Posted on 115 Comments

Angus Buchan en die Siener

Ons verneem dat Siener se ‘vriendelike Ingelsman’, oom Angus Buchan, (in Afrikaans lees dit oom Angus Bakhand) gereedmaak om op 22 April buite Bloemfontein een miljoen gebede op te stuur na die Troonkamer om te pleit dat FW de Klerk se beloofde paradys tog nou ’n werklikheid moet word, want niemand kan dit meer in hierdie nekropolis (stad van die dooies) uithou nie.

Maar eer ons by oom Angus se gebedsaksie kom, laat ons net eers ’n bietjie in die geskiedenis terugloop.

Kort vóór die 1994 verkiesing het mnr. FW de Klerk in ’n volblad Rapport-advertensie en op TV as ’t ware ’n eed afgelê dat as ons hom en sy NP dat vertrou, dat hy ons nooit, maar nooit in die steek sal laat nie. Ons moes hulle vertrou dat hulle nog altyd gedoen het wat hulle belowe, en ook dat hulle by die waarheid sal staan en val…

Toe gaan KODESA hy met die ANC. Maar sommer in die tweede ronde gooi hy namens die blanke volk die handdoek in. Toe kondig hy ’n regering van nasionale eenheid aan, net om weke later weer die handdoek op die krytvloer te laat beland. Hy kapituleer, vat sy hoed en verlaat met ’n glimlag op sy tronie, nie net die NP nie, maar ook die volk.

Hierna verlaat hy toe sommer ook sy vrou. En tóé eers kon hy aankondig ons bly nou in die paradys. Maar skaars weke later, op 4 Desember 2001, word sy vrou, Marike, ook een van die duisende blankes wat met hul lewes moes betaal vir sy voorreg om sy en Evita se klein ‘paradysie’ te kon betrek.

Nou ontstaan die vraag: Wanneer en deur wié was hierdie paradys geskep?

Gelukkig staan dit dag en datum in die geskiedenisboeke opgeteken, en miskien onthou u dit nog:

Op 9 Junie 1982 skryf 123 gelegitimeerde NG priesters in ’n Ope brief in Die Kerkbode aan die blanke volk van SA, en lig hulle in oor waarom ons nog buite die paradys oor distel en doring moet hink en hyg om aan die lewe te bly.

Ons talle gruwelike sondes is die rede. Ten eerste weier ons om met die ander nasies rondom ons te versoen, want, om die paradys binne te gaan, moet “ons en hulle tot een nuwe mensheid verenig.”

Tweedens het ons ’n soliede apartheidsmuur van graniet tussen hulle en ons opgerig. En God is vertoornd daaroor.

Watter ‘God’? Want die God waaroor daar in hulle Handboek geskrywe word, het gesê: “Ek het soort volgens soort gemaak … en gesien dat dit goed is, baie goed!”

Toe voeg Hy by: “En Ek het grense tussen hulle vasgestel.”

En sy Seun kom en gewaarsku ons: “Ek het nié gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.”

Dus, sou julle tot een nuwe mensheid verenig, gaan daar bloed loop, strome bloed…”

En vandag kan ons almal daarvan getuig:

Gedurende die tydperk 1948 tot 1989 het daar sowat 7 000 swartes gewelddadig in SA gesterf. Vanaf die ANC se ontbanning in 1990 tot 1994 is 14 000 swartes deur ander swartes vermoor. Maar vanaf 1994 tot vandag het reeds meer as 70 000 duisend blankes met hul lewens betaal vir De Klerk se paradys.

Dit is so erg dat selfs die liberaliste nou daagliks in vrees en angs lewe. En volgens Siener gaan daar nog ’n tyd aanbreek dat hulle sal bid dat die onheile wat besig is om oor hulle te kom, tog nie moet plaasvind nie. Maar dis nie al nie — hy het ook gesien dat hy en genl. Koos de la Rey se seun, Adaan, nog oor hulle sal huil. Toe Adaan sê dit sal nooit gebeur nie, was Siener se antwoord: “Ek sien nie ons huil omdat ons hulle jammer kry nie, maar omdat ons nie vandag in hulle skoene staan nie…”

Daardie gesig gaan miskien nog hierdie week bewaarheid word, want ons verneem dat oom Angus Bakhand die voortou geneem het en ’n nasionale biddag uitgeroep het, juis om dit wat hulle nooit wou glo sal gebeur nie, te probeer keer!

Hierdie reuse-biddag word gehou op ’n plaas Wildeals Kloof, naby Bloemfontein om 2-uur Saterdagmiddag 22 April.

“Ons gaan dan ’n nasionale dag van gebed hou,” sê Buchan, “en ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners van alle rasse van regoor die land, van Tzaneen tot in die Kaap en van Upington tot in Durban, om bymekaar te kom — een miljoen van ons.”

