Posted on 9 Comments

Siener se houtvure begin brand

(Die onderstaande gebeure het op Maandagmiddag 7 September 2009 plaasgevind.)

Ek het pas van George af teruggekeer toe die voordeurklokkie lui. Ek was nog op pad daarheen toe my dogter, Engela, die deur oopmaak. ’n Ou dame van 71 jaar (sy het my dit later meegedeel), het op die drumpel gestaan — doodmoeg, natgesweet en bloedrooi in die gesig. Asof sy my dogter nie daar was nie het nie, het sy by haar verbygekyk, met haar vinger na my gewys en uitasem gehyg: “Ek ken jou en ek het ’n boodskap van God vir jou.”

Sy het haarself net voorgestel as Elize. Ek neem haar toe na die rusbank en sê sy moet solank sit dan gaan haal ek gou vir haar iets om te drink. Later hoor ek dat sy van onder uit die dorp na ons huis toe geloop het — dis byna twee kilometer vêr en al die pad opdraand. Iemand het haar van George af tot in Mosselbaai gebring. Op my vraag waarom sy my nie net gebel het nie, dan sou ek haar gaan haal het, was haar antwoord dat sy nie ’n telefoon het nie en ook my telefoonnommer ken nie.

In die daaropvolgende uur vertel sy my toe nie net haar droewige lewensverhaal nie, maar ook hoedat God haar in haar grootste ellende op haar knieë neergedwing het en gesê het sy sal daar bly lê totdat Hy haar weer optel.

“En dit was met die optelslag dat Hy my die visioen laat sien het en ook vertel het wat ek vir Hom moes doen.”

Sy het geen vaste blyplek, geen bankrekening, en ook geen voertuig nie, maar sedertdien het Hy haar al dwarsoor die land geneem. So beland sy toe een aand in ’n woonstelletjie in ’n gastehuis (“die eienares het my verniet laat bly”).  In ’n boekrak ontdek sy toe Siener van Rensburg se verhaal, Boodskapper van God. Sy het dit daardie nag deurgelees en die volgende oggend aan God gesê: “As hierdie dinge waar is, neem my na Lüderitz en die spoorlyn sodat ek dit met my eie oë kan sien.”

Skaars ’n maand later staan sy toe ook op Lüderitzbaai en kyk na die talle skepe in die nuwe, vergrote hawe. Eers nadat sy die herboude spoorlyn ook gesien het, het sy geweet die gesigte van Siener is besig om waar te word.

“En toe,” sê sy, “kry ek die visioen met ’n boodskap om dit aan jou bekend te maak. Ek het amper ’n maand lank gesukkel om hier uit te kom…”

Terwyl sy die visioen aan my beskryf het, het sy haarself kort-kort in die rede geval, haar kop agteroor gegooi, dit met albei hande vasgegryp en uitgeroep: “O, my God, hier kom ’n verskriklike oorlog in die land!”

Ek was nog besig om aan haar te verduidelik dat ek reeds daarvan weet omdat Siener dit voorspel het, toe sy my in die rede val en uitroep: “Nee, nee! Jy sal nooit weet hoe verskriklik dit gaan wees nie!”

Die uitdrukking op haar gesig, het my yskoud laat word.

In die visioen het sy haar in ’n groot, leë vertrek bevind. Links van haar het ’n horde toi-toiende swartes verskyn; hulle het rondgespring, geskreeu en stokke en knopkieries rondgeswaai en was besig om alles te verwoes. Sy het nog geskok na hulle gestaar, toe die stem wat altyd met haar praat, sê: “Kyk agter jou.”

Sy het omgekyk en ’n reuse-slang vlak agter haar gewaar. Sy boosaardige oë was skaars sentimeters van haar gesig af. Doodsbenoud en verskrik het sy besef sy gaan vandag sterf. Maar toe verskyn daar skielik ’n man se voorarms bokant die slang se kop. Die volgende oomblik sluit sy hande om die adder se dik nek en begin hy hom te verwurg.

Toe sê die stem hard en duidelik: “Dit is die einde!”
Hoewel sy nie meer gekyk het nie, het sy geweet die slang is doodgemaak en die bedreiging het verdwyn.

