Posted on 203 Comments

Solidariteit, die Skepper se verordeninge en verregses

’n Persoon war homself Kood noem, lewer die volgende kommentaar op ons forum:

Adriaan ek is ook ’n boer maar jy hou jou so f*&^$^n slim en se almal sleg – met verwysing na Afriforum – nou se jy vir my as ’n boer en gatvol vir die land wat moet ons doen… gee ’n plan en vergeet om siener se goed elke keer so uit te le want dit irriteer die kak uit my uit – wat is jou plan slimjan?

Om mee te begin Kood, jou taalgebruik is nie dié van ’n Boer nie! Nee,ek het geen plan nie; ek het net my Bybel, die profete, asook ons eie profeet se profetiese oorsig van wat die Vader se Verhouding, Plan en Voorneme met sy volk is. Aanstons meer hieroor. Tweedens, jy kan nie nie ‘n Boer wees nie, want ’n ware Boer maak nie staat op Solidariteit, Afriforum, of wié ook al se vleeslike arm nie – hy wéét reeds waar sy Hulp vandaan kom! Derdens, ek het Afriforum nog nooit sleg gesê nie, maar hulle en ander sogenaamde ‘regse organisasies’ net ontbloot vir wie en wat hulle werklik is. En dan vierdens, dit wil vir my voorkom of Siener se profesieë glad nié vir jou bedoel is nie; want as dit was, sou jy geweet het hy het net vir ons kom bevestig en met praktiese voorbeelde toegelig wat reeds in die Bybel opgeteken is.

Die Vader het sy Verhouding, Plan en Voorneme met sy geroepe volk Israel (en met hulle alléén), baie duidelik vir ons uitgespel. Sy Verhouding: Jer. 31:3-4 — Jahweh het aan my verskyn uit die vêrte: Ja, Ek het jou (Israel) liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel!

Sy Plan: Openb. 3:19 — Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.  

Ps. 50:15 — …en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

Siener gee vir ons ‘n baie mooi praktiese illustrasie hiervan waar hy aan Boy Mussmann sê: “Genl. Kemp moenie môre, oormôre sê dit is hý, die dapper generaal, of ék die Siener, of júlle die dapper burgers, wat julle hier uitgebring het nie, maar hy moet God die eer gee wat Hom toekom.”

(Omdat die Vader dit reeds by verskeie geleenthede beklemtoon het dat Hy net vir Israel liefhet, is géén ander nasie ter wêreld by hierdie belofte van redding ingesluit nie (ook nie die Jode nie!) Want:

Sy Voorneme is om: “…die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg, te maak dat hulle kom en voor jou (Israel se) voete neerbuig en erken dat Ek jóú liefgehad het.” Openb. 3:9.

In Psalm 106 moes Dawid ‘n blik op Suid-Afrika gehad het toe hy hierdie woorde geskryf het:

“Hulle het die volke nie verdelg soos Jahweh aan hulle gesê het nie, maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer … En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ‘n strik geword … Toe het die toorn van Jahweh ontvlam teen sy volk … En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers; en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig … Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het; en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond (by Bloedrivier) gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede…” 

Kood, soos ek reeds aan jou gesê het, het ek geen plan nie, maar ek weet die Almagtige wat ek aanbid, se Plan was reeds in plek die dag toe Hy die hemel en die aarde in aansyn geroep het. Ek kan jou ook presies sê wat daardie Plan is, want sy profeet Jeremia het dit vir ons aangeteken: as ons “na Hom toe terugkeer”, dan sál Hy ons “red uit die hand van die goddelose mense en  ons verlos uit die vuis van die tiranne.” (Jer. 15:21).

Wat ek nou by jou wil weet, Kood, is wat is AfriForum en al die ander organisasies na wie jy opkyk se plan om ons uit die vuis van die tiranne te red? Ons weet reeds AfriForum het met duur hofsake probeer om dorp- en straatname te behou, en misluk (terwyl daardie dorpe en strate vuil en smerig is en so na riool stink dat net ‘n tronkvoël en terroris se naam daarby sal pas!) Ons weet ook hulle het met nog duurder hofsake probeer het om Julius Malema te verbied om te sing dat hy die Boere gaan doodmaak, en ook hierin het hulle misluk.

In Desember 2016 het ‘n Volle regbank van die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ‘n aansoek van AfriForum en Solidariteit verwerp dat die Universiteit van Pretoria se besluit om net Engels as die hooftaal van onderrig te gebruik, ter syde gestel word. UP was een van ons bekendste histories Afrikaanse universiteite, maar het op die oomblik nog net ‘n skamele 25.1% Afrikaanse studente.

Intussen het sommige van hierdie sogenaamde regse organisasies groot koste aangegaan om by die VN te gaan pleit vir ‘n stukkie afknypgrond in die land wat die Skepper gratis aan ons gegee het, maar andermaal het dit ook misluk.

Hulle kon al daardie geld en moeite gespaar het deur net die Skepper te gehoorsaam en ons na Hom en die ou paaie terug te lei. As hulle dít gedoen het, was ons al lankal uit die vuis van die tiranne verlos!

Of stem jy nie saam nie?

Jy sê Siener irriteer jou, dan geld dit seker ook vir profete soos Moses, Jesaja, Jeremia, Esegiël en al die ander, want die simbole en vergelykings wat in die Siener se gesigte voorkom, is dikwels feitlik dieselfde as dié waarvan die Bybelse profete gebruik gemaak het.

In die vroeë 90er jare skryf mnr. Johannes Gagiano aan my: “Die Bybelwaarhede word opnuut bevestig deur die visioene van ons eie profeet, wat ek bevoorreg was om self te ken. Hy het dikwels my kinderhand in syne gevat en dan aan ons (ek, my vader en oupa) die dinge bevestig wat soveel duisende jare gelede deur God geprofeteer is.”