Hy glo dit is ons laaste kans om weer normaliteit terug te bring na Suid-Afrika. “Kanselleer al jou afsprake en vergaderings en maak seker dat jy dié dag hier is. Ons is moeg daarvoor dat mense (hoekom noem hy hulle nie by name nie?) reg in eie hande neem. Ons gaan die Here vra om geregtigheid, vrede en hoop vir ons geliefde Suid-Afrika te bewerkstellig…”

Maar geloof of gebed sonder die werke is dood? Ons het dit by Bloedrivier gesien. Sarel Cilliers-hulle het sewe dae lank élke dag gebid vir verlossing. Maar daarna nie op hul louere gaan rus nie. Hulle het uur na uur hard geswoeg en gesweet (m.a.w.‘gewerk’) om gereed en voorbereid te wees vir wat ook al mag gebeur. Daar is veghekke gemaak, koeëls gegiet, gewere geolie en nagesien en ook verkenningstogte uitgestuur.

Hierteenoor wil Angus Buchan en sy volgelinge Saterdag na ‘n eenmalige gebedsaksie terugkeer huis toe om te sit en wag dat God nou vir hulle die ‘werk’ moet doen. Dit was ook die geval met sy destydse eerste ‘Mighty Men’-konferensie in 2003. Hy en sy ‘Magtige Manne’ (almal met vleeslike arms) het herhaaldelik dwarsoor die land bymekaargekom om te bid vir herlewing en vrede, om dan weer rustig huiswaarts gekeer. Hulle het nooit by die ‘werke’ uitgekom nie, want die aanrandings, kapings, rooftogte, plundering, verkragtings en doodslag het net vermeerder sodat Suid-Afrika vandag as die moordhoofstad van die wêreld bekend staan.

Die vraag word gevra of hierdie misdadiger wat moor, steel en verkrag, enige wet in eie hand geneem het om dit te doen? Is daar dan wette wat hom die mag daartoe gee? M.a.w. is daar aansoekvorms ingevul om 70 duisend blankes te vermoor? Die wat moor, steel en verkrag is mos ‘wetteloos’ en dus praat Buchan nie van hulle nie! Hy praat nie van swart op wit misdade nie, maar wel van wittes se dade op die swartes. Die witman is die gehoorsame wat wet en orde wil handhaaf en daarbenewens die wet gebruik om hulleself te beskerm.

Oom Angus is ook oënskynlik baie bly oor die ‘bloedige tydperk’ wat Suid-Afrika tans ondervind. Die 70 duisend moorde en 700 duisend plakkers is vir hom net ‘n oorgangsfase wat moet geskied sodat samesmelting tussen al die rassegroepe kan plaasvind. Hy sê ook dat dit sy laaste vergadering sal wees, want hy is nou tevrede met waar die land homself bevind. Daar moet nog net gebid word dat dié wat die reg in eie hande neem, gestop word!

Kan iemand nie asseblief sy oogklappe loop afhaal nie?

’n Groot aantal blankes wat met Siener se profesieë bekend is, is oortuig daarvan dat Buchan die man in die grys pak klere is waarna die Siener verwys het. M.a.w. hy is die geestelike leier uit die Oos-Kaap wat die Boervolk weer bymekaar gaan maak en na God teruglei.

Toe ’n vriend hom onlangs skakel en voorgee dat hy nie goed Engels kan praat nie en of Buchan sal omgee as hy Afrikaans praat, was Buchan se antwoord: “Ek verstaan nie Afrikaans nie en kan dit ook nie praat nie.” Of dit werklik die geval is, weet ons nie.

Op sy plaas is daar ’n weeshuis Beth-Hatlaim (Huis van die Lammers), vir wat hy noem ‘weggooi-kinders’ en sovêr ons kon vasstel is daar nie een blanke kind onder hulle nie. Dit bestaan reeds sedert 1995 en word grootliks onderhou met donasies van blankes.

’n Mens sou ook verwag dat ’n gesant van God uit eerbied en respek darem sy hoed sal afhaal wanneer in die teenwoordigheid van die Almagtige optree. Buchan is nog nooit met ontblote hoof op ’n verhoog gesien nie.

Siener het in ’n paar gesigte verskeie tonele waargeneem waarby ’n ‘vriendelike Engelsman’ betrokke is: ’n Vriendelike Engelsman kom hier aan. Ek sien wingerdlote (geloof) kom opmekaar uit, maar ’n groot vlam verteer hulle. (Deur die ‘vriendelike’ Engelsman se toedoen (misleiding), word die mense se geloof geblus). Hy kom van ’n Afrikaland (Zimbabwe). Ons sal lank nie van hom weet nie. Dan loop baie agter hom aan na die Oostelike provinsie (Natal) met groot verwagtinge. Maar hy lei hulle na ’n muur sonder ’n deur (daar is geen uitkoms nie). Siener sê hy sien ’n man wat die geel broek uittrek, maar die onderbroek is grys … hy hardloop dan na die ooste toe. (Geel is die kleur van verraad).

Dat hy die geel broek uittrek, wys sy verraad word ontbloot. Die grys onderbroek beteken hy probeer nog voorgee om ’n geestelike leier te wees, maar niemand vertrou hom meer nie en hy vlug (terug) na die ooste (Oostelike Provinsie).

