Posted on 243 Comments

Siener: Ek noem vir julle die tekens

Op ‘n vraag van mnr. Boy Mussmann  aan Siener wanneer die Derde Wêreldoorlog gaan uitbreek, was sy antwoord: “Handelinge 1:7 sê vir ons — ‘Dit kom jul nie toe om die tye en geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie…’ Daarom noem ek nie vir julle ’n datum nie, maar ek noem vir julle die tekens en daaraan sal julle weet wanneer die Derde Wêreldoorlog gaan uitbreek.” Continue reading Siener: Ek noem vir julle die tekens

Posted on 14 Comments

As goed en sleg plekke ruil

Deesdae is dit ‘n alledaagse verskynsel om in gesprekke te hoor hoedat “sleg” opgehemel word as “goed”, en andersom. En as jy dit durf waag om te sê dis uit die bose, word jy dadelik uit die geselskap geboender as ‘n verregse ekstremis. Want sien, diegene wat tot insig gekom het dat alles wat onder die ou bedeling “verkeerd” was nou “reg” is, is tog almal gesiene, voorbeeldige, ja, en meestal ook getroue “kerkmense” – m.a.w. “goeie mense”. Wie en wat is ‘n “goeie mens”? Selfs ons Messias het gesê net die Vader is “Goed”. Continue reading As goed en sleg plekke ruil