Kom ons kyk of dit so is: In Deut. 28:44 waarsku Moses ons bv. dat as ons nie doen wat die Almagtige beveel nie, sal Hy ons, wat nog altyd die kop was, die stert maak, en die vyande rondom ons sal die kop wees.

Siener het gesê daar kom ‘n tyd wat ons as volk op dwaalweë gaan beland en alles in die land omgekeer en onderstebo sal wees, dan sal hulle (ons vyande) baas wees en ons klaas.

In Hoofstuk 10 vers 7 sê die Prediker “Ek het slawe te perd gesien en vorste te voet op die grond soos slawe.”

Op 5 Mei 1921 het Siener ’n gesig gehad dat ons nog gedwing sal word om van die wa af te klim waarna ons eertydse touleiers nie net op die wa gaan klim nie, maar ook nog die briek (of skroef) aandraai terwyl ons die wa deur ‘n moddervlei moet sleep.

Mar 4:22 —  Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.

Op 10 Mei 1922 kry Siener ’n gesig van die hele land wat lyk soos ’n ou ashoop waardeur ‘n ploeg geloop het. Dit beteken dat die korrupsie en kullery, leuens en bose geheime van alle kante en partye op ’n  genadelose wyse oopgevlek sal word. (Soos Solidariteit en AfriForum se skandes nou ook op Facebook oopgevlek word).

Eseg. 37:19 — Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem…en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand…

Die Siener se gesig is byna woordeliks dieselfde: Ek het die verdeelde volk gesien: twee houte, een met penne en een met gate. Die rooi kielhouer gaan oor hulle. Die penne steek dan in die gate en die twee houte voeg so goed dat geen mens die nate kan sen nie.

 Jer. 16:4 — Aan dodelike siektes sal hulle sterwe (vigs en die Swart Pes?); en hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal mis op die aarde wees; en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

In een van sy gesigte het Siener vier perde bo in Afrika sien ry. Die vierde perd was ’n aaklige pes waaraan so baie sou sterf dat die lyke nie begrawe kon word nie.

Jes. 43:8 — Bring uit die volk wat blind is en tog oë het…

Luk. 11:34 — Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou hele liggaam ook donker.

Siener aan oom Paul Prinsloo se vader: “Ek sien die Boere loop in en uit hul huise. Hul hoede hang in hul oë en hul koppe hang laag. Ek sien kolle op hulle oë wat soos pêrels lyk.”  (Hulle is siende blind en verstaan glad nie wat besig is om rondom hulle te gebeur nie).

 Mark. 9:40 — Wie nie téén ons is nie, is vir ons. (Vgl. ook Luk. 9:50).

In ’n brief wat mnr. H.J. Dreyer van Senekal aan Die Volksblad geskryf het, het oom Nicolaas aan hom gesê: “Wie nie met ons is nie, is teen ons…”

Jesaja 48:10 — Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.

 Tydens die 1914-Rebellie het Siener ons deur ’n sif sien gaan, maar in die verre toekoms sou ons in ’n smeltkroes gelouter word.

Die vleeslike arm van Solidariteit en Afriforum

Flip Buys, die eertydse segsman van Constant Viljoen se Afrikaner Volksfront (AVF), sou later na vore tree as hoofsekretaris van Solidariteit, een van die organisasies wat vandag verbete veg om die grondwet wat die ANC aan bewind hou ‘te maak werk’.

Nadat De Klerk Mandela touleier gemaak het, was die Boervolk se lot verseël: …Julle land is verwoes, julle stede is verbrand, voor julle oë verteer vreemdes julle landerye. Hulle het dit ’n verlate wêreld gemaak. — N.A.V.-1983. En Hosea bevestig dit: “Hulle belieg mekaar, hulle breek in en steel, hulle beroof mekaar op straat… — Hos. 7:1. En Nehemia het tevergeefs by ons gepleit: Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte Yahweh, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise. — Neh. 4:14.

Maar ons wou nie luister nie, want: met die ontbanning van die ANC deur FW de Klerk begin Mandela, Ramaphosa, Mbeki en Zuma gesprekke voer met ‘skyn regse Afrikaners’ (nie Boere nie!) Daar was in daardie stadium sowat 200 regse organisasies. Op 11 Maart 1993 stig Constand Viljoen en andere die Afrikaner Volksfront as oorkoepelende organisasie. In September 1993 besluit die Volks Front om direk met die ANC te onderhandel. ’n Dokument oor selfbeskikking word opgetrek vir ondertekening op 21 Desember 1993 in die Carlton Hotel in Johannesburg.

Op 24 Julie 2008 reël Flip Buys dat Zuma ’n blanke plakkerskamp in Pretoria besoek. Sowat 1 000 armblankes was teenwoordig en ons moes op TV aanskou hoe van die blanke vroue Zuma letterlik omhels nadat hy aan hulle hulp belowe het. Maar hy is glimlaggend daar weg en hulle het nooit weer van hom gehoor nie. Ook Flip Buys en sy Solidariteit het heeltemal van hierdie beloftes vergeet en tot vandag toe swyg hulle soos die graf daaroor! Daardie ontmoeting was net ‘n foefie deur Solidariteit om publisiteit te kry en nuwe intekenare te werf.

Ons weet nou al dat AfriForum en Solidariteit daarbo vanuit hul morele hoëgrond-torings NIKS en NIEMAND sal steun as húlle, in hul eie woorde, nie die aksie SELF geloods het nie. Anders gestel: ‘As ons nie publisiteit én geld daaruit kan maak nie stel ons nie belang nie!’. En dit het so pas weer gebeur.  AfriForum is deur Wessel Basson en sy groep genooi om mee te doen aan ’n #RedDieBoer-optog op 1 Desember. Maar wat gebeur? Soos altyd besluit AfriForum op die plek  om sy eie ding te doen en hy reël ’n ander optog vir 25 Noverber en wil natuurlik ook niks met Basson se groep te doen hê nie.

