Posted on 146 Comments

Julle sal anders veg

’n Profeet se waarskuwings in die Ou Testament was daarop gemik om die volk terug te roep tot hulle God. As hulle hul nie bekeer het nie, dan sou daar ersnstige repurkussies wees. Die profete het nie die volk gewaarsku waar of wanneer God se pak slae sou kom nie, anders kon dit gebeur dat die volk hulle miskien daarvoor voorberei en die straf sodoende vry te spring, eerder as om hulle tot Hom te bekeer. Continue reading Julle sal anders veg

Posted on 101 Comments

Die verloop van Roger Teale se profesie

Die video van Roger Teale se boodskap aan Suid-Afrika wat ek enkele dae gelede op Youtube gepubliseer het, is nie meer op Google se soekenjin beskikbaar nie. En my onderskrif wat ek saam met die viddeo geplaas het, word nou deur verskeie onderkruipkers misbruik om vals video-snitte op die Google-soekenjin te plaas wat hoegenaamd niks met Teale se profetiese waarskuwing te doen het nie. Continue reading Die verloop van Roger Teale se profesie

Posted on 31 Comments

Die wit padda kook-tydperk

(dit is reeds 25 jaar gelede beplan)

Dis geen geheim nie dat die Kommuniste hulle optrede lank vooruitbeplan. Cyril Ramaphosa en sy trawante het dit dan ook gedoen.

Die meeste van ons is wel bewus van Ramaphosa se “padda-kook-metode”, maar hoeveel van ons is bewus daarvan dat hy ’n tydperk daaraan gekoppel het, nl. 25 jaar?

Wyle Dr.  Mario  Oriani-Ambrosini skryf daaroor in sy Memoirs – ‘The Prince and I:

A South African Institutional Odyssey’. Hy sê dat Ramaphosa reeds in 1994 met naakte eerlikheid sy volledige plan met die wittes uiteengesit het. Daarby ingesluit was ook die “onteiening van alle blanke rykdom, grond en ekonomiese mag, beleggings, pensioenfondse, ens”.

(Siener  het  dan ook ‘gesien’ dat die blankes alles gaan verloor en hul pensioenfondse nog eendag in duie sal stort).

Is dit dan toevallig dat Ramaphosa se 25 jaar, wat in 1994 met die ANC-oorname begin het, juis nou met die grondonteiening voltooiing nader? En wat anders kan nie nog alles in hierdie jaar gebeur nie?

Nelson Mandela is op 10 Mei 1994 ingehuldig (Let wel, ’n dag vóór die 11de) en hy was toevallig ook die 11de president van die 22ste parlement (numerologie: 11 x 2 = 22). Hy was dus die 11de president vanaf Republiekwording in 1961.

Daar was altesaam 5 swart presidente vanaf 1994: 1) Mandela, 2) Mbeki, 3) Motlanthe, 4) Zuma en 5) Ramaphosa.

Verder was Ramaphosa ook die 15de president van die 26 ste SA parlement.

Die   getal 15 laat mens onwillekeurig terugdink aan ons volk se vermoorde leier, genl. Koos de la Rey wat op 15 September 1914 gesterf het.

Ramaphosa word ook op 15 Februarie 2018 as die 5de swart president ingesweer.

Die vraag is tot wanneer sal hy in die amp aanbly? Tot die swart regering tot niet gaan, of tot sý dood?

Gaan die komende verkiesing dalk ’n rol speel?

In haar visioen van geweld en chaos wat tydens ’n groot landswye staking uitbreek, het Johanna Brandt die letters XL in die lug gesien. Daar is al baie hieroor bespiegel en menings uitgespreek.

Nog ’n moontlikheid is dat die X die kruisie op ’n stembrief verteenwoordig en dat die L staan vir die ‘laaste’ beplande verkiesing wat dalk kan “verdwyn” en nie sal plaasvind nie.

Dán die volgende ‘wit’ regering – wit ridders/redders op die NWO Vrymesselaars se “wit perd”.

Hoe lank moet Ramaphosa se padda nog “kook”? In 1994 het hyself gesê “vir nog 25 jaar”.

Daardie tydperk het vanjaar (2019) ten einde geloop: vanaf 27 April/10 Mei 1994 tot April/Mei 2019. Wat dán?

