Posted on 84 Comments

Judas-loon

In Beeld van 28 Mei 2014 word berig dat die vier staatsadvokate wat tien jaar lank alles in die stryd gewerp het om die Boeremag-beskuldigdes aan hoogverraad skuldig bevind te kry (dit was die doel!), is as die Vereniging van Staatsadvokate se staatsadvokate van die jaar aangewys. (Daar sal vir die 20 Boerremaglede natuurlik geen sprake wees van ‘n Schabir Schaik-genade nie!) Continue reading Judas-loon

Posted on 6 Comments

2de ope brief aan Cemoné

My liewe Cemoné

‘n Vriendin het aan my die “ope brief” gestuur wat daardie man van Beeld (Basson) op 30 Oktober vir jou geskryf het (Ope Brief); en ek was so bitterlik ontsteld oor die manier waarop hy jou in sy brief beledig, te nagekom en seergemaak het, dat ek besluit het om self ‘n brief aan jou te skryf, want hierdie saak het ook ‘n “anderkant” wat daardie man te papbroekig is om selfs net te noem. (Ek verwys na hom as “daardie man”, want praat ek van hom as “daardie oom”, beteken dit ek respekteer hom; en respek, my kind, kom nie vanself nie, jy moet dit “verdien”!) Continue reading 2de ope brief aan Cemoné