(Terloops, ons is gekant teen hierdie skielike vlaag optogte, soos uiteengesit op die Vaandel Facebook).

Net so het Solidariteit ook geweier om deel te neem aan die blanke “protesaksie” op Kerkplein in April 2015, want, volgens Jaco Kleynhans, distansieer Solidariteit en AfriForum hulle van sulke ekstremistiese en rassistiese optrede.

Buys aan Mbeki: “Daar moet gefokus word op ‘gemeenskaplike belange’.”

Want na Flip Buys se mening moet daar nou gefokus word op wit, swart, bruin en geel se ‘gemeenskaplike belange’. Wat die stomme Buys nie besef nie, is dat ’n Boer net gemeenskaplike belange met ’n mede-Boer kan hê.

Hierdie volksvreemde nuk van Buys moet gesien word teen die agtergrond van Constand Viljoen se bedrieglike agenda tydens sy onderhandelings met die vyand toe hy namens die Afrikaner Volksfront ’n ooreenkoms met Thabo Mbeki en die kommunistiese ANC aangegaan het, ’n ooreenkoms waarin die AVF (en dus ook Flip Buys) die Nuwe Suid-Afrika se ‘grondwet’, wat toe reeds met die onderhandelings in die World Trade Centre in Kemptonpark in ’n ver gevorderde stadium was, aanvaar het.

Die Bybelse opdrag van skeiding tussen rasse se dae was nou getel.

En sedertdien het elke Solidariteit, elke Afriforum, elke FAK, elke ATKV, elke Voortrekker, elke skool, elke priester, elke predikant, elke pastoor en elke eerwaarde in hul swerftog op die breë paaie uitgeroep: “Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie!”  (Jer. 2:3.) Blymoedig het hulle ook apartheid afgesweer.

Pas nadat De Klerk in Junie 1996 uit die Regering van Nasionale Eenheid onttrek het, het die CIA  begin om met die Afrikanerbond saam te werk om as Interim-regering oor te neem nadat die ANC onder druk van ’n ‘CIA-konsepplan’ die ANC tot ‘n val gebring het deur doelbewus anargie, korrupsie, wanorde en totale chaos in die land aan te blaas. (Hulle is reeds ’n geruime tyd volstoom daarmee besig! Of het u miskien gedink die toenemende aanslae op blankes, die plaasmoorde, geweld, byna daaglikse dorp- en stadblokkades en die wilde tyre danse was ’n breinkind van die swart elite? Nee, die opdrag daarvoor kom direk uit die Britse troonkamer en word gefinansier vanuit ’n geheime diverse rekening onder beheer van Lord Robin Renwick, Malema se hanteerder).

Destyds is daar van De Klerk verwag om belowende jong vrydenkers  by die Afrikanerbond in te trek en te slyp. En dis hoe Solidariteit en sy bondgenoot, Afriforum, by die Interim-kommando beland en na Dingaan Zuma se kraal vertrek het. Langs die breë pad het hulle die Voortrekkers, ATKV, die FAK, Orania Beweging en Radio Pretoria op die lyf geloop wat almal staan en duimgooi het om ook ’n lift te kry.

Slegs ’n klein handjie vol Bloedrivier-nakomelinge het nog op die ou, gevestigde smal pad probeer voortgestrompel.

Die politici, kerk, instansies soos Solidariteit, Afriforum en ook hulle kamerade die ANC met al sy tentakels, verafsku en haat hierdie ou paaie; want om daarheen terug te keer, vra ook vir ’n terugkeer na die wet, na die eerbiediging van die Sabbat en dat versoeningsdag en Geloftedag weer moet plekke ruil. Dan vra dit ook vir hervorming soos in die dae van Nehemia, m.a.w. afskeiding van die gruwel nasies, lofgesange sonder die baster, geen ooreenkomste met die heiden nie en om tot in der ewigheid ook nie sy vrede of geluk te soek nie. En laastens moet die sodomiet, die pedofiel en die vrugafdrywer weer terug in die buitenste duisternis gewerp word!

Maar volgens ons uitgelese professore, die politici, die kerk en Afrikanerleiers is hierdie wandelaars van die ou paaie godsdienstige ekstremiste (prof. Andries Raath), ketters (prof. Johan Malan), verkondigers van ‘n dwaalleer (prof. Ben du Toit – hy ontken ook die bestaan van Satan) en ’n klomp idiote (Flip Buys van Solidariteit).

Ons lees in Beeld: “AfriForum maak sy stem dik deur Afrikaanssprekende studente by Tuks opdrag te gee om ferm te staan vir Afrikaans”.

(Dis opvallend dat nóg AfriForum, nóg Solidariteit, nóg die politici óf sogenaamde Afrikanerleiers al ooit hulle stem dik gemaak het en studente of enige ander groep wittes opgevorder het om “op te staan vir hulle God, hul blanke vel en om nie te verbaster nie”.

Hulle durf nie, want dit sal hulle swart broers aanstoot gee en dis ook teenstrydig met Reënboogland se grondwet.

Ja, soos Piet Retief ook verkies het om liewer met Dingaan te gaan Kodesa — die pad van die lafaard en ook die minste weerstand — net só wil Solidariteit en Afriforum vandag ook in sy voetspore volg. Maar hulle moet net weet – die Piet Retief-spisode gaan hom herhaal!

Ons moet Flip Buys se uitlatings sien vir wat dit werklik is. Hy weet sy organisasie beskik nie oor die morele moed en durf om, in die aangesig van die vyand se naakte rassisme, teistering en dreigemente, vreesloos vir God, volk en vaderland op te staan nie! Dus buig hulle maar gedienstig die knie en besing ook uit volle bors die afgod Nkosi.