Nadat ons gesels het, het sy my gevra om haar in die dorp te gaan aflaai. Ek wou weet of sy nie ‘n tydjie by ons bly om eers uit te rus nie, maar sy het gesê sy het ‘n ander afspraak en moet gaan, en ‘n engel ry haar taxi en sal sorg altyd dat sy moet kom waar sy moet wees.

Ek het haar daarna nooit weer van haar gehoor nie.

Siener van Rensburg het ’n merkwaardige gesig gehad wat Elize se visioen bevestig.

In 1990 besoek ek my suster Wilmien oom Paul Prinsloo in Eloffsdal, Pretoria. Hy het Siener persoonlik geken en daardie hele dag net oor hom en sy gesigte gepraat. Ek het ook bandopnames daarvan gemaak. Ons was op die punt om te vertrek, toe hy na my kyk en sê: Daar is nog ’n visioen, maar ek weet nie of jy dit in jou boek moet skryf nie. Oom Niklaas het ’n gesig gehad van groot swart op swart geweld wat nog eendag gaan plaasvind. En dan,” het hy gesê, “gaan dinge in die land baie verander.”

Dit het mooi praat en pleit gekos voordat oom Paul die visioen aan ons vertel het.

“Siener het gesê ek kyk in ’n geweer se bek (ek is die Boervolk) en ek sien ’n swart vinger op die sneller en ek weet dat as daardie sneller getrek word, dan is dit verby met ons en sal die Boervolk nie meer bestaan nie.

Maar met my ander oog sien ek toe ’n man se voorarm bokant my in die lug verskyn. Die man se hand klap toe die geweerloop weg sodat dit na die anderkant toe swaai en die volgende oomblik sien ek ander swartes wat hardloop, maar net daarna begin hulle op mekaar te skiet. Ek staan toe en kyk hoe hulle mekaar uitwis…”

Kort voor sy dood op 11 Maart 1926 het Nicolaas van Rensburg een middag aan eettafel aan sy gesin gesê: “Ek sien ons gaan weer groot moeilikheid met die swartes hê. (Hy het die K-woord gebruik). Na die oorlog (2de Vryheidsoorlog) het ek ’n klein, maer swartetjie halflyf verrys uit die aarde sien opkom — en gister het ek weer ’n visioen gehad. Ek sien dat hy gegroei het tot ’n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis vér vorentoe, en dan sien ek dat hy agter ’n newel verdwyn. Maar voor sy verdwyning, het ek ’n donkerte oor die land sien neerdaal…”

Daardie donkerte is nou met ons!

Die ANC wat in 1912 gestig is, was die “klein, maer swartetjie wat hy halflyf uit die aarde sien opkom het.” In daardie stadium was die ANC nog geen faktor of bedreiging nie; en net soos die “klein, maer swartetjie”, was hy ook heeltemal onskadelik. Maar intussen het hy gegroei tot die “magtige kryger” wat ons vandag oorheers en bedreig; en Jacob Zuma is die een met die skild en assegaai waarvan die skaduwee nóú eers oor ons land val, en daardie skaduwee raak by die dag al hoe donkerder.

Zuma se skaduwee val oor die land

Kom ons kyk net wat het in die afgelope week gebeur. Dit voel byna soos ʼn aaklige nagmerriedroom waaruit jy nie kan wakker skrik nie.

