Posted on 33 Comments

Koeberg: publiek in duister oor noodplan

Eskom het Saterdagaand (23 Februarie 2013) op e-TV-nuus ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om eletrisiteit spaarsaam te gebruik, aangesien een van die reaktors by die aanleg weer Vrydag afgeskakel het weens “onbekende probleme”. Dit was die 12de keer dat een van Koeberg se eenhede sedert 2008 outomaties afskakel. Continue reading Koeberg: publiek in duister oor noodplan

Posted on 15 Comments

Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?

Twee jaar gelede het Eskom, as deel van sy voortdurende opgraderingsplan, by Koeberg Kragstasie die staafvertoonsisteem vervang met die nuutste Siemens MP277 kontakskerm, asook ander Siemens-komponente. En toe Eenheid 2 van Koeberg skielik vanjaar op 5 September 2011 outomaties afskakel, was die personeel oortuig die nuwe Siemens het betyds ‘n ramp afgeweer. Maar die volgende dag het ingenieurs van Eskom ure bestee om te bepaal wat die oorsaak daarvan was, en al wat hulle  kon vasstel, is dat een van die sentrifuges (toldroërs) se wentelspoed om die een of ander rede skielik versnel het en dat dit toe deur die outomatiese spoedreguleerder afgeskakel is. Continue reading Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?

Posted on 72 Comments

Turbine Ontploffing by Duvha

Klik asseblief op ‘n foto om te vergroot

Dit was nie eintlik vir die publiek bedoel nie maar dit is ongelooflik dat fotos soos hierdie steeds kan uitkom selfs nadat Eskom ‘n kombers van geheimsinnigheid oor die hele insident gegooi het.

So, ek het uitgevind wat by Duhva gebeur het.

Continue reading Turbine Ontploffing by Duvha

Posted on 32 Comments

Aardbewings sal Japan verwoes

Mnr. Boy Mussmann vertel hoe hy dikwels voor oom Nicolaas se brakdakhuisie op Rietkuil op ’n veldstoeltjie gesit en luister het na die Siener se beskrywing van die lotgevalle van die nasies. “En om te dink hy was ’n ongeletterde man wat geen tydskrif of koerant gelees het nie; hy het ook geen geskiedenis van die nasies geken nie, maar hy het alles van hulle geweet.

Continue reading Aardbewings sal Japan verwoes