Agtergrond
Toe Nelson Mandela op Woensdag 26 Januarie tot die Milpark-hospitaal toegelaat is, is daar ‘n sluier van geheimsinnigheid oor alles getrek – geen foto’s of beelmateriaal van hom is gepubliseer of vertoon nie, en in verskeie koerante en op TV is berig dat sy toestand kommerwekkend is. Daardie selfde nag nog het dosyne plaaslike en buitelandse joernaliste, verslaggewers en TV-personeel buite die hospitaal en bo-op die Barry Hertzog-oorbrug gewaak om nuus oor sy toestand te kry, maar amptelik het daar ‘n doodse stilte geheers. En toe, op Saterdag 29 Januarie, publiseer die Daily Voice van Kaapstad, ‘n volbladberig onder die opskrif HY IS GONE! Daarin beweer hulle toe nie net dat hy dood is nie, maar haal ook senior ANC-lede aan wat dit openlik erken en bevestig. Continue reading Mandela: die kat kom terug?