Buys en sy bondgenote het vroeg reeds die swaard getrek teen behoudende groepe wat weier om met die barbaar te onderhandel; weier om met hulle kompromieë aan te gaan. Buys-hulle sien veragtend op hulle neer as verregse randeierfigure. Maar kan een van hulle my sê waarom het God oor ‘n tydperk van sesduisend jaar uitsluitlik ‘verregse randeierfigure’ geroep om sy werk vir Hom te doen?

Geeneen wat ooit met sy vyande onderhandel het, was deur Hom gereken nie! Dus, behoort Solidariteit en Afriforum te weet waar hulle met Hom staan.

En dan wonder ek of dié menere wat so graag ‘rassissme!’ saam met die barbaar skree, weet dat die woord ‘rassissme’ sinoniem is met ‘nasionalisme’, ‘volkseie’, ‘erflikheid’ en ‘rasbeskermend’? Alles eienskappe en karaktertrekke van ‘n ware patriot.

Rassisme word vandag as skelwoord gebruik vir iemand wat sy eie ras, godsdiens, kultuur en vaderland liefhet.

Elke ras met selfrespek, behoort so te dink, insluitende Solidariteit en sy bondgenote!

Flip Buys het pas weer sterk standpunt ingeneem teen Afrikaanssprekende blankes wat verkies om oor hulleself te regeer; hy gee te kenne dat dit net die ‘vêrregses’ is wat nog vasklou aan apartheid.

Hier is enkele uittreksels uit Buys se betoog, en daaruit is dit baie duidelik dat hy geen vriend is van die behoudende blanke Afrikaanssprekende landsburger nie.

Hy het hom reeds in 1990 met oorgawe vereenselwig en neergelê by sy boesemvriende FW de Klerk en Madiba se Nuwe Suid-Afrika; en veg nog steeds saam met De Klerk en Mandela se barbare om ontslae te raak van al die sinnelose, uitgediende wette en verordeninge wat die Almagtige destyds by monde van Moses aan ons oorgedra het.

Ook verafsku hy die Almagtige se Skeppingswet van ‘soort volgens soort’, want in Buys se alwyse oë is daar hoegenaamd géén verskil tussen wit, swart, rooi, geel en bruin spoortrappers nie! Dit is dan ook net die lae klas wittes wat daarop aandring om hulle ras eenkant en suiwer te wil hou ooreenkomstig die Skepper se opdrag.

Saam met De Klerk, die ANC, EFF en die VN spoeg hy vuur teen hierdie witnerwe: “Die probleem is dat Afrikanerselfbeskikking in Suid-Afrika ’n verregse kleur gekry het en met ’n vasklou- of terugkeer na apartheid vereenselwig word. Dit spruit veral voort uit die politieke vergiftiging daarvan deur sommige verregse heethoofde wat die begrip met koddige neo-apartheidsplanne belaglik gemaak het. Terselfdertyd het dit ammunisie gebied vir teenstanders (dit sluit nou in Solidariteit, AfriForum en die anti-God, anti-wit, anti-verbasteringaanhangers) om dié planne as agterlik en rassisties af te skryf. Daarby het die ANC natuurlik ’n sterk magspolitieke beweegrede om die gevaar van ’n ‘terugkeer na (God se) apartheid’ te gebruik om hul strewe na totale oorheersing van die samelewing te regverdig.

“Soos enige ander reg, is die reg op selfbeskikking nie absoluut nie en moet dit opgeweeg word teen ander ewe geldige regte, oftewel kwalifiserende ‘bepalings en voorwaardes’. Die belangrikste hiervan het te make met die menseregte (m.a.w. gebooie van mense) van die gebied se ‘ander’ inwoners wat geraak word.” (Dit gaan vir hom dus oor die ander se menseregte, want God se ‘regte’ is verouderd en uitgedien!)

Hy noem dan ’n rits ‘projekte wat kan werk’, mits dit van enige sweem van rassisme ontkoppel word.

Flip Buys se bedoeling met ‘geen sweem van rassisme’, is dat blankes niks mag doen wat slegs tot voordeel van medeblanke volksgenote strek nie? Inligting wat ons bekom het dui daarop dat blanke personeel wat by Afriforum se Helpende hand werksaam is, verbied word om slegs hulp aan blanke kinders te verleen. Sommige werknemers wat dit wel gedoen het, is glo afgedank. In Oudtshoorn het Afriforum met die geld wat hy van blankes ontvang ’n paar jaar gelede slegs aan Kleurlinkinders nuwe skooltasse geskenk het. Arm blanke kinders is oor die hoof gesien.

Ons wil Buys net daarop wys dat die Skepper wat deur sy gehate ‘verregses’ aanbid word, deur al die eeue nog steeds staan en val by Sy Voorgeskrewe Apartheidswette; want álles wat Hy geskape het, het Hy ‘soort volgens soort’ gemaak, en sy opdrag aan almal wat asemhaal (mens, dier, voël en plant) is om nié daardie verskillende ‘soorte’ te besoedel deur verbastering nie. (“Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En ‘n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie” (Lev. 19:19) “… jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie. Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie.”  .(Deut.7:2-3).

 

Phyllis Godber en Cecil Hartwig 1932.

Maar meneer Flip Buys beskou hierdie opdrag van Hom as ‘belaglik’ en ’n ‘vergiftiging deur verregse heethoofde’. Dus moet ons aanneem dat die Almagtige in Flip Buys se alwyse oë ook maar net nog ‘n ‘Verregse Heethoof’ is!

Is dit dan nie Hy wat ook gesê het: “onderhou My gebooie, dan sal jy lewe” nie?

“The most diverse race on earth is the white race and yet we are not diverse enough for the zionist globalists an liberals. All other races look more or less the same, they all have dark hair and dark eyes, only the Asians show some differences.”

