
Die Natal Witness van Saterdag 30 Maart berig op bladsy 3 (foto bo) dat ondersteuningselemente van die Oos-Kaapse weermag op bystand geplaas is in Qunu, Nelson Mandela se tuisdorp.
Die soldate se funksie sal wees om te sorg dat krag, water en ander logistieke dienste daar beskikbaar is indien groot getalle mense in die nabye toekoms in Qunu toesak.
Mandela wat sedert middernag Woesdag in ‘n onbekende hospitaal opgeneem is, verkeer volgens die Natal Witness nie in ‘n goeie toestand nie, al het Mac Maraj dit ontken deur te sê “Mandela was in good spirits”.
Intussen het pres. Jacob Zuma weer op sy beurt op BBC die mense versoek om hulle nie so oor Mandela se toestand te bekommer nie. Hy het daarna in Zoeloe voortgegaan: “As iemand wat baie oud is, sterf, sê die mense hy het huis toe gegaan, en ek dink dis die dinge waaraan ons nou moet dink…” Hy en Winnie het Suid-Afrikaners en die wêreld ook gevra om vir Mandela en sy familie te bid en hulle in hul gedagtes te hou.
Die twee en hulle volgelinge ken net die voorvadergeeste, en sover ons weet, is daar nog nooit ‘n gebed uit die Onderwêreld verhoor nie. Dus wil ons voorstel dat Mandela hom maar solank gereed moet maak vir sy hellevaart na die ryk van Hades.
Uit ‘n ander bron het ons verneem dat ambassades in Suid-Afrika nou konstant met die president se kantoor in verbinding is oor Mandela se toestand.
In verband met die Mandela-kwessie wil ek graag u aandag vestig op enkele gedagtes hieroor wat ek van mnr. Jaap Kelder (van die BBV − Belastingbetalersvereniging) ontvang het. Aan die einde het hy ook vir ons ‘n stukkie baie goeie raad. Hy sê:
“Die volgende is feite —
“1. Dat Mandela ‘n wereldfiguur is, is ‘n feit.
“2. Dat hy oud is, 94, is ‘n feit.
“3. Dat hy die laaste tyd meer gereeld in die hospitaal is, is ‘n feit.
“4. Dat hy, soos alle mense, eendag moet doodgaan is ‘n feit.
“5. Dat dit enige oomblik kan gebeur is ‘n feit.
“6. Dat daar weermag voertuie en tenks op lae bak leunwaens rond vervoer word, is ‘n feit. Ek het persoonlik al ‘n paar van die voertuie in die Oos-Rand gesien.
“Wat egter nie feite is nie en waaroor net gespekuleer kan word is die vraag wat die swart mense gaan doen die dag wat Mandela dood is. Gaan die gewelddadige betogings wat ons met die landwye vervoer staking en die landbou staking in die Wes Kaap verlede jaar gesien het weer plaasvind? Die kanse daarvoor is sekerlik baie goed. Enige verskoning is goed genoeg om te toi-toi, roof en plunder! Die onlangse gebeure op Sasolburg is ‘n goeie voorbeeld.
“Die vraag is dus wat het die gemiddelde man/vrou gedoen om ‘n moontlike onrus situasie die hoof te bied ? Is nood voorrade kos, kontant en brandstof in plek? Na ons beskeie en moontlik oningeligte mening , nie veel nie en dit is seker die mees kommerwekkende gedeelte van die hele scenario.
“Graag wil ons weer al die BBV’s ten sterkste aanmoedig om noodplanne in plek te stel. Net vir die wis of onwis.”