27 April is as Vryheidsdag en vakansiedag verklaar.

Is dit toevallig dat dit saamval met Roger Teale se profesie op 24 April 1994 in Durban: “The righteous people of God must ask the Lord to spare the country, their children and family from the violence and bloodshed that WILL break out in the streets … It will begin April/May…”

In die Bybel word daar ook verwys na ’n “ballingskap” van 25 jaar:  Esegiël 40:1 – “In die 25ste jaar van ons ballingskap…”

Onder die swart ANC-regime is ons nou in ons 25ste jaar van ballingskap.

Die nuwe grondwet het ook op 27 April 1994 in werking getree. Terloops, hoe is dit dat ’n nuwe grondwet sommer op die éérste dag van ’n 3-daagse verkiesing klaar gereed was én ook geïmplementeer – dit nog vóórdat die verkiesingsuitslae bekend was?

Wié van ons het geweet dat álles reeds vooraf haarfyn uitgewerk en beplan was?

Is dit dan toevallig dat die wet op die onteiening van grond juis ook nou in werking tree?

Ramaphosa het in vanjaar se staatsrede ook verwys na grondonteiening en die advieskomitee en dit spesifiek gekoppel aan einde Maart 2019.

Álles toeval…lig?

Is dit toevallig dat die betrokke grondwet ook artikel 25 is? Die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee werk aan moontlike wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.

Toevallig is die woord ‘grondonteiening’ (land expropriation) ook as die ‘woord’ van die jaar ( 2018 ) benoem.

Op 11 Februarie 2019 was dit die 29ste herdenking van Mandela se ‘amptelike’ vrylating uit die tronk. Die getal 29 beteken ‘departure’ (vertrek), weggaan, verander.

Die getal 29: departure

Die betekenisse soos hier genoem laat  mens ook dink aan Openbaring 12:6: “en die  vrou (Israel/Sion?) het na die woestyn gevlug…”

Sowat 10 000 Hugenote is tydens die verskrikkinge van Bartholomeusnag in die strate van Parys vermoor. Dit het in die laatnag ure van 23-24 Augustus 1572, in Parys begin toe duisende lidmate van die Franse gereformeerde kerke deur Katoliek-gesindes oorval en doodgemaak is. Die bloed het so dik deur die strate geloop dat die perde daarop gegly het. Die slagting van Protestante het in die weke wat volg, uitgekring na die buitewyke van Parys en later oor die hele Frankryk. Daar word geraam dat nog sowat 5000-8000 Protestantse Hugenote in die paar weke wat gevolg het, uitgemoor is.

Sowat 250 000 van die Hugenote kon daarin slaag om na buurlande te vlug. So het dit gebeur dat ‘n deel van hierdie Franse Hugenote na Nederland kon vlug en het hulle voorlopig daar gevestig. Aangesien hulle geen vaderland meer gehad het nie, het sowat 200 Franse Hugenote in 1688-1689 na die Kaap van Goeie Hoop gekom om ‘n nuwe lewe aan die Suidpunt van Afrika te kom soek.

Maar toe die Kaapse kerk hulle met die gekleurde rasse wou gelykstel, het hulle andermaal opgepak om die wildernis in te trek.

Volgens Siener gaan dieselfde weer gebeur wanneer duisende Christen-gelowiges in ’n tweede ‘Bartholomeusnag’ in Europa hulle goed gaan pak om na Suid-Afrika toe te vlug, waar hulle hul dan in “wit tente in die Karoo/woestyn/Kalahari/Namib” gaan vestig omdat die stede onbewoonbaar sal wees…

Engeland se Brexit en Siener

Dis opvallend dat Siener Engeland se sewe plae wat uiteenlopende gebeurtenisse is, op één dag sien plaasvind het. Kan Brexit dalk die sneller (trigger) wees wat die plae inlui?

In verband hiermee was daar reeds berigte oor die beplande ontruiming van koningin Elizabeth in daardie tyd; asook soldate wat gereedmaak vir Brexit. Verder is daar kos pakkies wat deur ’n entrepreneur in Engeland bemark word vir die moeilike tyd ná Brexit.

Daar word gesê Brexit sal Engeland se doodsklok op vele terreine inlui en dat dit die spyker in Engeland se doodskis kan wees.

Is dit dalk die ‘hongersnood’ waarna Siener en  Johanna  Brandt verwys het?

