Posted on 5 Comments

Siener: ’n misvuur brand in Johannesburg

Iemand skryf aan my en sê hy stem saam met prof. Andries Raath dat my idee van ’n ‘nag van lang messe’ net ’n wolhaarstorie is wat nooit sal gebeur nie. As dit so is, verduidelik dan vir my wat beteken die misvure en mieliestronke wat Siener in Johannesburg sien brand het en wat in verskeie van sy gesigte voorkom. Hy het dit self verklaar as tekens van rewolusie, bloedige geweld of selfs ’n oorlog. Continue reading Siener: ’n misvuur brand in Johannesburg

Posted on 19 Comments

Ope brief aan prof. Andries Raath en Rudie Rousseau

Ek rig hierdie skrywe aan prof. Andries Raath en Rudie Rousseau met ’n beswaarde gemoed, want ek wil dit nie graag doen nie, maar ek is dit aan my vertrapte, miskende en ontgogelde volksgenote verskuldig. Van hulle het my aandag gevestig op ’n video-reeks waarmee Rudie Rousseau en prof. Andries Raath besig is en waarin hulle ’n striemende aanval op my werk rakende Siener se gesigte geloods het. Continue reading Ope brief aan prof. Andries Raath en Rudie Rousseau

Posted on 36 Comments

Siener, geroepe Godsgesant

Die meerderheid blankes in Suid-Afrika het geen erg aan Siener van Rensburg se visioene nie. Sy profetiese boodskap vir sy volksgenote word steeds deur hulle verwerp. Hulle beskou dit as die onsamehangende gebrabbel van ‘n verstandelik versteurde; hulle verag sy goddelike waarskuwings; in die media word hy gereed deur sogenaamde ‘kenners’ afgekraak en bespot as ’n ‘flentergat-profeet’; ‘daggaroker’ en ‘waansinnige skisofreen wat tydens sy visioene epileptiese aanvalle kry’. Slegs ‘n klein handjievol aanvaar onvoorwaardelik dat hy as Godsgesant met ‘n spesiale opdrag na sy volk ‘gestuur’ is. Continue reading Siener, geroepe Godsgesant

Posted on 10 Comments

Ope brief aan prof. Andries Raath

Geagte prof. Raath

Ek rig hierdie skrywe vandag aan u, nie omdat ek dit graag wil doen nie, maar omdat ek dit aan my vertrapte, miskende en ontgogelde volksgenote verskuldig is. Sedert 2011 (dit was kort vóór die verskyning van u boek, Niklaas van Rensburg – Die Siener – hierna net Die Siener genoem), moes ek by herhaling en tot my ontsteltenis merk hoedat u nie skroom om die hoofmedia te gebruik om u mede-Afrikaanssprekende blanke volksgenote te versmaad en selfs as “godsdienstige ekstremiste” af te kraak nie, en dit net omdat hulle glo Siener van Rensburg het in sy gesigte swart op wit geweld voorspel. Continue reading Ope brief aan prof. Andries Raath