Sowat ses jaar gelede het ‘n vriend van Bloemfontein in Mosselbaai by my opgedaag met ‘n aantal bandopnames deur Ryno Opperman wat wyle Frikkie Botha aan my nagelaat het. Ek het dit weggesit met die gedagte om later daarna te luister. Maar intussen het ons na Ladismith verhuis en die bande het in een van die talle houers in ‘n stoor beland. Continue reading Operasie Koemran
Tag: Shivambu
Malema — die baba word ‘n reus

Dis opvallend dat daar in die afgelope tyd ‘n sigbare toestand van wanhoop en moedeloosheid onder “my mense” posgevat het. En met “my mense” bedoel ek natuurlik hulle wat al vóór 1994 “geweet” het wat die gevolge van De Klerk se verraad sou wees; “geweet” het dat daar vir ons ‘n tyd van vervolging, armoede, uitbuiting en onbeskryflike ellende voorlê; “geweet” het dis nodig omdat ons harte na links afgedwaal het en dat Hy ons met dié strafgerig weer na Hom wil terugbring; maar ons het toe ook “geweet” van die profetiese woord wat baie vasstaan en waarop ons kan ag gee; “geweet” dat die afloop van die strafgerig se finale bedryf sou geskied ooreenkomstig die scenario’s van ‘n Siener en ‘n Job. Continue reading Malema — die baba word ‘n reus