Daar is reeds talle berigte oor kosbanke en baie eetplekke/restaurante in Engeland wat sluit.

Tydens die onlangse Brexit-moleste, is ’n persoon op TV om  sy  mening daaroor  gevra. Sy antwoord was: “Die hele Brexit-debakel moet die aandag aflei van wát werklik in Engeland (m.a.w. alreeds) aan die gang is, nl. ’n groot kosskaarste.”

4-jarige seuntjie se visioen

In die visioen het ’n vierjarige seuntjie gepraat van sy hondjie wat nie kan saamgaan as die gesin vlug nie. Dan hoor hy ook die woord 12. Kan dit dalk verwys na ’n tydsbepaling soos “middernag”? (12 uur). M.a.w. dis reeds baie laat.

Die seuntjie sê dus nie verniet die oorlog is naby nie en 12 uur (middernag) impliseer dis nader as wat ons dink en dat die meeste van ons gaan onverhoeds oorval gaan word.

Vgl. Openbaring 12:6 – “En die vrou (Israel) het na die woestyn gevlug waar sy ’n plek het wat deur God gereed gemaak is…” (Saamgestel uit inligting ontvang van Hilda Voges).

Posted on 183 Comments

Winnie Mandela en die profesieë

Hierdie artikel is gebaseer op ‘n video-snit wat deur ‘n volksgenoot op Youtube vrygestel is. My opregte dank aan hom vir hierdie insiggewende bydrae; relevante inligting is, waar nodig, deur my bygevoeg. Ek wil dan ook net ter aanvang beklemtoon dat alhoewel dit wat hier gesê word, heelwat raakpunte het met Siener, Johanna Brandt en Roger Teale se professieë, gaan ek my nie daaroor uitlaat nie. Elkeen moet maar sy/haar eie gevolgtrekkings maak. Continue reading Winnie Mandela en die profesieë

Posted on 134 Comments

Franz Ferdinand en die 3de Wêreldoorlog

Kan die geskiedenis van 102 jaar gelede hom dalk herhaal na die koelbloedige moord op die Russiese ambassadeur Andrey Karlov, in die Turkse hoofstad Ankara, op Maandag 19 Desember 2016?  Die moordenaar, ’n 22-jarige polisiebeampte, is deur veiligheidsmagte doodgeskiet, waarna sy ouers, suster en nog twee onbekende mans in hegtenis geneem is.

Die ambassadeur, Andrey Karlov, het pas begin met sy toespraak op ’n fototentoonstelling in die Turkse hoofstad Ankara toe hy geskiet is. Op sosiale media is daar reeds gerugte dat die CIA hierby betrokke was, en sou dit die geval wees sal Poetin móét optree — en dis presies wat Obama wil hê — hy sal krygswet kan afkondig en aanbly as president.

In 1914 het ’n soortgelyke insident plaasgevind waarna die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.

Die oorsake wat gelei het tot die Eerste Wêreldoorlog was talryk en kompleks, maar de aanleiding daartoe was die moord op aartshertog Franz Ferdinand. Die meeste kenners stem egter saam dat die geleidelike opkoms van ‘n groep van alliansies tussen groot moondhede deels te blameer was vir die oorlog.

Teen 1914 het hierdie verbintenisse tot gevolg gehad dat die ses groot moondhede van Europa in twee groepe verdeeld was: Aan die een kant het Brittanje, Frankryk en Rusland die Drie Entente gevorm, terwyl Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Italië bestaan het ​​uit die Drieledige Alliansie.

(En vandag is daar weer twee duidelike, maar veel  groter groeperings: Aan die een kant het ons Amerika, NAVO en Israel met hulle Europese bondgenote, asook Suid-Korea, en Saoedi-Arabië; en aan die ander kant is daar Rusland, China, Noord-Korea en verskeie Moslemstate soos Iran, Sirië, Irak en nou moontlik ook Turkye).

Op 28 Junie 1914 reis die aartshertog van Oostenryk-Hongarye, Franz Ferdinand en sy vrou Sophie, na Sarajevo, in die geannekseerde Bosnië en Herzegowina, om daar die militêre magte te inspekteer. Lede van die Swart Hand, ‘n Serwiese geheime groepering wat Bosnië-Herzegovina by Serwië wou voeg, besluit om die aartshertog om die lewe te bring.

