Posted on

Huldeblyk aan volksmoeder en haar kind

Vandag presies 116 gelede het die Tweede Vryheidsoorlog begin (11 Oktober 1899.) En byna drie jaar lank het ‘n handjievol “agterlike kruisband- en velbroekdraers” (Lord Roberts se woorde) die magtige Briste Empire só rondgejaag en verrinneweer dat die einste Roberts die vernedering nie langer kon verduur nie en op 8 Junie 1900 besluit het om hom op sy teenstander se weerlose vrou en kind te wreek. Lord Kitchener het dit later uitgebrei. Eers tóé is die Boerestryder se gees geknak. Continue reading Huldeblyk aan volksmoeder en haar kind

Posted on 87 Comments

Kliphelde, Eskom en die revolusie

Daardie selfde aand wat Malema en sy EFF verlede jaar op 21 Augustus uit die parlement geboender is, het hy wraak gesweer met ‘n revolusie. Die volgende dag het hy sy eenjaar-plan aangekondig en Suid-Afrikaners gewaarsku om voor te berei vir die offers wat gevra gaan word met die EFF se “beplande revolusie”. Continue reading Kliphelde, Eskom en die revolusie

Posted on 46 Comments

“Ons sal nie luister nie!”

Ons volk bevind hom vandag in die donkerste uur van sy bestaan, ‘n krisis soos daar nog nooit was nie, maar ons wil dit nie hoor, sien of daarvan weet nie! Ons gryp desperaat, wanhopig na die strooistingels wat die media, kerk en politici as reddingboei na ons toe uitgooi.

Nog minder wil ons hoor of weet van die waarskuwings wat die Almagtige by monde van sy profete aan ons gegee het: “Bekeer julle van jul verkeerde weë, en Ek sal julle uitred…” Continue reading “Ons sal nie luister nie!”

Posted on 36 Comments

Siener, geroepe Godsgesant

Die meerderheid blankes in Suid-Afrika het geen erg aan Siener van Rensburg se visioene nie. Sy profetiese boodskap vir sy volksgenote word steeds deur hulle verwerp. Hulle beskou dit as die onsamehangende gebrabbel van ‘n verstandelik versteurde; hulle verag sy goddelike waarskuwings; in die media word hy gereed deur sogenaamde ‘kenners’ afgekraak en bespot as ’n ‘flentergat-profeet’; ‘daggaroker’ en ‘waansinnige skisofreen wat tydens sy visioene epileptiese aanvalle kry’. Slegs ‘n klein handjievol aanvaar onvoorwaardelik dat hy as Godsgesant met ‘n spesiale opdrag na sy volk ‘gestuur’ is. Continue reading Siener, geroepe Godsgesant

Posted on 7 Comments

Credo Mutwa – groot geweld as Mandela sterf

Die gawe van profesie kry ons nie net onder God se profete nie, maar dit gebeur soms dat die Almagtige aan die heidene toekomstige gebeure deur drome of gesigte openbaar – sulke profesieë is byna sonder uitsondering as waarskuwing vir sy volk bedoel. Continue reading Credo Mutwa – groot geweld as Mandela sterf