Posted on 128 Comments

Boodskapper van God

Na 10 jaar verskyn daar nou ‘n heel nuwe hersiene uitgawe van Boodskapper van God. Hierdie biografie van die Boereprofeet en sy merkwaardige gesigte is die mees volledigste nog in Afrikaans en beslaan 545 bladsye. Die visioene en gebeure waarop dit betrekking het is in chronologiese volgorde geplaas wat die lees daarvan vergemaklik; heelwat van Siener se gesigte wat intussen bewaarheid is, is ook bygewerk, soos o.a. die onthoofding van ‘n gesiene Britse burger, die Marikana-slagting en die voltooiing van die spoorlyn na Lüderitzbaai.

Die boek sal vanaf die eerste week van Augustus beskikbaar wees.

Die nuwe prys is R320 plus R45 posgeld. Indien u verkies om dit deur PostNet te ontvang, is die posgeld R99-00.

Bestel >>