Die egpaar reis in ‘n oop, onbeskermde motor op ’n voorafbeplande roete waarlangs verskillende gewapende lede van die Swart Hand hulle inwag. Een van die lede, Nedeljko Čabrinović,  gooi ‘n bom na die motor, maar dit rol weg voordat dit ontplof en net ’n aantal mense word beseer. Die gooier, Čabrinović, sluk ‘n sianiedpil en spring in die rivier met die doel om selfmoord te pleeg. Die pil was egter verouderd en die rivier was net 13 sentimeter diep as gevolg van die droë somer, en Čabrinović word in hegtenis geneem.

Daar is toe besluit dat die koninklike egpaar ’n gewysigde roete sou neem, maar verdere sekuriteit gebly egter uit. ’n Ander lid van die Swart Hand, die 19-jarige Gavrilo Princip, hoor van die mislukte aanslag en gaan wag hulle in. Hy slaag daarin om Franz Ferdinand van naby in die nek te skiet en sy vrou in die maag. Albei sterf binne ’n uur.

Op dag en datum ‘n maand later, 28 Julie 1914, begin die Eerste Wêreldoorlog toe Oostenryk-Hongarye oorlog verklaar teen Serwië; ‘n oorlog wat uiteindelik 17 miljoen lewens sou eis.

Die dag van die moord het saamgeval met die herdenking van die Slag op die Merelveld (28 Junie 1389) in Kosovo, waar die Middeleeuse Serwiese weermag ’n neerlaag gely het teen die Ottomaanse Ryk. Hierdie datum speel later ’n rol by die ontwikkeling van die Serwiese nasionalisme.

28 Junie was ook die datum waarop Franz Ferdinand en Sophie in 1900 toestemming gekry het om te trou. Vanweë haar afkoms as ’n arm Tsjeggiese aristokraat, erken Oostenryk-Hongarye nie die koninklike status van Sophie nie, so ook nie dié van hulle drie kinders nie.

Presies vyf jaar nadat die moord op Franz Ferdinand die Eerste Wêreldoorlog ingelui het, is dieselfde oorlog op 28 Junie 1919 afgesluit met die Vrede van Versailles. Hierdeur verloor die verslane Duitsland ’n groot deel van sy grondgebied, asook sy kolonies.

 Siener se 3de WO profesie

2 Desember 1915 — “Ek het ’n slaaplose nag gehad, en toe die klok drie uur slaan, toe kom daar ’n gesig voor my van ’n groot dorp en ek sien toe dat daar mense met VAAL jaste in die dorp loop. (‘n Aanduiding dat dit winter sal wees.) Dit was toe donker daar (Rusland deur Turkye, oftewel, die ou Ottomaanse Ryk, wanneer die Derde Wêreldoorlog begin.”

Die totale chaos en geweld in hierdie streek sal algaande eskaleer totdat dit uiteindelik op die Derde Wêreldoorlog uitloop, het Siener voorspel: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop…”

Met die uitbreek van die oorlog sien hy hoe Rusland gedurende die eerste nag baie vinnig deur Turkye op pad na die Suez-gebied storm, terwyl Turkye geen weerstand bied nie. In Sirië en in Palestina maak die Russe kontak met die Amerikaanse leër wat hom daar voorkeer.

Palestina word in die gevegte verwoes. Party Arabiere kies die VSA se kant. Baie van die oliebronne in die Midde-Ooste word aan die brand geskiet. In Europa bars die Russe deur na Spanje op pad na Gibraltar en as hulle ook daar voorgekeer word, dan draai hulle op na Engeland en val hulle uit die lug aan.

Engeland word geheel en al verwoes. Die Russe gaan weer aan in Europa en terwyl hulle alles platloop op pad na Gibraltar word hulle weer by die Pireneë-gebergte teen Spanje deur Spaanse en VSA troepe gestuit. Dis hier waar verskriklike veldslae plaasvind…

Staatspensioene stort in duie

Hier by ons gaan dinge nie minder chaoties wees nie, want ’n ongekende krisis sal dreig wanneer die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) teen April 2017 die uitbetaling van R120 miljard se maatskaplike toelaes aan sowat 25 miljoen mense moet oorneem. Die konstitusionele hof het in November 2013, ná ’n uitgerekte stryd, beslis dat die huidige kontrak vir die uitbetaling van dié toelaes onwettig is.