 

 

Posted on 66 Comments

Die NFL-afgod skeur wit en swart in Amerika

Die artikel “Ons is ‘n veragtelike volk” het heelwat uiteenlopende reaksie uitgelok. Ons weet daar is volksgenote wat lankal reeds na ons hulpbehoewendes omsien; dan is daar diégene wat onmiddellik hulp aangebied het – selfs ‘n vriend in Australië het fondse oorgeplaas vir die Sonskynhoekie-plakkerskamp.

Ons kontak by Sonskynhoekie vra dat ons almal moet bedank vir hul bydraes, en skryf verder: “Ons het nou ‘n dogtertjie, ek het haar Engela gedoop, sy is ‘n blonde krulkop en drie jaartjies oud. Haar ouers het haar aan die Nigeriërs verkoop in prostitusie vir dwelms. Gelukkig is sy gevind en nou by pleegouers. Sy is bietjie toegewerk (moes heelparty steke kry), maar het geen beheer oor haar blasie of magie nie en dra doeke. Sy het NIKS – so Maandag word daar klere, ‘n teddie, doeke en badgoedjies by haar afgelewer…”

Die Sonskynhoekie-plakkerskamp

Aan die anderkant was daar ook dié wat dadelik die lang messe getrek het: “Van wanneer af is dit my plig om vir mense te sorg wat deur hul eie slegtigheid in die gemors beland het?” Of: “Verwag jy van my om na ’n miljoen armlastiges om te sien? Ekself kan nie eens kop bo water hou nie!” Of daar was die verbitterde oujongkêrel, ’n tipiese Kolonialer wat uitgevaar het omdat ek durf sê ons volk is ‘veragtelik’, terwyl ékself die veragtelike skobbejak is. Hy wou dan verder weet hoekom ’n sekere persoon nie die armes help nie? (En hy noem hom sommer by die naam!) My vraag is: vriend, hoe weet jy die persoon doen dit nie reeds nie?

Ons wil aan dié meneer sê, mense wat barmhartigheid aan hul naaste bewys, verkondig dit nie van die dakke af óf op die hoeke van die strate nie! As jy dit nog nie weet nie, dit staan so in jou Bybel opgeteken.

Dan wil ek ook net ‘n regstelling maak: Die woorde ‘veragtelike volk’ was nie myne nie, maar dié van ons profeet. En hy het dit hoofsaaklik teen ons leiers en veral die leraars gehad wat die ou paaie verlaat het – hulle ‘veragtelike’ optrede het dan ook spoedig na die volk toe deurgesuurdeeg en daarom kry ons vandag ouers soos hierbo genoem wat hul kindertjies vir dwelms aan die barbare verkwansel: Siener: “…daar sal in ons land haas niks meer reg wees nie, nie in die regering nie, en ook nie in ons kerke nie”. Eseg. 36:32 “Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.” (Terloops, hier word nét na blankes verwys, want nét ’n blanke kan skaam kry en bloos!)

Die profete van ouds het hulle ook teen die godsdiesleiers uitgespreek: Mal. 2:7-9 “Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ’n boodskapper van Yahweh van die leërskare. Maar júlle (die priesters en leraars) het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel … So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk…” Pleks daarvan dat die kerk en ons leiers onder gesag van Yahweh ons vyande besweer het, het hulle voor hul gaan buig en ons met wapen en al aan hul oorgegee.

Siener van Rensburg se boodskap was deurgaans ’n pleidooi dat ons as volk mekaar die hand moet reik en na Hom toe terugkeer. Nêrens in sy visioene word daar van ons verwag, of selfs gesuggereer, dat ons ‘skuldbelydenis’ moet doen vir ons optrede teenoor ander volke nie. Want: “Op julle verlede, op die hede van ons volk rus daar geen skandvlek nie…” (Die woorde ‘op die hede’ verwys na die tydperk waarin hy geleef het).

En daardie oorgawe het tot gevolg gehad dat ons as volk vandag by een van die bitterste oomblikke in ons geskiedenis te staan gekom het – die punt waar daar van ons rekenskap gevorder word: “Waar is my kinders? Waar is hulle wat môre vir My ’n volk moet wees? Ek het hulle aan julle toevertrou; maar julle het hulle vir niks verkoop nie; en Ek gaan elke siel van julle hand eis!”

Indien ons as ‘volk’ na mekaar omgesien het soos daar in die verordeninge en insettinge aan ons voorgehou word, was ons nog ’n voorspoedige volk (1 Kron. 22:13), en het daar vandag nie ’n enkele medevolksgenoot in ’n plakkerskamp gesit nie. Maar, aangemoedig deur ons leiers en die kerk, het ons besluit om liewer te handel volgens die wette en verordeninge van die nasies rondom ons (Eseg. 11:12).

Ons volk is al eeue lank nie net polities, godsdienstig en op morele gebied (wat is goed en wat is sleg) verdeeld nie, maar ook wat betref ons geneentheid teenoor die arm en minderbevoorregte stamgenote in ons gemeenskap. Die gesiene, welaf en geswore kerkmens se benadering was nog altyd “ek sal vir jou bid” óf “ek dank God dat ek nie soos jy is nie!” Maar steek hy die dag wel sy hand in sy sak, is dit sonder uitsondering altyd vir daardie ‘ander arme agtergeblewene’. Daarenteen is dit ook sonder uitsondering net die medearbeider in die wingerd wat hom of haar oor hul naaste ontferm en bereid is om ’n helpende hand uit te steek.

Profete soos Jeremia, Jesaja en Esegiël skets vir ons die resultaat van die kerk se selfgebroude ‘evangelieboodskap’: Klaagl. 2:14 “Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.”

Jer. 50:6 “’n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge (ander nasies) toe; hulle het gegaan van berg (nasie) na heuwel (klein nasie), hulle het hul lêplek (eie tuiste) vergeet.”

