Posted on 4 Comments

Ope brief van adv. Piet Pretorius, skrywer van Volksverraad, aan prof. Andries Raath en Rudie Rousseau

Die brief word ook hieronder opgevolg deur twee verdere korrespondensies tussen Professor Raath Advokaat Piet Pretorius.

Advokaat Piet Pretorius se ope brief
Professor Andries Raath se antwoord aan Adv. Piet Pretorius
Daaropvolgende Brief aan Professor Raath deur Adv. Piet Pretorius


Aan My ou Skoolmaat Dries Raath,
En aan Rudie Rousseau

Hierdie epos was vir my uiters moeilik om te skrywe. Julle gaan net aan en aan. Julle is nie op die oomblik ‘n toonbeeld van ‘n ware Christenskap nie. Geen seine van  naasteliefde is by julle sigbaar nie.

Johann Rupert is reg wanneer hy twee jaar terug gesê het dat die Afrikaner steel kos uit sy broer se bord uit. Dit is wat jy Dries met jou lasterlike aantygings teen Adriaan Snyman maak. Jy steel sy pensioen. Jy is so min eerbaar soos wat jy probeer voorgee. Wat jy gesê het op Rudie sy agste video, het Adriaan in elke geval ook gesê. Wie is jy nou werklik? ‘n Verbitterde ou man? Het Adriaan se boeke nie beter verkoop as wat jou tipiese akademiese georiënteerde boeke oor Siener getoon het nie? Nou moet jy hom belaster en hom vertrap om raak gesien te word. Weet jy van die Staat versus Koekemoer (Streekhof 7 Pretoria) saak? Daarin het die Valke aangetoon dat hulle binnekort verskeie regse arrestasie oor die land breedte gaan maak. My vraag aan jou is: Is jy nou wetend of onwetend die Staat se provokateur in hierdie verband? Is jy nie besig om jouself die monopolie toe te eien om oor die Siener alleen te skrywe nie? Jy is verwaand.

Jy val selfs Adriaan se boek titels aan. Godsprofeet. Jy het jouself gaan inwurm om toegang tot informasie oor die Siener te bekom. Dan hou jy daardie inligting geslote vir jouself. Ek het jou meer as 10 maande gelede gevra om informasie te bekom oor die Siener se gesigte i.v.m. die twee-stert komeet wat jy tot nou toe nie aan my geopenbaar het nie.

Jou woorde by die graf van die Siener op 29 Mei 2021: “Ons weet dat die koeël vir Beyers bedoel was.” Is jy seker????? Dit is duidelik dat jy nie weet van die skrikbewind van die Foster-bende aan die Rand nie! Wat ek vir jou probeer sê, is dat jy is net so mens as Frik Pretorius en Adriaan Snyman. Jy kan ook somtyds verkeerd wees, want jy is mens soos ons ander. Maar jy is so vol van jouself. Ons noem dit HOOGMOED. Die Skrif waarsku ons teen HOOGMOED. Dit is ’n gruwel in die oë van die Here.

Jy is gou om Adriaan te beledig oor sy verdienste uit Siener, wat van jou eie Siener boeke se verdienste? Hierdie boeke word immers nie verniet gedruk nie. Wat sê die Here Jesus “Haal eers die balk uit jou eie oog uit.” Waar is jou naastenby liefde vir jou eie.

Jy klink eerder soos ’n provokateur wat verdeeldheid saai. Of is jy nie besig om te skinder oor jou naaste nie? Jy bevorder nie ’n samebindende klimaat nie, terwyl ons mense bitter swaarkry. Jy val almal aan, regs en links. Hierdie verdeeldheid weerspieël duidelik wanneer jy sê dat daar persone in ons kringe is waarmee jy jou nie mee wil assosieer nie. Dit is baie arrogant. Dit is nie leierskap wat jy hier toon nie. Ons is tans leierloos. Die Skrif is baie duidelik dat die leier wat sal opstaan, kom uit die Huis van Dawid. Pasop as die Here dalk vir ons ’n KONINGIN gaan stuur? Of is dit te veel vir jou ego.

