Posted on 279 Comments

Die Stem en Paradys-verlange

Waarom word ons herhaaldelik in die Woord gewaarsku en as ‘t ware opdrag gegee om in tye van benoudheid of gevaar die stede te verlaat? Dink maar aan die engel wat aan Lot gesê het: “Vlug vir jou lewe! … Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!” En na die geboorte van die Messias in Betlehem verskyn ‘n engel aan Josef en sê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê…” Continue reading Die Stem en Paradys-verlange

Posted on 103 Comments

Dit sal vinnig gebeur

Met hierdie artikel wil ons probeer om aan u sover moontlik ‘n volledige profetiese prentjie te skets van die uitstaande voorspellings wat in die nabye toekoms nog vir ons voorlê. Om dit te kon doen, was dit nodig om professieë waaroor daar hier al dikwels geskryf is, weer aan te haal, want dis eers dan dat die verloop van gebeurtenisse, hetsy in die verlede of die toekoms, nie net nuwe betekenis kry nie, maar ook sinvol in plek val. Continue reading Dit sal vinnig gebeur

Posted on 3 Comments

Johanna Brandt: stakings, rewolusie en hongersnood

Die afgelope weke het ons almal die nuus dopgehou wat oor die stakings gehandel het en ons het onwillekeurig (dié van ons wat daarvan geweet het) gedink aan Johanna Brandt en wat sy gesê het oor stakings wat sou kom: Continue reading Johanna Brandt: stakings, rewolusie en hongersnood