Posted on 4 Comments

Dr. Willie Marais-visioen: mislukte staatsgreep

Liewe volksgenote

Die onlangse skeuring tussen die Suidlanders en Wynand du Toit se groep (Suidland Burgerlike Beskerming) het soveel twyfel, verwarring en onsekerheid onder ons behoundende volksgenote veroorsaak dat baie van hulle skielik nie meer weet herwaarts of derwaarts nie. Continue reading Dr. Willie Marais-visioen: mislukte staatsgreep

Posted on 5 Comments

Siener en Nasionale Intelligensie se verraad

Hierdie video is ‘n verkorte en geredigeerde weergawe van ’n gewese Nasionale Intelligensie amptenaar, Desmond Bernardo (OODEZZ), se tweede video wat hy oor Siener van Rensburg se gesigte vrygestel het. Continue reading Siener en Nasionale Intelligensie se verraad

Posted on 3 Comments

Onthulling oor sameswering tussen NIA en die ANC

Ek het die onderstaande skrywe van iemand ontvang wat vroeër glo vir Nasionale Intelligensie gewerk het. Ek plaas dit hier onveranderd en sal bly wees as iemand dit miskien kan bevestig of bykomende inligting daaroor kan verstrek

Hoewel ek nie die persoon se naam wil bekend maak nie, gee die detail en omvang van die inligting wat hy verskaf, my die indruk dat daar tog waarheid kan insteek.

Elkeen moet maar self besluit hoe hy of sy daaroor voel.

“Dit het alles begin na die verskyning van u boek Boodskapper van God, waarin Siener se gesig van 4 April 1915 beskryf word. Siener het ’n gesig gehad van ’n belangrike man wat sterf en gesien hoe sy kis in die graf afsak. Daarna het vure opgespring wat oor die land versprei het. Vure is geweld.

“Ons (NIA) was toe al bewus van ’n moordplan teen blankes wat deur sekere verlinkse groepe in die ANC in die geheim beplan word. Maar op ’n vergadering met senior ANC lede het ons voorgegee dat ons niks daarvan weet nie. En het toe die voorgestel gemaak dat as daar so ’n plan bestaan, die ANC alles moontlike moet doen om dit te keer, want as dit gebeur, sal dit vêrregses blankes daarvan oortuig dat Siener van Rensburg ’n regte profeet is en dit kan hulle aanspoor om in opstand te kom en ander gesigte van Siener probeer forseer om te gebeur.
“Ons het toe voorgestel dat die ANC moet begin om die blankes bang te maak deur valslik aan hulle te sê dat hulle doodgemaak gaan word die dag as Mandela begrawe gaan word.
“Baie blankes sal dit glo en party sal geld spandeer om noodvoorraad vir daardie tyd bymekaar te maak; ander sal weer hoop die polisie en weermag gaan hulle beskerm en nog ander sal op die vlug slaan.

“Maar die belangrikste is dat die ANC sy mense daarvan moet oortuig dat daar na die begrafnis geen bloedvergieting moet wees nie, want dit sal maak dat die blankes glo Siener was verkeerd en dat hy ’n valse profeet is. Hulle sal hulle dan nie verder aan sy gesigte steur nie en die ANC regering aanvaar.

“Party ANC lede op die vergadering wou eers nie hiervan hoor nie omdat hulle geweet het Mandela is self besig om die mense op te steek om na sy dood die blankes aan te val en dood te maak.

(Die skrywer van Dokument-X, Gunter Schickelgruber (wat Xhosa goed verstaan en praat, het onder andere gehoor hoe Mandela tydens ‘n ANC vergadering aan sy ondersteuners sê: “Julle moenie glo wat ek van die verhoog af verkondig nie, want julle weet wat om te doen wanneer ek die dag sterf.’)

“NIA het toe self ’n slagspreuk voorgestel wat swartes kan gebruik om blankes mee te intimideer. “The day Mandela dies, wê will kill you whites like flies.”
“Dit is deur baie swartes gedoen en selfs blankes kinders is in die skole daarmee gedreig.