Verder vergeet jy gou hoe het jy weggehardloop toe jy aan my telefonies die opmerking gemaak het dat Genl. Tienie Groenewald ’n CIA agent was, en dit deur die Geheimediens onderskep was en ek jou genader het om dit in die Hof te kom bevestig. Selfs ek het jou daarvoor vergewe. Gaan jy dalk weer weghardloop wanneer die Valke binnekort op jou voorstoep kom staan? Onthou dit, die Here hou nie van bangbroeke nie. Of gaan jy toelaat om vir 5 jaar in die oorstopte tronk in aanhouding te wees, terwyl jou vrou op haar eie moet aansukkel? Realiteit gaan jou weereens dwing om die ander weg te volg en jou eie stem te verdof. En dit terwyl jy en Rudie in jou hoogmoed ander stemme laat verdof.

Wie sê dat jou vertolking van die visioene, wat eerder soos ’n matriek poësie klas klink (so hoog drawend) korrek is? Dit is maar net nog ’n opinie. Weet jy dat Nellie van Zyl, die dogter van Boy Mussmann, aan die AFRIKANER koerant asook die teenintelligensie afdeling van Militêre Inligting  insette oor Oom Niklaas gegee het? Waar is jou insette daaroor? Besef jy dat van ons skoolmaats agterkleinkinders van die Siener was? Dries jy weet nie alles nie.

Adriaan wie jy krimineel belaster het oor sy insette oor die Nag van die lang messe (hy het dit o.a. uit Johanna Brandt ontleen en ook aan die Siener gekoppel uit sy visioen van 4 April 1915) nadat hy jou boek Die vierkleur wapper weer geraadpleeg het en dit toe verkeerdelik aan Mandela se dood toegedig het? Daardie gesig van die Siener is steeds uitstaande en moet dus nog met die begrafnis van ’n “belangrike persoon” in vervulling kom. Wat Adriaan se verkeerde interpretasie betref, het hy reeds in sy publikasies daaroor verskoning gevra. Jy kyk dit doelbewus mis. Jy gebruik egter daardie één verkeerde interpretasie as ’n kapstok om jouself op die voorgrond te plaas. Het jy hom by sy huis gaan besoek en hom tereg gewys? NEE! Dit is duidelik dat jy van ‘n trap-tegniek gebruik maak om jouself as skrywer en jou Boeke te bevorder – totaal teenstrydig met jou Calvinistiese beginsels. Jy tree nie in goeder trou op nie. Tog het Francois de Wet ook deur die Heilige Gees ’n soortgelyke gesig ervaar waarin mense in Johannesburg aangeval en vermoor gaan word. Dit is nie vir jou relevant nie – want dit pas nie by jou trap-aanslag nie. Kom weg van jou vernoude uitkyk. Jy en Rudie is besig om baie mense na hulle dood te lei. Adriaan en Francois probeer sê dat ons as Afrikanervolk moet terugkeer na die Here en dit word al hoe noodsaakliker om ons voor God te verootmoedig. Adriaan het ’n groot bydrae gelewer om die gees van Elia in Suid-Afrika te laat ontwaak. In hierdie verband het hy verskeie geskrifte soos die Boek van Opregte, die Verborge Boek van Eden, Die Boeke van Esdras en so meer, die lig laat sien om die erns daarvan aan te spreek. Hy en Frik leef werklik van die hand tot die mond, terwyl jy jouself in ’n posisie geplaas het om te kan aftree met ’n pensioen. Jy het jou en jou gesin nie geoffer vir die GROOT SAAK nie. En Rudie jy moet nie Dries se skoothondjie word nie! Jy lewer ’n groot bydrae oor die konsentrasiekampe, hou jou daarmee besig. Dit spreek daarvoor self. Dankie daarvoor. En Rudie, gaan kyk weer na jou eie Youtube video SIENER VAN RENSBURG – DIE GEBOORTE VAN SY PROFESIEE – DEEL 1 – sien die opname vanaf 01H18:11 tot 01H24:37. OORTREE JULLE NIE WAT DIE SIENER ONS OOR WAARSKU NIE?