  • Die plundering het in Natal begin en na Johannesburg oorgespoel. Tot sover is minstens 32 skole in KwaZulu-Natal alleen tydens onluste in die provinsie geplunder en gevandaliseer.
  • Suikerrietplasie is afgebrand. Die grootste en ook ander rafinadery in Natal het gesluit. Binne ʼn week of twee sal daar nêrens meer suiker te koop wees nie.
  • Daar is byna nie meer ʼn winkel of vulstasie wat oop is nie.
  • Mense staan nou voor die enkele winkels met die hoop dat daar nog kos te koop is.
  • By sommige vulstasies is staan die karre ook in toue.
  • Ons verneem van ʼn dame in Pretoria dat persone met privaat vliegtuie kosvoorrade na familielede in Natal wou neem, maar hulle is voorgekeer en verbied om dit af te lewer. Die voorraad moet glo na die agtergebelwenes gaan – hulle wat alles verwoes het!
  • Johannesburg: Binne die eerste ses dae is meer as 1.50 miljard rand se verliese gely.
  • Sowat 800 winkels is net op Woensdag geplunder.
  • Die skade aan eiendom en toerusting beloop reeds R15 miljard rand.
  • Sowat 50 000 informele handelaars is in Johannesburg en Natal deur hierdie onluste geraak.
  • Meer as 40 000 besighede is verwoes, en hulle sal nooit weer kan funksioneer nie.
  • Daar word bereken dat 129 000 werksgeleenthede verlore is.
  • En meer as 1.5 miljoen mense sit vandag by die huis sonder inkomste.

Siener het ons vroegtydig oor hierdie dinge gewaarsku toe hy gesê dit sal begin net na die grootste droogte in ons geskiedenis. (Volgens verskeie kenners was die afgelope 6 jaar se droogte veel erger as dié van 1933).

Siener het op 2 Oktober 1915, 19 Oktober 1919 en 12 Desember 1915 die volgende gesigte gehad in verband met kosskaarste: “Ons sit nog en eet, dan raak die kos weg … die melkskottels is leeg, en ons vrouens is nakend”. Daar is nie net ‘n ernstige gebrek aan voedsel nie, maar melk sal ook skaars wees en ons vrouens gaan weer bitter swaar kry in hierdie tyd van groot ellende en armoede (hulle is nakend). Ook op die wingerd- en vrugte- boere wag daar donker tye en groot misoeste: “Ek sien leë druiwemandjies en perskes wat in ’n sloot lê”.

Brookside Mall - Pietermaritzburg
Brookside Mall in Pietermaritzburg

Terselfdertyd sien hy ook ʼn groot brandstof tekort, want die karre staan teen die rooi bulte. ‘Rooi bulte’ is ʼn aanduiding van Kommunisme óf bloedvergieting op ons paaie – m.a.w. daar word op moteriste geskiet.

Binne 2 weke sal daar geen groente en vleis meer te koop wees nie. Doen dit asseblief nou terwyl daar nog beskikbaar is!

Die voedselverspreidingsketting is reeds nie meer daar nie, want dit is saam met die brandstofketting totaal vernietig!

Dat die karre moontlik gaan staan, is besig om bewaarheid te word. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het pas aangekondig dat dit nou onwettig is om brandstof in houers te koop, jy kan dit net in jou voertuig laat gooi.

Dit gaan nie net motoriste raak nie, maar veral mense wat afhanklik is van kragopwekkers wanneer Eskomkrag nie meer beskikbaar is nie. Ons boere wat die land van voedsel moet voorsien, moet nie net brandstof in draagbare houers kan koop om hul plase aan die gang te hou nie, maar ook het hulle diesel nodig om brande te bestry, want dis ook nou winter en die veldbrandseisoen.

Gauteng Plundering
Plundering van Trokke in Gauteng

Werkloosheid het in die eerste kwartaal van 2021op ʼn rekordhoogte van 32.6 persent gestaan. Ramapohosa het verlede maand dinge vererger deur skole, restaurante, gimnasiums en besighede te sluit weens Covid-19. Dit beteken dat 20 miljoen mense op die oomblik sonder werk sit.

In die afgelope week is 53 takke (30 groot takke) van Nedbak gestroop, asook 300 kitsbanke. Ons gaan binnekort kontantprobleme ondervind. Moenie wag nie, kry so gou moontlik ekstra kontant!

ʼn Apteek-franchise het altesaam 160 apteke binne 48 uur landswyd verloor.

Net in Natal is 50 supermarkte gestroop.

Een van die heel grootste supermark-groepe in Suid-Afrika het Sondagaand 40 van sy groot winkels verloor.

Die bekende ekonoom Magnus Heystek, het hom soos volg uitgelaat oor die plundering van die land: “Verlede jaar is 70 000 troepe (i.v.m. Covid-19) ontplooi om mense te verneder, in hegtenis te neem, te skiet en dood te slaan omdat hulle kruideniersware gekoop het, strand toe gegaan het of ‘n drankie in hul eie agterplase geniet het. Nou word ons stede geplunder en tot op die grond afgebrand en daardie troepe is nêrens te sien nie.”