“NIA se plan het toe gewerk, want na die Boeremag se bomaanvalle en hulle misluk het om Mandela te vermoor sodat die profesie bewaarheid kan word, was daar geen verdere bedreiging van vêrregse kant nie.”

“Vyf lede van die Boeremag het in Oktober 2002 probeer om Mandela met ʼn tuisgemaakte bom om die lewe te bring, die poging het misluk en in die proses is net Claudia Mokone van Soweto deur ʼn vlieënde stuk staal getref en gedood.

“Maar na al die jare kan ek my nou nog nie vergewe dat ek deel was van daardie NIA-sameswering nie…”

Slotgedagte

Hierdie skrywe het hy aan my gerig na aanleiding van prof. Andries Raath en Rudie Rousseau se onlangse aanval op my skryfwerk i.v.m. met Siener se gesigte, en my daaropvolgende antwoord aan hulle.

Hy sê dit het hom daartoe genoop om sekere belangrike gebeure wat vóór Mandela se dood, plaasgevind het, aan my bekend te maak. Hy was self daarby betrokke.

Ek wil dit hier net duidelik stel dat hy verkeerd was wat betref ons aanvaarding van die ANC regime, ons het dit tot vandag toe nog nie gedoen nie — inteendeel, ons verwerp hulle nou nog met groter weersin en veragting as destyds!

Ter aanvulling: Die infiltrasie van Boere organiasies deur NIA lede asook die verreikende gevolge daarvan kan ook gesien word in ‘n Siener reeks deur 00DEZZ. Die laaste gedeelte in die hierdie video (vanaf ongeveer 17:50) is veral relevant.

Omdat geweld nie met Mandela se dood uitgebreek het nie, beteken dit egter nie dat daardie visioen se tyd uitgeloop het nie; iewers ’n die toekoms gaan ’n belangrike swartman nog op die een of ander wyse te sterwe kom (waarskynlik gewelddadig), en dan sál hierdie gesig ’n skrikwekkende werklikheid word, want soos ek al vantevore gesê het, ’n profesie het geen vervaldatum nie.

Siener is as wagter op die muur gestel om die basuin daaroor te blaas, sodat ons, sy volksgenote, dit moet wéét en ons nie onverwags deur die nag van onheil oorval word nie.

Maar hy het nie in die visioen gesien dis ’n swart man wat gaan sterf nie, tog is dit ’n heel logies afleiding, want daar het nog nooit in ons geskiedenis met die dood van ’n ‘belangrike’ blanke held of volksleier, geweld in die land uitgebreek nie — nie eens met die koelbloedige moord op dr. HF Verwoerd nie.

Prof. Raath self het ook hierdie gesig van Siener verklaar as rewolusie en oorlog wat na ’n begrafnis in die land sal uitbreek.

Ons verneem daar bestaan ’n sterk moontlikheid dat prof. Andries Raath deel sal wees van Siener se gemengde tussentydse- of doringbosregering wat hy voorspel het, en nog iewers in die toekoms sy verskyning gaan maak.

Flip Buys, hoof van Solidariteit, het reeds op Saterdag 10 Oktober 2015 in Pretoria tydens hulle Toekomsberaad openlik daarmee gespog dat hulle (Solidariteit en AfriForum) R3.5 miljard gaan spandeer om, wat hy genoem het, ‘n ‘parallelle’ regering daar te stel.

Wat Koeberg betref: ’n Vooraanstaande geoloog, Beyers van Niekerk, het spesifiek navorsing gedoen oor die voorkoms van interkontinentale breuke in die aardkors rondom Suid-Afrika en hoe dit ons kan raak as daar ‘n groot aardbewing sou kom. En volgens hom sal daar wel ‘n baie sterk aardbewing op die een of ander stadium hier plaasvind. Die verwagte sterkte daarvan sal in die omgewing van M 8.5 tot M 9.0 wees!

