
In Genesis 25 lees ons van Rebekka wat aan twee nasies geboorte sou gee; twee nasies wie se paaie dwarsdeur die geskiedenis byna parallel sou loop, maar die een sou die duisternis verteenwoordig en die ander die lig. Die vraag is nou: wie is hierdie twee nasies?
Gen. 25:21-27: “En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar ‘n tweeling in haar skoot. En die eerste is gebore—rooi, geheel en al soos ‘n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem. En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. En die seuns het opgegroei: Esau het ‘n ervare jagter geword, ’n man van die veld; maar Jakob was ‘n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
Na sy verrassende oorwinning op 26 Mei 1948 verkry die Nasionale Party beheer oor Suid-Afrika en staan bekend as die Afrikaner- of Boerenasie. ’n Volk wat soos Jakob die insettinge en verordeninge van sy Skepper op die tafel van sy hart (wetboek) bewaar het.
Die Britse mandaat om die destydse Palestina te beset het 12 dae vóór die NP oorwinning (op 14 Mei 1948) ten einde geloop en toe het die Jode die beheer oorgeneem en van toe af het hulle ook bekend gestaan as die ‘Israelies’.
In die Tel Aviv-museum was daar om vieruur die middag ’n groep van 350 toeskouers, wat ’n geheime uitnodiging ontvang het, hulle sou teenwoordig wees vir ’n aankondiging waarna daar gretig uitgesien is – die formele verklaring van die hedendaagse Israeli nasie tot ’n staat. Die Verenigde Nasies het al die vorige jaar die skepping van ’n onafhanklike Joodse staat in ’n deel van die besette gebiede goedgekeur.
David Ben-Gurion, die leier van Israel se Nasionale Raad, het Die Verklaring van die Stigting van die Staat Israel voorgelees. Dit het deels gelui: “Ons, die lede van die Volksraad, verteenwoordigers van die Joodse Gemeenskap van Eretz-Israel … verklaar hiermee, op grond van ons natuurlike en geskiedkundige reg en kragtens die Resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, die stigting van ’n Joodse staat in Eretz-Israel, wat as die staat Israel bekend sal staan.”
Met die gesindheid van ’n Esau word die Israel Staat sedertdien bestuur as ’n sekulêre demokrasie wat amptelik geen aanspraak daarop maak dat dit op die God van die Bybel vertrou nie! Nie die naam van God of selfs die woord ‘God’ word enigsins in die oorspronklike teks van David Ben-Gurion se verklaring gemeld nie. Selfs die bestaan van die Messias word steeds deur die Israeliese regering ontken.
Tog is daar talle Evangeliese Protestante, soos o.a. John Hagee, wat glo dat die ontstaan van die hedendaagse Israeliese Staat ’n Bybelse profesie vervul het. In sy boek Jerusalem Countdown, sê Hagee die volgende: “Hierdie gedenkwaardige geleentheid is voorspel deur die profeet Jesaja, wat gesê het: ‘’n Nasie sal op een dag gebore word’.” – Jesaja 66:8.
(Net so weet ons vandag ook dat die Voortrekkers met die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838, ook as ‘nasie’ (die ‘Boervolk’) op een dag tot stand gekom het).
Pas na die vestiging van die Israeliese Staat, het die omliggende Arabiese nasies gesweer dat hulle dit ten alle koste sou verhoed. “Die skeidslyn sal niks anders wees nie as ’n lyn van vuur en bloed”, het die Arabiese Bond gewaarsku. (Dit was die begin van ’n bloedige opstand teen die moderne Eusau se heerskappy).
Daar was al spanning en konflik tussen die Arabiere en die Jode, en tussen hulle en die Britse magte, sedert die Balfour-verklaring van 1917 en die 1920-skepping van die Britse Mandaat van Palestina.
Skaars ’n jaar na die vestiging van die Israeliese Staat, breek die eerste Arabiese-Israeliese Oorlog in 1948 uit in ’n verwoede geveg tussen die nuutverklaarde Israeliese Staat en ’n militêre koalisie van Arabiese state oor die beheer van die voormalige Britse Palestina. (1948 was ook die jaar waarin die Boervolk (die hedendaagse Jakob) as vredeliewende nasie in sy tente in Suid-Afrika sou woon).
Dit was ook die begin van Esau, die ‘jagter’, se jagseisoen, wat oor die verloop van jare net toegeneem en al hoe meer wreedaardig geraak het. Vandag word selfs Palestynse kinders nie ontsien nie en genadeloos op hulle jag gemaak.
In teenstelling hiermee was Esau se broer Jakob (die Boer), steeds as die eintlike sondebok en misdrywer van die wêreld beskou. Hulle het hom van al sy regte, sy besitting, sy vryheid beroof. Ook sy drie Boererepublieke waarvoor hy met sweet, bloed en trane betaal het, is hom ontneem. Maar ondanks dit alles, het hy nooit gemurmureer nie; het hy nog altoos vredeliewend van aard gebly; nog altoos vergewe, nog altoos die ander wang gedraai, en ook nooit gevat wat nie syne is nie. Maar selfs toe hy in 1994 van alles ontneem is, as volk ‘dood’ verklaar is en kaal gestroop is, het hulle hom steeds met die vuis bygedam, nog steeds vervolg en gejag.