Dries, klim af van jou HOË PERD (HOOGMOED) en kom aarde toe (WORD NEDERIG) en praat met ons soos die OU SKOOLMAAT wat ons in VENTERSDORP in ons skooljare geken het. Die ou wie se opstelle saam met Elsabe Meyer en Karen van Dyk s’n in die klaskamer voorgelees is as die goeie voorbeelde en myne vir al die moenies. Vandat jy deurmekaar geraak het met Potch se CALVINISME, het jy jou koers verloor, soos wyle Louw Nel (wat jou ook in Bloemfontein ontmoet het) aan my oorvertel het. Jy was net soos ek in ons skooldae deur Dan Swanepoel (ons onder-skoolhoof) beïndruk toe ons elke Vrydagoggend die skooldag met vlaghysing en gebed geopen het. Die verskeie kere wat ons volkspele tot laat die aand gehad het. Ek soek die ou Dries terug wat ons skool prefek was. Kom terug aarde toe (word nederig) en word ‘n leier waar jy ’n werklike samebindende leiding kan gee soos ons dit in die ou dae geken het. Ons saamgelag het toe mev. Dippenaar my en Jannie Adams uit die sangklas gejaag het en haar man ds. Dippenaar wat 20 minute lank gebid het. (Terloops hulle seun en skoondogter het saam met my in die Geheimediens gewerk.) Kom by en vra Adriaan Snyman en Frik Pretorius om verskoning. Laat ons weer vriende word, want ons het mekaar nodig in hierdie donker tye om te oorleef. Ek moet vir jou omgee om vir myself te kan omgee. Stop jou onsin. Laat ons eerder hande vat. So gaan ons wen.

Groete

Adv. Pieter Pretorius.


Geagte Piet,

Ek het via Rudie Rousseau ‘n skrywe ontvang wat na bewering onder jou hand geskryf is.
Indien die skrywe uit jou pen kom, enkele hoofpunte:

1. Jy bemoei jou met aangeleenthede waarby jy geen direkte betrokkenheid het nie en nog minder van weet. Tot op hede het ek my nie verwerdig om te reageer op jou werke Volksverraad en Volkshoop nie omdat dit benede my sin vir behoorlikheid is om te reageer op werke wat geen stawing aanbied van die inhoud nie. Geen bronne word genoem nie behalwe ‘n aaneenryg van bewerings wat oor geen gesag beskik nie.

2. Jy tree in die bres van ‘n skrywer wat hom oor oom Niklaas uitlaat en dit op so ‘n wyse dat daar voldoende bronne genoem word nie. Groot dele van sy werke is uit myne oorgeneem sonder voldoende erkenning. Die aaneenstrengeling van bewerings / mededelings / kommentaar / uitleg / herinner sterk aan die ongesubstansieerde brabbelings wat jy in Volksverraad kwytgeraak het.

3. Teen onwaarhede en ongesubstansieerde bewerings moet ek my ten sterkste uitspreek. Ons arme volk is al so geteister deur hierdie tipe van sektariese propaganda dat dit is om van te stik. Ek moes lankal op die eensydige en propagandistiese inslag van jul mededelings gewys het en waarmee jul waarskynlik ‘n fortuin aan verdien het.

4. Jul het willens en wetens mense mislei onder die vaandel van die waarheid; julle het godsdienstige sektarisme verkondig onder die vaandel van die lig ensomeer – propagangda wat lei tot verwarring en dit bied geen oplossing nie. My vraag: Wie is die meesters wat julle dien? Word julle betaal om hierdie verwarring te stig? Wie bepaal die agendas om mense in verwarring te bring en moedeloos te maak juis sodat hulle hul groter planne kan bevorder?