Revolusie ons voorland

Die swart joernalis, Andile MngZitama, beweer die finale revolusie het reeds in SA begin met die Marikana-slagting en dat ’n volskaalse revolusie in Suid-Afrika nou onafwendbaar is.

Sy waarskuwing oor die revolusie, sluit aan by Siener se gesig van 6 Maart 1914 waarin hy hierdie revolusie in drie fases voorspel het — dit sou ook die begin wees van ons volk se laaste smeltkroes en suiweringproses, het hy aan ’n vriend, Kerneels Nieuwenhuizen, gesê: “Aan Rustenburg se kant brand ’n vuur anderkant die bult (die Marikana-Wonderkoppie) nie ver van Pretoria nie” (die Siener het self gesê vuur is ’n teken van geweld, bloedvergieting en/of doodslag). Hierdie gebeure is die eerste fase en die begin van die revolusie.

In die tweede fase sien hy misvure wat brand. In Siener se tyd was dit algemeen bekend dat swartes saans wanneer hulle van die werk afkom in die lokasies misvure maak. (’Misvure’ dui op geweld gepleeg deur swartes, en die geweld het sedert die Marikana-slagting so erg toegeneem dat daar net in die afgelope maar byna drie duisend betogings-, opstande- en geweldsituasies landswyd plaasgevind het.

En dis opvallend dat die hoofstroom media ’n doodse stilte daaroor handhaaf. Net soos wat die Boereprofeet dit ook vooruitgesien het: “In ons dag sal ons in die duister verkeer oor wat in die land aan die gang is.”

In die derde en laaste fase sien hy baie mense in Bloemfontein sterf “Aan Bloemfontein se kant is ’n swart wolk vol mense” (Met genl. De la Rey se dood het Siener ook ‘n ‘swart wolk’ bokant Lichtenburg gesien — maar hierdie keer is die wolk ‘vol mense’ — dit lyk dus of baie mense nog naby Bloemfontein gaan sterf.

Dis ook opmerklik dat hy nie die ‘swart wolk’ bokant Bloemfontein sien nie, maar ‘aan Bloemfontein se kant’. Buchan se byeenkoms kan ook gesien word as ‘aan Bloemfontein se kant’, wat dit vind plaas sowat 4½ kilometer buite Bloemfontein.

Ons wil nie sê dit is so nie, maar moontlik het Siener se gesig betrekking op hierdie gebeurtenis; óf ’n insident wat nog in die toekoms gaan plaasvind.

Posted on 46 Comments

“Ons sal nie luister nie!”

Ons volk bevind hom vandag in die donkerste uur van sy bestaan, ‘n krisis soos daar nog nooit was nie, maar ons wil dit nie hoor, sien of daarvan weet nie! Ons gryp desperaat, wanhopig na die strooistingels wat die media, kerk en politici as reddingboei na ons toe uitgooi.

Nog minder wil ons hoor of weet van die waarskuwings wat die Almagtige by monde van sy profete aan ons gegee het: “Bekeer julle van jul verkeerde weë, en Ek sal julle uitred…” Continue reading “Ons sal nie luister nie!”

Posted on 1 Comment

Waarskuwing – meer geweld en stakings op pad

Na twee weke se gewelddadige optrede was daar ‘n tydelike “wapenstilstand” om die Minister van Arbeid, Mildred Olophant, kans te gee om werkers se looneise te oorweeg. Maar haar uitlating dat verhogings eers in April verwag kan word, was dadelik ‘n vuurthoutjie in die smeulende kruitvat en dis byna seker dat die stakers se gewelddadige optrede volgende week voortgesit gaan word. Continue reading Waarskuwing – meer geweld en stakings op pad

Posted on 4 Comments

Rustenburg: begin van bloedige geweld

News24 het oor die naweek bespiegel dat gebeure op ’n stowwerige stukkie klipveld naby Rustenburg, dalk nie net ’n bloedige einde gebring het aan Suid-Afrika se 18 jaar lange vermeende apartheidswittebrood nie, maar ook ’n toksiese mengel van regerings-ontlasting, krakende infrastrukture en sosiale onrus op ons vrygelaat het. Daar is ook gesê dat ekonomiese vooruitsigte van nou af progressief gaan versleg. Continue reading Rustenburg: begin van bloedige geweld

Posted on 12 Comments

Siener: By Rustenburg brand ‘n vuur

Die sluimerende geweldsituasie in die land het byna oornag skielik verander toe Lonmin (by Rustenburg, Marikana), die wêreld se derde grootste platinumprodusent, Dinsdag sy Suid-Afrikaanse bedrywighede opgeskort en sy aandeelprys gedaal het ná geweld uitgebreek het tussen die twee strydende vakbonde, NUM en Amcu. Na raming het 35 werkers het in die gevegte omgekom. Continue reading Siener: By Rustenburg brand ‘n vuur