Ons het reeds in 2011 gewaarsku

Vaandel Uitgewers het reeds op 21 Julie 2011 in ‘n blog artikel gewaarsku dat Siener in etlike gesigte gesien het die plundering van die land gaan in Natal begin en daarna wag groot ellendes op ons, want die aarde word swart (teken van ‘n oorlogtoestand wat haglik word – Siener se verklaring aan Boy Mussmann):

  1. Geweld in Natal sal toneem, het hy gesê  – “Van die Ooste kom ’n vuur en brand Noord-Wes.(In die afgelope tyd is drie senior Zulu-leiers in Natal vermoor). Die aarde is swart (dis moord en doodslag en voorspel groot moeilikheid vir Natal).
  2.  Kosskaarste – “Daar staan ’n tafel gedek en daar is koue gestampte mielies in ’n skottel, en ’n skottel koue pap kom ook op die tafel… Die papskottel is leeg …Die laaste word uitgeskep…Ons sit nog en eet toe raak die kos weg.” In verskeie ander gesigte het hy ook ʼn kosskaarste voorspel.
  3.  Die mynstaking – “Toe kom mense uit dieselfde richting (Johannesburg) met grawwe agter hul rûe”.
  4.  Staatsbeheerde dienste stort in duie, daar is geldskaarste, goudmyne sluit omdat hulle nie meer winsgewend bedryf kan word ne, en daar is niemand wat nog daar werk nie, want – “By Johannesburg sien ek ’n groot hoop grond (gouderts) maar nie een mens is te sien nie”

Vir Johannesburg het Siener ʼn veel erger ramp voorspel as net die geweld. Hy “sien by Johannesburg lê ‘n ontsaglike groot hoop vuurmaakhout en die mense het net ‘koue pap en stampmielies’ om te eet. Dit kan net één ding beteken. Daar sal in ‘n stadium geen krag in Johannesnurg beskikbaar wees nie.

Die 3de Wêreldoorlog

En nie lank nadat al hierdie dinge gebeur het, sien hy die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog.

In Maart 1955 skryf mnr. Boy Mussmann in ’n brief aan die Volksblad oor wat die Siener aan hom gesê het aangaande sekere uitstaande gebeurtenisse wat nog moet plaasvind voordat die laaste Groot Oorlog gaan begin, en die Getroue Afrikaner sy land, vryheid en Vierkleur weer gaan terugkry. Hy skryf: “Oom Nicolaas het ook vir ons die tekens gegee ‘sodat julle kan weet wanneer die oorlog gaan begin’: Kyk, die treine sal staan. Die myne staan. Die motorvoertuie staan op die rooi bulte — gebrek aan petrol. Die Nie-Blanke mynwerkers is weg huis toe gestuur. Die treine staan oor gebrek aan smeerolie…”

Siener beskryf die oorlog as ‘n ontsaglike vuur wat die ganse wêreld in vlamme sal laat opgaan: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop.” (Dis die 3de en laaste Wêreldoorlog).

Hierdie gesig sluit aan by wat ons in Openbaring 14:19-20 lees: “En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok (die mensdom) van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver…”

Ten slotte lyk dit of nog ʼn visioen van hom op pad is om in vervulling te gaan, want ons het pas inligting ontvang dat ʼn sterk afdeling van die Amerikaanse magte wat in 12 basise in Duitsland gestasioneer is, stil-stil in Suid-Afrika aangekom het. Dit is beslis nie sonder rede nie. En ons weet mos wat Siener hieroor gesê het. So, kom ons kyk!

Posted on 73 Comments

Swart wolk oor Coligny

Die land het in die afgelope paar maande progressief in ’n toestand van feitlik totale anargie verval. Statistiese gegewens toon dat daar net hierdie jaar reeds sowat 3 000 voorvalle van onrus landswyd was – dit sluit in stakings, padblokkades, betogings, die verminking van blankes se diere en die plundering en verwoesting van blankes se besighede en eiendomme.