Ná verdere hofsake — en om chaos met ’n skielike beëindiging van die kontrak te verhoed — het die hof die regering tot einde Maart 2017 gegee om die kontrak met Net1/Cash Paymaster Services (CPS) te staak. Die regering het daarna gesê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa), sal voortaan self die betalings administreer.

Die projek om Sassa se stelsels vir dié oorname te toets, moes reeds in Maart 2016 begin het en sou teen Januarie ten einde loop, maar niks is daaromtrent gedoen nie. Senior werknemers (blankes) by Sassa sê dat alles by Sassa chaoties is en dat die ekonomie reuse-skade kan ly as die R10,7 miljard se maandelikse uitbetalings skielik gestaak word.

Die departement en Sassa is moedswillig besig met ’n siniese spel om die konstitusionele hof se bevel te ontduik. Serge Belamant, uitvoerende hoof van Net1 UEPS, die eienaar van CPS, het erken hulle kontrak eindig beslis aan die einde van Maart, maar dat Sassa nog nie met hom die moontlikheid bespreek het om die diens daarna voort te sit nie.

“Om teen die einde van Maart na my toe te kom, sal te laat wees. Ek begin reeds vroeg in Januarie om my operasie toe te maak.”

’n Ekonomiese kernbom kan teen einde April ontplof!

Die uitbetaling van miljoene mense se maatskaplike toelaes stuur op chaos af en alles  dui daarop dat die hele uitbetalingstelsel in duie gaan stort met vêrreikende gevolge vir die ekonomie.

Blade Nzimande (minister van hoër onderwys) het gesê hy besef vir die eerste keer dat die probleem baie groter is as wat hy gedink het. Volgens hom het die kabinet nie naastenby ’n idee hóé groot die dreigende krisis is nie.

Die Sassa-toelaes is die regering se enkele grootste armoedeverligtingsprogram die afgelope 22 jaar met besteding wat gegroei het van R57 miljard in 2006-’07 tot R128,3 miljard in 2015-’16.

Byna ’n kwart van die ontvangers is in KwaZulu-Natal (3,9 miljoen), gevolg deur die Oos-Kaap met 2,7 miljoen.

As die toelaes nie betaal word nie, kan dit ook “vreeslike implikasies hê vir die ekonomie, want daardie besteding word uit die ekonomie onttrek”, waarsku prof. Jannie Rossouw, hoof van Wits se skool vir ekonomiese en sakestudies.

“Skielik is jou verbruikersbesteding maandeliks meer as R10 miljard minder. En die ontvangers van toelae is nie mense wat geld kan gaan leen nie.”

Dit kan tot landswye bloedige opstande lei. Want al ken die staat ­môre ’n nuwe tender toe, is dit te laat vir enige nuwe operateur om teen April enige toelaes te betaal. Dit het Grindrod Bank, wat die toelaes namens CPS uitbetaal, ’n jaar geneem om 10 miljoen ontvangers te registreer.

Mark Barnes, uitvoerende hoof van die SA Poskantoor, sê selfs die poskantoor met sy bestaande struktuur sal dit nie voor April kan doen nie.

“Ons glo die Poskantoor het die beste infrastruktuur om die diens aan die mense te lewer, maar dit sal ons sowat ses maande neem om die vereiste stelsels reg te kry. Ons glo nie enige nuwe diensverskaffer sal dit vinniger kan doen nie.”

Intussen is daar bejaardes wat maandeliks tot R50 minder van Sassa ontvang. ’n Definitiewe teken dat geld uit die fonds verdwyn en in ander se sakke beland, maar geen haan kraai daarna nie!

 Kommentaar

Met elke krisis in die verlede het die ANC regering met die een of ander onlogiese en geklike oplossing vorendag gekom. Hierdie keer sal dit nie werk nie en kan hulle met ’n landswye opstand sit.  Daar gaan nou agter die skerms probeer word om die kontrak met CPS op die nippertjie weer te hernu; maar die hof het reeds bevind dat die kontrak onwettig is, en kom einde April 2017 gaan miljoene waarskynlik verniet bak hand staan!

