
Die Suid-Afrikaanse goud- en platinummyne is gewaarsku dat massiewe werkverliese kan volg weens die tariefverhoging van Eskom. Daar is ook kommer dat dit ‘n groter impak op die bedryf as geheel kan hê.
Die bekende ekonoom Mike Schüssler, het gesê dit is nie net werknemers wat hul werk gaan verloor nie, maar ook ander spelers in die bedryf sal geraak word.
Die Minerale Raad van Suid-Afrika het self alarmklokke gelui oor die bedreiging van werk en produksie in die goud- en platinumbedryf as gevolg van die onlangs goedgekeurde elektrisiteitstariefverhogings, insluitend die verhoging van 13,8% vanaf 1 April 2019.
Daarbenewens het die raad gewaarsku dat die verhogings die staatsbeheerde instansies se eie afwaartse spiraal sal versnel as myne en smelters, wat tans 30% van Eskom se jaarlikse produksie verbruik, reageer deur niewinsgewende bedrywighede te sluit.
Dis veral diepvlakgoud- en platinummyne wat kwaai getref sal word, aangesien baie myne reeds niewinsgewend is; voeg hierby dat elektrisiteit onderskeidelik 25% en 17% van die goudproduksie- en platinummyne se produksiekoste is.
Die liggaam se hersiene ramings dui daarop dat 90 000 goud- en platinumwerksgeleenthede in gevaar is as gevolg van die verhogings wat op 7 Maart deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) goedgekeur is.
Sowat 464 000 mense was in 2017 nog in diens van die mynbedryf en daar is beraam dat ongeveer 18 300 van die 53 500 werksgeleenthede wat sedert 2006 in die bedryf verloor is, toe Suid-Afrika se kragkrisis na vore gekom het, direk toegeskryf kan word aan elektrisiteitstariefverhogings.
Die vooruitsigte vir die goudmynsektor is, om die minste te sê, uiters benard, en die Minerale Raad het self aangedui dat net twee goudmyne aan die einde van ’n driejaartydperk waarskynlik nog lewensvatbaar sal wees. Die verwagting is dat slegs een myn met ’n jaarlikse opbrengs van 20 ton dan nog in bedryf sal wees. In 2018 het die bedryf nog sowat 132 ton goud geproduseer.
Dit is maar enkele van die nagmerries wat ’n direkte gevolg is van Eskom se katastrofiese bedrywighede. Ander nagmerries wat hom in die gesig staar, is die volgende:
- Cyril Ramaphosa het, volgens City Press, gewaarsku dat die situasie by Eskom so erg is dat die parastataal aan die einde van April nie salarisse sal kan betaal nie.
- Die regering was toe genoodsaak om geld by die Chinese Ontwikkelingsbank te leen om seker te maak dat die salarisse van werkers wel betaal word.
- Volgens die energiekenner Ted Blom, “gaan beurtkrag by die dag vererger, tot 16 uur per dag vir die volgende 5 jaar en
- “Eskom se myne sit met ‘n tekort aan steenkool. Dit benodig 20 nuwe myne, maar ’n nuwe myn neem 5 jaar om in bedryf te stel.” Blom het verder gewaarsku dat die skeepslading diesel wat Dinsdag 19 Maart hier aangekom het slegs genoeg sal wees om Eskom se kragopwekkers ’n week lank aan die gang te hou. Eskom verbruik R100 miljoen se diesel per dag nadat hy ongeveer 18 000 megawatt – of 40% – van die energie wat geproduseer word, verloor het omdat 8 kragopwekkers wat tans af is vir die onderhoud van ketelbuislekkasies.
- PetroSA het vroeër bekend gemaak dat ’n reuse-diesellekkasie voorkom by die PetroSa-pyplyn wat tot by Bayview in Mosselbaai strek (‘n afstand van 1.6 km). Volgens kenners moes die terminaal se uitlooppunt nooit op die strand gewees het nie, en dat dit ’n aanduiding is dat geen omvattende omgewingsimpakstudie vooraf gemaak is nie.
