
(Aangehaal uit Impact, Okt/Nov 1998)
Marion Barry, Burgermeester van die distrik van Columbia
“As jy die moorde wegneem, dan het Washington DC in werklikheid ‘n baie, baie lae misdaadsyfer.”
“Die wette van hierdie stad is duidelik rassisties. Alle wette is rassisties. Die wet van gravitasie is rassisties.”
“Die dapper manne wat in Viëtnam geveg het – waarvan méér as 100% swart was – was die hoogste offer wat ons mense kon bring!”
“Watter reg het die Amerikaanse Kongres om sommer te gaan wette maak bloot omdat húlle dink dis nodig?”
“Ek is ‘n GROOT burgemeester; ek is ‘n AGTERMEKAAR Christenmens; ek is ‘n INTELLIGENTE man; ek is ‘n HOOG GELEERDE man; ek is ‘n nederige man.”