Intussen kom nuwe brandpunte steeds daagliks nog by. Net in Port Elizabeth woed op die oomblik ses protesaksies. Die polisie is daar, maar het nie die vermoë om die situasies te hanteer óf onder beheer te kry nie; soms wil dit voorkom of hulle verkies om dit nie te doen nie; soos in die geval van Coligny waar hulle passief staan en toekyk het terwyl medeswartes blanke boere se huise afbrand.

Dan is dit ook opvallend dat Dingaan Zuma tot dusvêr die aftakeling van die land woordeloos vanuit sy Nkandla-landgoed gade slaan; want van sy kant het daar nog nie boe of ba gekom nie, nêrens eers ’n woord van vermaning of selfs net ’n versoek dat die geweld gestaak moet word nie.

Hoekom? Maak dit nie vir hom saak nie? Gee hy nie omdat alles na die hoenders gaan nie? Of weet hy ook dalk dat sy Kusitiese broers net soos die luiperd nie van vel of aard kan verander nie en dat daar geen salf aan hulle te smeer is nie?

Dit het nou egter aan die lig gekom dat daar ’n meer sinistere rede vir sy volgehoue stilswye is. Volgens een van ons bronne is dit omdat hyself die ‘drywer’ van hierdie oplaaiende vernietiging is. Hy het dit beplan, die lont aangesteek en nou beskou hy elke nuwe opstand as ’n bedekte seën, want dit trek nie net die aandag van sy eie spektakels en onvermoë af nie, hy hoef nou nie meer daagliks na die bose refrein “Zuma Must Fall!” te luister nie. Boonop bevorder hierdie toenemende chaos die heimlike plan wat hy in die mou voer.

Op die oog af lyk dit of die verbete aanslae om hom van sy troon te stoot, hom in die minste pla nie.

Want tot dusvêr het hy dit met die grootste gemak negeer en gesystap. Ons het hom daaroor sien grinnik, hoor lippe klap; hy het ons gekoggel met sy onnosele hê-hê-laggie, met ’n ligte skouerswaai of selfs ’n vinnige danspassie.

Hoekom? Die antwoord is iets wat ons geruime tyd al vermoed: Hy wag totdat die uitkringende anargie breekpunt bereik, voordat hy sy troefkaart sal speel en krygswet afkondig — die burgery word onder beheer geplaas van die weermag en polisie, en dié sal sy posisie beveilig en ook verseker dat hy ongehinderd regeer ‘totdat Jesus kom’.

Soos reeds gesê, is die polisie se optrede tydens anargie vanuit die lokasies van so ’n aard dat dit lyk of die wil om dit te beheer en die orde in die land te herstel, glad nie meer bestaan nie.

Om die heersende onstabiliteit vêrder aan te blaas, het Zuma onlangs aangekondig dat alle blanke werknemers in alle regeringsektore in die staatsdiens oor ‘n tydperk van ses maande afgelê gaan word en dat hulle ook geen spesiale pakkette sal kry nie. Daarna sal hy nog ses maande wag voordat hy twee keer soveel ander mense (swartes) teen die helfte van die salaris gaan aanstel.

Klaarblyklik sal die regering gedurende die ses maande gaping miljoene rand spaar wat gebruik kan word om die begroting vir die instandhouding van infrastrukture te verhoog. (Die toestand waarin infrastrukture nou is, sal triljoene verg!)

Verder is daar ook nog van sy binnekring kornuite wat doelbewus die anargie-koors opjaag met openlike blanke haat uitsprake.

Ons dink hier bv. aan ‘n sogenaamde ‘professor’ Chris Malikane, adviseur van die pas (soveelste) aangestelde nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba. Malikane het Suid-Afrikaners gewaarsku om hulle vir die ergste voor te berei as hulle ’n ‘radikale ekonomiese transformasie’ wil hê, en as ons dit nie kry nie,” sê hy “…sal hierdie land in ‘n krisis gestoot word soos met Venezuela en Zimbabwe gebeur het. Indië het dieselfde pyn gehad.

