Posted on 87 Comments

Kliphelde, Eskom en die revolusie

Daardie selfde aand wat Malema en sy EFF verlede jaar op 21 Augustus uit die parlement geboender is, het hy wraak gesweer met ‘n revolusie. Die volgende dag het hy sy eenjaar-plan aangekondig en Suid-Afrikaners gewaarsku om voor te berei vir die offers wat gevra gaan word met die EFF se “beplande revolusie”. Continue reading Kliphelde, Eskom en die revolusie

Posted on 26 Comments

Bemoediging vir my volk

Nadat die Boereprofeet se gesigte weer in 1991 onder sy volk se aandag gekom het, word daar dikwels, ja, by herhaling, gepraat van Siener se bloedvlag wat eendag weer oor hulle as volk sal wapper, wat weer aan hulle hul identiteit, hul land, hul toekoms en hul Skepper terug sal gee. Maar die volk besef oënskynlik nog nie wat daardie profesie van hulle gaan vra nie. En wie van hulle begryp die volle betekenis van die bloedkol in die middel van die vlag – die ‘bloedvlek’ op die volk se hart? Continue reading Bemoediging vir my volk