5. Dit is dalk raadsaam om jou mond dig te hou want die toon en trant van jou skrywe en die publikasie daarvan kan my dalk net by die punt bring om te besluit om die nodige stappe te neem. My raad: Hou jou neus uit aangeleenthede wat jou nie aangaan nie – dis dalk die beste manier om uit die moeilikheid te bly. Indien jy in ‘n helder oomblik sou besluit om aan my te skryf, maak seker dat jou varkies op hok is – het nogal gesukkel om sin uit jou brabbelings te maak!

Groete,

Andries Raath
A.W.G. RAATH

UFS Emeritus Senior Professor & Research Fellow Public Law, History & Philosophy
(078) 235-7013 Work
(078) 235-7013 Home
RaathA@ufs.ac.za

UV LOGO
A.W.G. RAATH
UV
Emeritus Senior Professor & Navorsingsgenoot Publiekreg, Geskiedenis & Filosofie

(078) 235-7013 Werk
(078) 235-7013 Huis
RaathA@ufs.ac.za

University of the Free State: This message and it contents are subject to a disclaimer.
Please refer to http://www.ufs.ac.za/disclaimer for full details.

 


Dries

Frik het my gewaarsku dat jy so gaan optree soos reflekteer in jou skrywe aan my. Ek het gehoop hy is verkeerd. Jy mis my boodskap. Ek is ontsteld oor jou herhaalde sinnelose aanvalle op veral Adriaan Snyman en minder mate op Frik Pretorius.

Al wat ek vir jou kan sê is dat jou HOOGMOED tot ’n val gaan kom. Die wat beweer moet bewys. Skakel gerus Chris Joubert. Hy kan jou op hoogte bring, wat jy wil weet. Hy ken jou baie goed. Maak eers seker dat jy reg is. Wyle Genl. Lothar Neethling het my publikasie (Volksverraad) in ’n KP vergadering ondersteun, nadat Piet Kotze ’n hewige aanval op die publikasie geloods het. Wyle PW Botha het nagenoeg 50 boeke aan sy vriende en kollegas uitgestuur. Dit is enkele voorbeelde en behoort iets vir jou te sê. PW het aan Chris die egtheid daarvan aan hom beskryf as skrikwekkend naby die waarheid indien dit nie die waarheid is nie.

Jou dreigement gaan ek vir eers ignoreer, omdat jy my ou skoolmaat is. Ek het steeds groot hoop dat ons vorentoe kan hande vat.

Laastens wil ek net vir jou sê: Maak jou saak met die Here reg? Wat jy doen is verkeerd? Jou houding is nie reg nie? Dit sluit selfs jou optrede teenoor my in. Hou op met hierdie meerderwaardigheid van jou! Die onderstaande uitlatings bevestig jou meerderwaardigheid. Jy gaan jouself al hoe meer van almal isoleer. Dit is nie wat die volk wil hê nie. Jy kan vir hierdie volk van groot waarde wees; wees asseblief net meer nederig. Kom onder die voet van die Here. Vergeet jou ego.

Ek hoop jy besef hoe naby is ons vir dinge om te gebeur. Ek hoop steeds dat ons binnekort die ou Dries in jou weer gaan sien. Ek druk dit op jou hart om beide Frik en Adriaan om verskoning te vra ter bevordering van volkseenheid. Ons is baie min. Ek is ontsteld oor herhaalde sinnelose aanvalle op veral Adriaan en minder mate op Frik. Kyk gerus Youtube video SIENER VAN RENSBURG – DIE GEBOORTE VAN SY PROFESIEE – DEEL 1 – sien die opname vanaf 01H18:11 tot 01H24:37.

Groete

Jou ou skoolmaat

Pieter