“As ons werklik transformasie wil sien, moet ons ons mense ideologies en polities voorberei en versterk. Ons moet óns mense (die swartes) organiseer (m.a.w. mobiliseer) en opvoed (m.a.w. bewapen). Of het jy gedink om te transformeer, gaan lekker wees?

“Ons benodig ’n twee derde meerderheid om die Grondwet te verander. Indien dit nie gebeur nie, sal ons ’n ander roete moet volg om daar uit te kom — ons sal die wapen opneem…” (Hulle is lankal daarmee besig).

Ter ondersteuning van Malikane het die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, óók geëis dat die Grondwet verander moet word sodat grondroof sonder kompensasie uitgevoer kan word. Dit stem ooreen met Jacob Zuma se aankondiging oor ’n nuwe benadering vir “radikale sosio-ekonomiese transformasie”.

Selfs Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, wat nog altyd beskou is as ’n stem van rede in die ANC en wat buite die AN C groot aansien onder die middelklas, die sakegemeenskap en in die Vakbondwese geniet, het nou skielik ook die ras-tamboer begin slaan.

Hy het begin Mei op ’n ANC-forum van die Saartjie Baartman-streek in Grahamstad gesê grond moet teruggegee word aan sy regmatige eienaars. Daarna het hy ook, net soos Zuma en Malikane, gewaarsku dat ‘radikale ekonomiese transformasie’ nie langer uitgestel kan word nie:

“Ons moet begin met ’n proses van radikale sosio-ekonomiese vryheid,” het hy gesê. “En die rykdom van hierdie land móét gedeel word! … Dit sál gebeur, of sommige mense (die blankes) nou daarvan hou of nie.”

Ook eerwaarde Desmond Tutu het ’n eiertjie te lê oor grondroof. Hy het dit so gestel: “When the white missionaries came to Africa they had the Bible and we had the land. Then they said: ‘Let us pray’. We closed our eyes. When we opened them we had the Bible and they had the land…”

Kookpot van revolusie

Pieter Doorewaard en Philip Schutte

Die gebeure by Coligny was net ’n bevestiging dat die kookpot van revolusie se deksel enige dag kan spat. Ons het ook daar vir die eerste keer gesien hoedat geheime ondergrondse magte besig is om irrelevante insidente uit te buit om chaos te skep en die land te destabiliseer

Op Sondagaand 23 April is buitelandse handelaars in die satellietlokasie naby Coligny deur ene Tebele besoek. Hy het hulle gewaarsku dat geweld in Coligny gaan uitbreek, maar omdat dit niks met hulle te doen het nie, sal hulle veilig wees en hul winkels met rus gelaat word, mits hulle net die winkels sluit en ’n lae profiel handhaaf.

Vroeg die volgende oggend het Tebele ook die plaaslike swart skole besoek en is hoofde bewveel om die kinders huis toe te stuur sodat hulle kan deelneem aan ‘’n beplande protesoptog teen die twee blanke boere Pieter Doorewaard en Philip Schutte wat die 16-jarige Matlhomola Moshoeu vermoor het.

Kort daarna ontvang dominee MH Pieters van die NG Kerk ’n oproep van ’n blanke polisieman wat hom waarsku dat ’n massa swart opstandelinge op pad is dorp toe en dat die polisie niks sal kan doen om hulle te keer nie, omrede daar net vyf van hulle aan diens is met geen versterking beskikbaar nie. Die ander polisielede is na die nabygeleë Blydeville en Lichtenburg gestuur om bystand te verleen vir die gewelddadige diensleweringaksies wat daar uitgebreek het.

Diana swart voor haar huis wat afgebrand is

Hierna volg 24 uur van totale anargie in Coligny. Elke drankwinkel in die dorp is geplunder en verwoes; ook ander winkels en besighede van blankes het deurgeloop; die enigste hotel op die dorp is nie net gestroop nie, maar ses blanke meisies wat daarin vasgekeer was, moes deur die buurt se plaaspatrollie gered word. Drie huise is afgebrand, later nog vier.