Daar loop ’n baie groot breuk van Groenland af verby Ierland, deur die bog bo in Wes-Afrika en dan al langs die weskus af en uiteindelik draai dit in Koeberg se omgewing ooswaarts tot by DF Malan lughawe, waar ’n paar breuke op daardie punt bymekaarkom, waaronder ‘n (tweede) baie groot een van die suidpunt van Argentinië af. Volgens Van Niekerk sal die verwagte aardbewing verwoestend wees (selfs Koeberg sal nie bly staan nie), die skiereiland sal onder die water verdwyn en  Tafelberg sal dan ‘n eiland wees.

Die bekende teoloog, wyle Dr. Willie Marais, het in sy boek, ‘n Man van God Gestuur, ’n visie beskryf wat hy gehad het en waarin hy ook gesien het dat ’n reuse-aardskudding die skiereiland tref waarna Kaapstad onder die water verdwyn en Tafelberg ‘n eiland word.

Posted on 41 Comments

Die harige langsnoet lig weer sy kop!

Ek is al dikwels daarvan beskuldig dat ek, soos ‘n ashoopdonkie, te verdraagsaam, te lankmoedig en te geduldig is; maar selfs ‘n ashoopdonkie bereik soms die punt wat hy nie anders kan as om dan en wan ‘n kakebeenhou te skop nie! En ek is jammer om te sê, maar hierdie ashoopdonkie het nou daardie punt bereik. Genoeg is genoeg! Continue reading Die harige langsnoet lig weer sy kop!

Posted on 76 Comments

Veiligheidsmagte het hulle met Siener misreken

Nasionale Intelligensie, die polisie en die ANC besef vandag dat hulle hul heeltemal met Siener van Rensburg se visioene misreken het. Met die verskyning van die eerste publikasies oor sy gesigte in 1992/93 was hulle oortuig daarvan dis sommer ‘n klomp snert en dat die volk hulle glad nie daaraan sou steur nie, en so het hulle hul kans verspeel deur nie te doen wat genls. Botha en Smuts gedoen het nie: om die gesigte van die volk af weg te hou.

Continue reading Veiligheidsmagte het hulle met Siener misreken

Posted on 22 Comments

Dowes, blindes van Volkswa afgeboender

Onderstaande e-pos is anoniem aan ons gestuur:

Baie blankes wat ontnugter voel oor Adriaan Snyman se uitsprake, wil nou terugsit.  ek kan dit verstaan want die man en sy organisasie is totaal onskriftuurlik.  Hy het soveel van ou Siener se goed totaal verdraai en die pervert is nou besig om dit net stilletjies weereens te draai om homself te pas… Continue reading Dowes, blindes van Volkswa afgeboender

Posted on 8 Comments

Beplande Nasionale Intelligensie komplot word bewaarheid

Onder die opskrif: Die Nasionale Intelligensie beplan tweede Boeremag-insident, het ons reeds op 14 September 2012 die volgende waarskuwing uitgereik:
“Ons het pas die volgende inligting van ‘n baie betroubare bron ontvang: Continue reading Beplande Nasionale Intelligensie komplot word bewaarheid

Posted on 20 Comments

Nasionale Intelligensie beplan tweede Boeremag-insident!

Ons het pas die volgende inligting van ‘n baie betroubare bron ontvang:

  1. Die Nasionale Intelligensiediens beplan om ‘n tweede Boeremag insident op blanke regsgesindes te trek. Van ons mense sal onwetend ingesleep word by ‘n valse aanslag (false flag) op die ANC-regime; waarna tallle regses in hegtenis geneem sal word. U word dringend gewaarsku om glad by enige soort ‘opstand’ betrokke te raak nie. “Ons bron se advies is om kos bymekaar te maak en gereed te wees om na veiligheid uit te wyk wanneer u voel dat die stakings, geweld en intimidasie in die land u veiligheid-situasie bedreig.” Continue reading Nasionale Intelligensie beplan tweede Boeremag-insident!