Esau het vir hom ’n Hetitiese vrou gevat en ’n basternasie voortgebring. Net soos wat sy nakomelinge die Jode, vandag ’n basternasie is. Die Boer is ’n spruitsel, stiggie van die room van Europa se blankedom wat Hy hier oorkant die riviere van Kus kom plant het (Sefanja 3:10).
Maar daar is nog vele ander parallelle tussen die broers Esau en Jakob (die Jode en die Boervolk):
- In 1966 begin die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, ook bekend as die Angola-Bosoorlog. Suid-Afrika het geen ander keuse gehad as om sy noordelike grens te beskerm nie, en om dit te doen, moes hy Swapo die stryd aansê en later ook by die konflik in Angola betrokke raak. Hy en sy weermag moes dus ‘tyd koop’ om ’n ‘kommunistiese oorname’ in Namibië én Suid-Afrika te voorkom. Maar die stryd was tevergeefs en hy het geen aks grond daarmee verower nie.
- Die jaar daarna (1967) breek die Sesdaagse oorlog tussen die Jode en die Arabiese lande uit. Dit lei tot die Israeliese oorname van die Gasastrook, die Sinai-skiereiland van Egipte, die Wesoewer van die Jordaanrivier en Golan-hoogland van Sirië. (Interessant dat die Burger in 1967 die volgende te sê gehad het: “Israel en Suid-Afrika is in ’n stryd gewikkel om voort te bestaan”).
- Ons lees in Jos 24:4 “en aan Isak het Ek Jakob en Esau gegee, en aan Esau het Ek die gebergte Seïr (die gebied tussen die Dooie See en die Golf van Akaba aan die noordelike punt van die Rooisee) gegee om dit in besit te neem; maar Jakob en sy kinders het na Egipte (Afrika/Suid-Afrika) afgetrek”.
Gen. 33:4 “Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.” (Gedurende die apartheidsera het Eusa weer hierdie omgee-liefde openbaar toe hy feitlik die enigste volk was wat die Boernasie weer (soos daar by die Jabbok) tegemoetgekom het): - ’n Ondersoek deur die Guardian koerant het aan die lig gebring dat daar in daardie jare ’n geheime ooreenkoms tussen Israel en SA was vir die ontwikkeling van kernwapens.
- SA het in 1977 sowat 50 ton uraan aan Israel gegee vir 10 gram tritium wat nodig is om die plofkrag van kernbomme te verhoog.
- In die tagtigerjare het die twee lande weer saamgespan om ’n ballistiese missiel te ontwikkel wat kernbomme kon afvuur.
- Die Israelies het die Kafira vegvliegtuig ontwerp, terwyl Suid Afrika die Cheetah ontwikkel het. Albei is gebaseer op die Mirage. En daar is ’n opvallende ooreenkoms tussen die twee.
Israel se Kfir C-2 Atlas Cheetah van Suid Afrika - Dis opvallend hoedat daar altyd ‘n verband was tussen wat met die Jode gebeur en wat ons as volk hier ondervind. Ons het albei ons ‘vryheid’ in 1948 gekry. Wanneer die Jode in ‘n oorlog betrokke was, was ons ook in ‘n konflik betrokke. Soos bv. in 1967. Die vraag is nou wanneer die Jode weer gaan betro0kke raak by ‘n oorlog in die Midde-Ooste, of ons dinge nie dalk ook hier gaan “begin”, soos Siener van Rensburg voorspel het nie? Miskien is dit iets om dop te hou…
Suid Afrika as Boervolk was in sy vredeliewende tentwoner dae, berug vir sy ‘rassisme en apartheidsbeleid’. Dit is dan ook in 1973 deur die internasionale gemeenskap tot “misdaad teen die mensdom” verklaar. Net so word dieselfde woorde vandag gebruik vir die Jode se houding teenoor die Palestynse bevolking. Daar is selfs ’n skeidingsmuur van 700 kilometer langs die Gaza-strook opgerig.
Net soos Jakob in die Bybel die éérste persoon van sy dag was om ’n gelofte voor God by Bet-el af te lê (Ge. 28:20), net so was die Boervolk weer die eerste moderne nasie om ’n gelofte voor God by Bloedrivier af te lê.
Die Jode word vandag deur die wêreldkerk geloof en geprys as God se volk, terwyl God by monde van sy profeet Siener van Rensburg, gesê het: “Óns is God se volk.”
Vraag: na wie moet daar dan geluister word? Die wêreldkerk of die Almagtige Vader?
Alles in aanmerking geneem, wil dit tog lyk of die Jode en die Boervolk na alle waarskynlikheid Esau en Jakob kan wees.
Elkeen het sy seëninge ontvang, maar net een was bestem vir die belofte.
(Met erkenning aan my seun Gustav wat die gedagte geopper het)