- PetroSA kan Eskom ook nie help nie, aangesien hy self bankrot is en reeds vir ‘n reddingspakket aangevra het.
- Eskom se finansiële krisis en sy onvermoë om genoeg elektrisiteit op te wek om afleggings te voorkom, sal ook vererger ná ’n hofbevel wat verhoed dat hy die krag afsny na munisipaliteite en gemeenskappe wat weier om te betaal. Hulle weier om dit te doen omdat Madiba gratis elektrisiteit en behuising aan al sy mense (die agtergeblewenes) belowe het.
- Hierdie munisipaliteite skuld Eskom op die oomblik reeds meer as R20 miljard, maar die kragvoorsiener is nie by magte om iets daaraan te doen nie.
- Net in die afgelope tyd het die volgende 16 substasies in Suid-Afrika ontplof: Vanderbijlpark GP, Witbank MP, Chatsworth Durban ’n, Pinetown Durban ’n, Winburg F’S, Westonaria GP, Allendale Midrand GP, Randfontein GP, Krugersdorp GP, Springs GP, Kagiso Krugersdorp GP, Tembisa GP, Rustenburg NW 23/3/2019, Soweto GP 23/3/2019, Eldoradopark GP 23/3/2019, Venterspost Randfontein GP 25/3/2019.
- Laastens, die vakbond NUM het aangekondig dat hy ’n totale verduistering (shutdown) beplan vanaf 3 Mei 2019 tot 8 Mei 2019 – die dag waarop die nasionale algemene verkiesings moet plaasvind. Dit kan natuurlik die verkiesing in die wiele ry. (Soos Siener voorspel het).
Tesorie se skokverslag
In November 2018 het die Nasionale Tesourie ‘n uiter skokkende verslag van meer as 600 bladsye vrygestel waarin die omvang van skaamtelose bedrog by Eskom en Transnet oor die afgelope ses jaar beskryf word.
Die verslag, wat na ‘n forensiese ondersoek opgestel is, het wydverspreide onreëlmatighede, onbehoorlike en onwettige betalings oopgevlek.
Die ondersoek het spesifiek gekyk na die transaksies tussen Eskom en die steenkoolprodusent Tegeta, Verder het die verslag ook gekyk na Transnet se verkryging van nuwe (maar onbruikbare) Chinese lokomotiewe waaruit die Gupta-gekoppelde maatskappye groot voordeel getrek het.
Senior Eskom-uitvoerende beamptes het finansiële en anti-korrupsiewette oortree in die toekenning van sogenaamde ‘winsgewende’ steenkoolvoorsieningskontrakte aan die Guptas se Tegeta-maatskappy. Verder is daar ook onwettiglik ’n voorskot van R659 miljoen aan Tegeta betaal vir die lewering van swak gehalte steenkool.
’n Voormalige hoof finansiële beampte Anoj Singh en ene Matshela Koko, het albei voor die Parlementêre Portefeuljekomitee gelieg in verband met ’n afslag van 3,5% wat Eskom na bewering ontvang het toe daar met Tegeta onderhandel is oor die voorsiening van steenkool.
Eskom-finansies
Die voorsitter van die Eskom-raad Jabu Mabuza, het aangedui dat nóg die onlangse tariefverhoging van 13,8% óf die Nasionale Tesourie-kommissie se R23 miljard per jaar vir Eskom voldoende was om sy skuldbelaaide finansiële state te balanseer.
Volgens Mabuza het Eskom ’n R250 miljard agterstand in sy finansies, en dit nadat die tariefverhogings deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) en die R69 miljard se nasionale tesourie-inspuiting aangekondig is.
Eskom se volhoubaarheidstaakspan se voorsitter, professor Anton Eberhard, het gesê Eskom se probleem kom neer op die feit dat dit nie genoeg kontant kan genereer om sy bedryfsuitgawes te delg en sy stygende skulddiensverpligtinge te dek nie.