Diana Swart, wat die dorp se multi-rassige onder 21-rugbyspan bestuur het en rokke vir swart meisies maak wat op die Coligny Hoërskool se multi-rassige matriekbal mooi wil lyk, vertel dat sy na donker buite haar huis onder ‘n boom gesit en gekyk het hoe skadu-figure geroofde TV-stelle en bierkratte na die lokasie wegdra.

“My seuns wou hê ek moes wegkom, maar ek was nie bang nie. Ek het nooit gedink enigiemand sal my seermaak nie.”

Sy was verkeerd. Toe die son opkom, was haar huis omring deur ’n woedende skare wat haar met messe dreig; hulle het daarna brandstof uit haar voertuig getap, en haar huis afgebrand — met haar geliefde honde binne vasgekeer.

Teen hierdie tyd was ook al die buitelanders in die lokasie se 53 winkels reeds deur plunderaars verwoes en afgebrand, ondanks Tebele se versekering dat dit nie sou gebeur nie.
Een van hulle het later aan die media gesê: “Ons weet ons is nie regtig welkom hier nie, daarom het ons hard probeer om vriende te maak en selfs probeer om hulle taal te praat. Ons gee geskenke aan polisiemanne sodat hulle ons sal beskerm. Ons help mense wat met krediet sukkel, maar toe die plundering begin, het gesinne wat ek goed ken, saam met hul kinders gekom en al my voorraad weggedra,” en toe voeg hy by: “’n Swartman het geen hart nie.”

Skoolkinders het voor die hofgebou waar Doorewaard en Schutte se borgaansoek aangehoor is, rondgedans en gesing: “Die polisie is boewe en die wittes moordenaars!”

Selfs op televisie is daar na Doorewaard en Schutte verwys as “die moordenaars van ’n sestienjarige swart seun.” Hoewel ons almal teen hierdie tyd weet hy het self van die bakkie afgespring en sy nek gebreek.

Rebbellie Leiers

Coligny was 103 jaar gelede ook in die nuus. Die 1914-Rebellie het eintlik daar begin nadat die Eerste Wêreldoorlog op 4 Augustus uitgebreek het.

Mnr. Boy Mussmann skryf hieroor: “Al die burgers van die Onder-Hartsrivier is vir ’n vergadering opgeroep na Treurfontein (vandag Coligny, sowat 30 km van Lichtenburg af) met “geweer, paard, zadel en toon en zoveel ammunitie en proviand als zij in staat waren te brengen”.

“De Wet, De la Rey en Beyers het besluit hulle hys die Vierkleur en veg vir ’n republiek: Want hulle was nie bereid ‘om onskuldige bloed te vergiet en landpale te verruk nie’.

Genl. De la Rey se plaas was net buite Lichtenburg en sowat 90 kilometer van Rietkuil waar Siener geboer het. Van tyd tot tyd het die genl. sy vriend, kapt. Isak Niewenhuizen gevra om by Siener te gaan verneem of hy intussen weer gesigte gehad het.

En ná een van sy besoeke aan Siener het kapt. Nieuwenhuizen na genl. De la Rey teruggekeer met die nuus dat “Oom Niklaas oor Treurfontein (Coligny) ’n swart wolk sien hang” en toe genl. De la Rey van die kaptein vir verdere uitleg vra, was die antwoord : “Ek weet nie. Siener het net gesê dis donker”.

Generaal De la Rey word 15 September doodgeskiet. Toe maak genl. Smuts ’n toets om te sien of die burgers van Lichtenburg nog soos één man sal rebelleer. Hy kommandeer Isak Claassen met sy manne op. Toe hulle op Coligny kom, staan die trein gereed om hul na Duitswes te vervoer. Op die trein staan ‘volunteers for German West’. Isak sê toe: “Ek is geen Volunteer nie!” En hy en sy manne laat hulle perde afspring van die trein waarmee hul van Lichtenburg na Coligny gekom het. Toe neem genl. Smuts die lojaliste en val Isak se kommando aan.

Saam met die somber tyding dat hy ’n swart wolk oor Coligny sien hang, het Siener ook hierdie boodskap aan genl. Koos de la Rey gestuur: “Ek sien dat onweer al dreigender oor ons land saampak. Binnekort sal die lont ontplof wat die hele land aan die brand sal steek…”