As dit gebeur, kan Roger Teale se profesie van 4 April 1994 dalk nog bewaarheid word toe hy groot geweld en bloedvergieting vir Suid-Afrika voorspel het:—

  • Dit sal in April/Mei begin.
  • Wat oor julle land kom, is nie die duiwel se werk nie, maar God se oordeel.
  • Ek sal julle ’n teken gee: Hulle sal alles afbrand!
  • “Wees voorbereid op die geweld wat sál uitbreek…
  • Bloed gaan in die strate loop…Ek kan in die moeilikheid kom deur dit te sê, maar ek gee nie om nie, ek is reeds tot by my ore in die moeilikheid…
  • Hulle sal al julle lughawens sluit…Dit sal gesluit wees vir álmal, behalwe hulle wat toegang het op grond van verdienste, herkoms, outoriteit, ens.
  • Maar as jy nie ’n nommer het nie, as jy nie op hulle naamlys verskyn nie, sal jy nie die land mag verlaat nie…”

 

Posted on 73 Comments

Siener se Donker Tyd: van korte duur?

Tant Bessie van Rooyen van Hennenman skryf dat Siener by geleentheid aan haar skoonvader die volgende gesê het: “Wanneer ons Donker Tyd begin, sien ek ‘n swart slang pik na die vrou op die troon oorkant die water en sy raak weg (Koningin Elizabeth). Dan begin ons moeilikheid hier in Johannesburg met bomme wat ontplof. Continue reading Siener se Donker Tyd: van korte duur?

Posted on 149 Comments

Die helfte is ons nimmer vertel

Vooraf: Van die mededelings in hierdie skrywe kom uit vorige blog-plasings, e-posse, City Press en Internetberigte. Maar die heel belangrikste inligting is verkry van ‘n familielid wat 35 jaar lank by Eskom werksaam was. Hy het ons enkele dae gelede laataand geskakel met die volgende woorde: “Alles wat julle van Eskom gehoor of in die media gelees het, is nie die helfte van die werklike situasie nie. Maak gereed vir die ergste!” Ons ander bron is ‘n oud-werknemer van Denel. Continue reading Die helfte is ons nimmer vertel

Posted on 15 Comments

Roger Teale se tweede waarskuwing aan SA

Roger Teale het Suid-Afrika einde verlede jaar stil-stil besoek, en net soos met sy vorige besoek in 1994, het die media dit ook doodgeswyg. Volgens hom het niks intussen hier verander nie – in die land en in die kerk is daar steeds geen vrees, eerbied of respek vir God nie. Hy het die toestand hier vergelyk met die onheils boodskap van 1 Samuel 3:1. Iemand wat sy 1994-diens én die een van 2010 bygewoon het, skryf (ek plaas dit onveranderd):
Continue reading Roger Teale se tweede waarskuwing aan SA

Posted on 11 Comments

17 Jaar gelede voorspel deur Roger Teale

http://www.youtube.com/watch?v=VABAHPUMNUc

In November 2007 het MI6 (die Britse Geheime Diens) in ’n vertroulike dokument al die buitelandse ambassades in Suid-Afrika gewaarsku om, wanneer Mandela sterf en begrawe is, onmiddellik ná afloop die begrafnis, die land te verlaat, aangesien alle lughawens dan gesluit gaan word; en slegs persone wie se name op Mandela se begrafnislys verskyn, sal die land kan verlaat.
Reeds 13 jaar tevore (op die aand van 4 April 1994) het ’n Amerikaanse profeet, Roger Teale, dit in Durban voor ’n groot gehoor voorspel. Hy het Suid-Afrikaners soos volg gewaarsku:

“Wees voorbereid op die geweld wat sál uitbreek…Bloed gaan in die strate loop…Alles in die land sal afgebrand word…Ek kan in die moeilikheid kom deur dit te sê, maar ek gee nie om nie, ek is reeds tot by my ore in die moeilikheid…Hulle sal al julle lughawens sluit…Dit sal gesluit wees vir álmal, behalwe hulle wat toegang het op grond van verdienste, herkoms, outoriteit, ens. Maar as jy nie ’n nommer het nie, as jy nie op hulle naamlys verskyn nie, sal jy nie die land mag verlaat nie…”

Roger Teale sou nog in vier ander groot stede sy “profetiese waarskuwing” bring, maar twee persone van die Intelligensiediens het hom die volgende oggend in sy hotelkamer besoek en beveel om die land onmiddellik te verlaat.

( Die volledige boodskap van sowat 60 minute, is op DVD by Vaandel Uitgewers beskikbaar teen R70 (alles ingesluit).