Posted on 482 Comments

Julle land is ‘n wildernis!

Die tekens was lankal daar, ons het dit gesien, maar ons wou dit nie glo nie, ook wou ons dit nie hoor nie, en nog minder wou ons daaroor praat. Horende doof en sienende blind het ons net voortgeploeter, en desperaat vasgeklou aan die laggend kavalier, FW, se bemoedigende woorde doer in Junie 1994 toe die jong demokrasie se stank skielik ons neuse tref en sy skete ons begin agterhaal. Hoe het hy nou weer getroos? “Dis net groeipyne, dit sal gou verbygaan.” Continue reading Julle land is ‘n wildernis!

Posted on 42 Comments

Die nag kom nader…

“Daar is iets nie pluis omtrent die huidige landswye kragonderbrekings nie; iets wat maak dat ek net nie die kloutjie by die oor kan bring nie; en ek kry al hoe meer die gevoel dat die gevaarligte wat nou skielik so aanhoudend flikker vir ons méér wil sê as net dat die kragnetwerk te enige tyd in duie kan stort.” Dis die onrusbarende mening van ‘n anonieme oud-Eskomwerker. Continue reading Die nag kom nader…