Eseg. 34:10 “ Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie (die kerke sal leeg loop) , sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie (tiendes kan insamel nie); en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk (Hyself sal hulle uit die kerke verwyder), sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie (hulle nie langer onderhou nie).”

Maar nou sit daar steeds lidmate as gyselaars opgesluit in daardie gevangenis (kerk), en word nie toegelaat om uit eie oortuiging iets vir hul naaste te ‘doen’ nie – want daar het die sipier (dominee, pastoor, priester) die alleenseggenskap. Elke liewe Sondag reik hy sy verordeninge vir die week uit soos dit opgeteken staan in die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergese Kategismus en die Dordtse Leerreëls, sodat daar by die gyselaars nie twyfel moet weet oor wat gedoen en nie gedoen mag word nie!

Die profeet Jesaja het dit reeds in sy tyd vooruitgesien en ons nie net daarteen gewaarsku nie, maar terselfdertyd ook ’n bemoedigende woord van troos vir elke gevangene in die kerker gebring:

Jesaja 24:22: “En hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ’n kerker (die kerk); maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word!”

Ons lees in Eseg. 37:23 presies hóé daar op hulle ag gegee sal word: “…en Ek sal hulle (sonder geld) verlos uit al hulle woonplekke (kerkers) waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig (van al die kerk se wette en Leerreëls, en eers dán) sal hulle vir my ’n volk wees, en Ek vir hulle ’n God wees.”

In Jes. 61:1 lees ons waarvoor Hy sy skape geroep het: “Hy het My gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis.”

En aan dié bevoorregtes wat hul reeds buite die kerkers bevind, gee Jesaja nie net opdrag oor wat húlle vir hierdie gevangenes moet ‘doen’ nie, maar beskryf ook die haglike toestand waarin hulle verkeer.

Jes. 42:7 “…om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit. Jes. 5:13 “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors (na die Lewende Woord).”

Mig. 6:12, 14 “Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond … Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.” Want waar wysheid ontbreek daar heers die linkse dwaas met sy swaard.

Hoe staan dit daar geskrywe? “Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ’n dwaas is na links.” (Pred. 10:2 ). Hier word dus gekonstateer dat almal wat in die hart ‘regs’ is, ook wys sal wees; terwyl dié wie se hart wat na links neig (die liberaliste), as dwase gereken word.

Na Jesaja se dood het sowat 690 jaar verloop voordat die Messias self gekom het om sy volk uit die ‘kerk’ van daardie tyd te verlos.

Met sy geboorte het drie ‘wyse manne’ (dus regses) vanuit die Ooste gekom om aan Hom eer te betoon. Die Skrif sê duidelik dat slegs hulle drie die sterreteken aan die hemel gesien en dit verstaan het. Nie één van die ‘linkse liberaliste’ (dwase) was eers daarvan bewus nie: Mat. 2:3 “En toe (die linksgesinde) koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele (linksgesinde) Jerusalem saam met hom.” Die regse wyse manne daarenteen was met blydskap en dankbaarheid vervul.

Net so is daar vandag ‘wyse manne’ (regses) wat oor kennis en insig beskik en dinge verstaan wat vir die linksgesinde liberaliste verborge sal bly; daarom haat en verag hulle alles wat ‘regs’ (wys) is. Maar dis nie ál nie – uit jare se ondervinding weet hulle reeds dat van al die nasies op die aarde die blanke Adamiet by uitstek die bevoorregte een is: sy lewenspeil is die hoogste; sy skeppingsvermoë en kundigheid ongeëwenaard; sy kultuur en morele standaarde sonder gelyke, en die Skepper wat hy aanbid, is ver verhewe bo al die ander volke se afgode. Sy Seun is die lig van hierdie wêreld en deur Hom het alle dinge ontstaan (die ganse heelal) (Joh. 1:1,3). Net so was die wit mens (wit weerkaats lig) grootliks verantwoordelik vir die ontwikkeling en vestiging van wat daar in die wêreld tot stand gebring is, want:

Num. 14:12 “Ek sal jou ‘n groter en sterker nasie maak as hulle (die ander nasies). Jes. 58:14 “Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde.” Openb. 2:10 “Ek sal jou die kroon van die lewe gee…”

In die Verborge Boek van Eden hoofstuk 12:14 lees ons: “Want Ek het jou van die wit lig gemaak; en Ek wou kinders van lig uit jou voortbring soos jy…” 1 Joh. 1:5 “God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.” (Ek herhaal:Die blanke se wit vel weerkaats lig; terwyl die swart vel van die Afrikaan en Neger lig absorbeer).

Dan is dit mos ook logies dat net één skepsel (Adam) die gelykenis en beelddraer van daardie God wat hy ook as ‘Vader’ aanbid, kán wees. So is sy eie kind weer ’n beelddraer en gelykenis van hom.

Hierdie draer van Sy beeld en gelykenis het die Skepper ‘Israel’ gedoop, en oor húlle sê Hy die volgende: “Israel, júlle is die skape van my weide, júlle is mense. Ek is júlle God…” Van geen ander volk op aarde word daar gesê dat hulle sy ‘skape’ is óf ‘mense’ is, óf dat Hy ook hulle God is nie! In die Bybel word daar ook tien keer na die mensdom verwys (m.a.w. die 12 stamme van Israel). Daniël 4:25 bevestig dit waar hy aan  koning Nebukadnésar sê: “Hulle (die skape) sal u uit die mensdom (die stamme van Israel) verstoot, en u woning sal saam met die diere van die veld wees.” (Die ‘diere van die veld’ het hom aangeneem, net soos hulle Mandela ook aangeneem het!)

