Posted on 42 Comments

Die nag kom nader…

“Daar is iets nie pluis omtrent die huidige landswye kragonderbrekings nie; iets wat maak dat ek net nie die kloutjie by die oor kan bring nie; en ek kry al hoe meer die gevoel dat die gevaarligte wat nou skielik so aanhoudend flikker vir ons méér wil sê as net dat die kragnetwerk te enige tyd in duie kan stort.” Dis die onrusbarende mening van ‘n anonieme oud-Eskomwerker. Continue reading Die nag kom nader…

Posted on 4 Comments

Nuusflitse oor Mandela se dood

Ons gaan u in die komende dae deurgaans op die hoogte te hou van gebeure rondom Mandela se dood. En ons versoek lesers om ook asseblief inligting aan ons deur te gee. Dit is in belang van ons almal.

  1. Pres. Zuma het bekend gemaak dat die begrafnis op Sondag 15 Desember sal plaasvind. Ons het agt jaar gelede al gesê dat dit sal gebeur, want hy op Sondag 11 Februarie 1990 uit Victor Verster vrygelaat. Ons het in dieselfde Vaandeldraer ook voorspel dat dit tydens ‘n skoolvakansie kan wees.
  2. Verskeie mense het laat weet dat hulle gedurende die nag geweerskote in die lokasie gehoor het.
  3. By Hammanskraal het gevegte tussen plaaslike swartes en Zimbabwiërs uitgebreek.
  4. ‘n Aantal paaie in die Oos-Kaap is reeds met padblokkades afgesper – dit sluit in die pad tussen Umtata-lughawe en Qunu, en die nasionale pad van PE na Oos-Londen.
  5. Die groot mynstaking begin in Januarie
  6. Mandela se kadawer is na 1 Militêre Hospitaal geneem – daar is die bestoegruste balsemkliniek.
  7. Hy sal in staatsie in Pretoria lê in ‘n glaskis – net soos wat Siener geprofeteer het.

‘n Gedenkdiens word in die JHB Sokkerstadion gehou.

Koningin Elizabeth: Mandela se nalatingskap is die vreedsame naasbestaan wat Suid-Afrika tans ondervind!

Posted on 4 Comments

As die karre op die bulte staan!

Op 1 Augustus 1914 het Siener ‘n klomp mense (blankes) gesien wat opstandig raak, met “geweers aanlê” en dreig om te skiet. Dit is die begin van blanke weerstand. Dan verskyn daar twee syfers 1 en 7 (17) – dis interessant dat daar nou al 17 (1994-2011) jaar verloop het nadat die gladgeskeerde (verraaier) en sewende leier van die NP onderhandel en oorgegee het (die sewe word ‘n mens). Mnr. Boy Mussmann voeg hierby dat die volk nou (terwyl die rooi kielhouer oor ons gaan) sal begin om bymekaar te staan. In ‘n ander gesig het Siener gesien hoe hy en sy dogter Anna met haelgewere op Johaanesburg mik: Ek (Anna) en Nicolaas staan met dubbel loop haal geweers en mik op Johannesburg. (Hulle maak gereed vir oorlog).

Continue reading As die karre op die bulte staan!