Eskom se skuld staan amptelik op R420 miljard, maar dit het, na berig word, wesenlik gestyg sedert die syfer bekend gemaak is. Daarbenewens is die nuwe skuld veel duurder as die skuld wat dit gehad het weens Eskom se rommel-kredietgradering, wat die afgelope tien jaar met sewe kerwe gedaal het.
Eskom-optrede boikot salarisse
Die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) het aangekondig dat hy “baie bekommerd” is omdat sy lede en kontrakteurs by die Koornfontein-myn in Mpumalanga nog nie hul salarisse sedert November 2018 ontvang het nie.
Die vakbond sê prontuit dis Eskom se skuld omdat daar tot dusvêr nog geen steenkoolvoorsieningsooreenkoms tussen potensiële kopers en die kragverskaffer aangegaan is nie. Die ooreenkoms was nodig sodat die werk by die myn voortgesit kon word, maar nou staan alles.
Eskom het versoek dat ‘n krediteurevergadering in Desember 2018 uitgestel word omdat hy eers die geloofwaardigheid van die voorkeurbieër wou nagaan, en het werkers belowe dat die saak teen Februarie afgehandel sou wees, maar dis nou nog nie gedoen nie.
Volgens die vakbond het hierdie vertraging groot ontwrigting en ellende vir die werkers veroorsaak omdat hulle eers weer kan terugkeer werk toe nadat die ooreenkoms geteken is. NUM bly in verbinding met Eskom, maar sonder enige resultate.
Ook kon die Minister van Openbare Ondernemings na die Konferensie van Suid-Afrikaanse Vakbonde in verband met die saak, nog glad nie bereik word nie.
Intussen het die Vereniging van Mynwerkers en Konstruksie-unie (AMCU) gesê die vier maande werkersstaking by Sibanye-Stillwater se goudbedrywighede sal nog onbepaald voortduur.
Dit het lankal tyd geword dat Eskom se korrupsie volledig deur ‘n onafhanklike kommissie ondersoek word. Die ANC en Eskom het jare lank voordeel getrek deur die SA publiek droog te melk! Eskom maak steeds gebruik van die radikale transformasie van ANC, en die enigste haalbare oplossing is dat daar weer gekwalifiseerde blankes, wat met regstellende aksie afgedank is, in diens moet neem.
Ons weet egter dit sal nie gebeur nie, want Eskom het reeds gesê dat hy ‘kundiges’ vanuit die buiteland gaan invoer wat sy brouwerk moet kom regmaak. En ons kan nou al met sekerheid sê die resultaat sal dieselfde wees as toe meer as ’n 100 Kubane aangewys is om die SA Weermag se verouderde, en vernielde voertuie te kom herstel, aangesien niemand in Suid-Afrika glo skynbaar oor die nodige kennis beskik om dit te doen nie.
Siener van Rensburg en Johanna Brandt het albei ’n gewelddadige “donker tyd” vir Suid-Afrika voorspel. Johanna Brandt het dit so gestel: “Van alle kante bekruip die stikdonker nag ons en in die komende stryd moet ons omgord wees met die wapenrusting van geregtigheid.” Sy het dit ook pertinent gesê dat groot stakings die hele land gaan lamlê. Terwyl hierdie staking aan die gang is, organiseer die swartes in die geheim en kom in een nag bymekaar in Johannesburg. Dan gebeur dit vinnig en onverwags — hulle sny die kragverbindings binne en rondom die stad af. Hierna, sien sy, vaar hulle die blanke gebiede in en vermoor ons mense voor die voet. Duisende en duisende gaan sterf in daardie ‘Egiptiese nag’ wat oor die blankes in Johannesburg gaan toesak, het sy gewaarsku.
Die onderstaande skakel is ’n ontstellende, maar nugter stemboodskap van ‘n persoon wat die verloop van Siener en Johanna Brandt se scenario’s byna haarfyn vir ons beskryf:
https://www.youtube.com/watch?v=3JR3JcFWnN4&feature=youtu.be