In die drie jaar wat die Heiland saam met sy dissipels was, het Hy aan hulle talle kere met woord en daad gewys hóé daar teenoor jou naaste opgetree moet word. Hier is net een voorbeeld:

Op ‘n dag het Hy saam met sy dissipels in ’n skuit na ’n verlate plek gegaan om ’n bietjie te gaan rus, maar ’n skare van 5 000 het Hom ingewag met die hoop dat Hy met hulle sou praat. Hy het ook, en dit was al amper aand teen die tyd dat Hy klaar was.

Maar anders as wat sy dissipels wou hê, het Hy hulle nie huis toe gestuur nie; nog minder belowe dat Hy vir hulle sou bid.
Nee, Hy het geweet hulle is moeg en honger, en het sy dissipels beveel om hulle in groepe van 100 en 50 te laat sit, waarna Hy die beskikbare brood en vis vermeeder en aan hulle laat uitdeel het.

En Hy was ook nie skraps of spaarsamig met sy voorsiening nie, maar het so oorvloedig en kwistig te werk gegaan dat toe almal klaar geëet en versadig was, het daar nog 12 mandjies vol brokstukke oorgebly!

Ons, aan die anderkant, is weer alte geneig om eerder te min as genoeg te gee. En die dag wanneer ons ’n dinee hou, word dikwels ook net ons vooraanstaande, beste en uitsoekvriende genooi. Vergelyk dit nou met wat Hy van ons verwag: Luk. 14:13-14 “Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.”

Maar wanneer onsself aan die ontvang kant is, sal ons ook oorvloedig en kwistig te werk gaan; terwyl die verarmde en erbarmlike naaste, maar tevrede moet wees met ’n paar aalmoese of die verslete, uitskotgoed wat vir ons van geen waarde meer is nie!

Daar word egter nie net van ons verwag om iets vir ons naaste te ‘doen’ of te gee nie; ons het ook ’n dure plig om oor hom te waak. Soos wat ons moes gewaak het oor hulle wat vandag in die plakkerskampe sit.

Volgens Salomo is dit ’n gelukkige man wat by sy naaste se ‘deure waak, by die syposte van sy poorte waghou’. Jesaja weer kla die volk aan oor hulle patetiese onbevoegdheid en neiging om voete te sleep wanneer hul naaste in nood verkeer.

Jesaja 56:10 “Dié wat oor my volk móét waak, is almal blind, hulle weet niks nie. Hulle is almal stom honde, hulle kan nie blaf nie; hulle lê net, hulle wil net slaap.”

Selfs die Messias wat mag oor lewe en dood gehad het, het in sy oomblikke van angs en sielewroeging daar in die tuin van Getsemane verlang na iemand om saam met Hom te waak terwyl Hy eenkant gaan bid het. Sy behoefte aan onderskraging kan wees omdat Hy sy kruisiging twee keer beleef het. Sy voorkennis van dinge het gemaak dat Hy presies geweet het wat tydens die kruisiging met Hom sou gebeur; en toe daardie dag aanbreek, het Hy die verskrikking daarvan ’n tweede keer ervaar. Is dit miskien hoekom Hy Petrus en twee ander dissipels gevra het om by Hom te bly en Hom te ondersteun?

Mat. 26:38, 40-41 “…en (Hy het) vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” … “Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?”

Gedurende sy drie jaarlange openbare optrede is Hy voortdurend vervolg, beledig, geteister en uiteindelik doodgemaak, en dit sou ook sy volgelinge se lot wees.

Joh. 15:20 “As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg.” … Mat 10:23 “En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe.”

Hierdie genadelose ‘vervolging’ het egter nie by die dissipels geëindig nie. In die kerke word graag verkondig dat dit die ‘Christene’ is wat vervolg word; maar die werklikheid vertel ’n heel ander storie!

As dit by vervolging kom, is die blanke Westerling vandag in elke ander nasie se visier en ook die hoofteiken; hulle haat en verag hom; teister hom en soek sy dood. Hoekom? Hoekom kan hy nooit niks doen wat goed of reg is nie? Hoekom staan hy altyd in die beskuldigde bank? Hoekom kan net hý rassisties wees? Hy wat skaars ‘n tiende van die wêreldbevolking uitmaak? In sy eie land wat hy oor eeue heen tot ’n sieraad uitgebou en ontwikkel het, geniet die onopgevoede barbaar en Moslem-terroris vandag voordele wat glad nie vir die blanke beskore is nie. Die barbaar en Moslem word soos ’n eregas ontvang, kry gratis huisvesting, maandelikse toelaes, en sy kultuur is die enigste wet wat geld. In die blanke stede is daar selfs gebiede wat vir die witman verbode is.

Die blanke se onbetwisbare posisie as die wêreld se uitnemendste en ‘hoogste’ nasie, is vir al die ander nasies ’n kwetsende belediging. Maar selfs onder ons eie medeblankes is daar linkse dwase soos die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, was eis dat die witman se ‘oppergesag’ (supremacy) beëindig moet word, want ‘in diversiteit (verbastering) lê ons sterkte’.

Daar moet dus iets aan die blanke wees wat hierdie weersin en ongekende haat voed en aanhits. Is dit sy kultuur, sy godsdiens, of dalk sy velpigment? Nee, ek glo dit lê veel dieper en dit reik tot by die kern van sy bestaan – sy onsterflike siel, want dis die één ding wat die skaapnasies van die boknasies onderskei.

Rassisme: swaard van die dwaas

’n Rasse-insident op die sportveld in Amerika het die onderskeid duidelik na vore gebring. Dit was toe ’n derderangse Amerikaanse Neger-voetbalspeler, Colin Kaepernick, verlede seisoen voor ’n wedstryd van sy klub, die 49ers, geweier het om op aandag te staan toe die Amerikaanse volkslied gespeel en die vlag gehys is, want dis simbole wat “staan vir ’n land wat swartes en gekleurdes onderdruk,” het hy gesê.

Hierdie voorval het veroorsaak dat Amerika vir die eerste keer in sy geskiedenis op ’n rassegrondslag (wit en swart) letterlik in twee geskeur is. In die verlede het die Amerikaanse blanke, net soos alle ander blankes, gedienstig maar die knie gebuig as mnr. swart barbaar net ’n wind gebreek het; of hom as ’n vuilgoed en wit skuim uitgeskel het; ja, selfs wanneer sy vrou, dogter of moeder deur hulle verkrag is, het hy dit gelate aanvaar, want die linkse dwaas kan niks verkeerd sê of doen nie! Maar toe gaan daag Neger se kind mos witman se balgod NFL uit, en word dié se eer en heiligheid aangetas! Dit was al wat nodig was om die jare lange onderdrukte rassis in mnr. blank Amerika dadelik en vreesloos op sy agterpote te laat spring. En meteens is die poorte van die hel oopgeruk! Daar is by my geen twyfel dat hierdie insient deur Adam se Skepper gebruik is om die wyses tot hul sinne te bring nie.

Gregg Popovich

Self pres. Donald Trump was buite homself van woede; hy het nie doekies omgedraai nie en geëis dat sulke spelers uit die span geskop word. Die meeste ander blankes was dit eens met hom; maar soos altyd was daar natuurlik die verloopte bokramme wat hulle aan die kant van die ‘veronregte’ Neger geskaar het. Soos die basketbalafrigter van San Antonio Spurs, Gregg Popovich. Hy het tydens ’n nuuskonferensie hom soos volg oor Amerika en die blankes uitgelaat:

“Ek is deeglik bewus van die rassisme onder blankes,” het hy gesê. “Die land wat ek, Popovich, ken en liefhet, is gevul met haat – die blankes se haat vir die swartes (in werklikheid is dit net andersom!) Mense, spesifiek die wittes, moet gemaak (gedwing) word om ‘ongemaklik’ te voel, want ons is ‘gemaklik’ (met ons voorkoms en alles wat ons tot stand gebring het). Bitter min verstaan of sal wil toegee dat daar iets soos ‘witbevooregting’ bestaan,” was sy woorde. “Ons het steeds geen idee wat dit beteken om blank gebore te wees nie. Dit is soos om ’n 50-meter voorsprong te kry in ’n 100-meterwedloop; en dis ’n gegewe omdat ons wit gebore is. Jy geniet sekere voordele wat sistematies, kultureel en psigologies daar is…”

Wat die stomme Gregg Popovich nie besef nie, is dat hy met sy onvergenoegdheid jeens medeblankes en deur sy eie wit vel te belaster, onwetend die verborge en ware identiteit van die blanke pertinent aan die lig gebring het – ’n voldonge feit wat nóg hy nóg sy swart broers ooit sal verstaan óf aanvaar.

Luk. 8:17 “Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.”

  1. Popovich en al sy linkses dwase wil hê die blanke moet gelykgestel word met al die ander nasies en ook met hulle vermeng. Maar die suiwer blanke is ’n opperste rassis; dus, rasbeskermd, soos wat sy Skepper van hom verwag. In Esra 9:2 lees ons dat hy as die ‘heilige geslag’ (die blanke Westerling) hom nie met ander volke (mag) vermeng nie.” Dan. 2:43 sê dit sal nie slaag nie, want “…hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.”
  2. Blankes moet ‘ongemaklik’ voel oor hulle witheid. Popovich suggereer hiermee dat die Neger se swart vel hom ‘ongemaklik’ laat voel. Dit grief hom ook dat blankes so ‘gemaklik’ is met hul voorkoms en omstandighede. Maar hoe kan hulle anders daaroor voel? Hulle is dan na die beeld en gelykenis van hul Maker geskape!
  3. Wat ‘witbevoorregting’ betref, is Popovich ook heeltemal reg, en die Almagtige bevestig dit Self vir ons in Deut. 10:15 “Maar net aan jou vaders het Yahweh ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê…” En boonop word hy nog voorgetrek ook: Deut. 7:14 “Geseënd sal jy wees bo al die volke…”
  4. Nee, meneer Popovich, jy is verkeerd: om wit gebore te wees, beteken nie om ’n 50 meter voorsprong in ’n 100 meter wedloop te hê nie, maar ’n volle 100 meter!

En noudat al die bokke hulle sê gesê het, kan ons ten slotte gerus luister na die Vader van Adam/Israel se finale betoog in hierdie saak:

Openb. 13:3 “En die hele wêreld (die linkse dwase bokke) het verwonderd agter die dier aan gegaan … (almal) wie se name nié van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nié.

“En Ek het die nasies van mekaar afgeskei: met my volk, Israel – die wyse skape – aan My regterhand en al die ander nasies – die dwase bokke – aan My linkerhand.

“Daarna het Ek vir my volk Israel ’n stad gebou met die naam ‘Nuwe Jerusalem’ (Openb. 21:2), met 12 poorte waarop net die name van die 12 stamme van die kinders van Israel geskrywe is, en die muur van daardie stad het 12 fondamente, en daarop was net die name van die twaalf apostels van die Lam geskrywe (Openb. 21:14). En in daardie stad het Ek net hulle toegelaat wie se name geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam – die regverdige kinders van Israel (Ps. 69:29) – die skape van My weiveld…” (Met dank aan Barry Booyens en Pieter Lewis vir hul insette).

Posted on 168 Comments

Dié drie plae kan Suid-Afrika doodbloei

Tot vandag toe vind geskiedskrywers dit onverklaarbaar waarom die Portugese seevaarders (‘n Rooms-Katolieke volk) baie jare lank vol ondernemingsgees heen en weer om die Kaap gevaar engeland het om vee te ruil en vars water in te skeep, sonder om dit eers te oorweeg om hier ‘n nedersetting te begin. Continue reading Dié drie plae kan Suid-Afrika doodbloei