
(Uittreksel uit die vaandeldraer)
[Skryf in op ons nuusbrief]
Mao Tse-Tung het die taktiek om gewone burgers as vegters te gebruik vir die eerste keer self gebruik en dit toe die “People’s War” genoem. In Vietnam het generaal Vo Nguyen Giap die taktiek vervolmaak. Die ANC het Giap besoek en pas dit nou hier toe.
Die gebruikmaak van gewone vroue en kinders in aanvalle teen soldate het baie voordele. Dit gee die burgerlikes basies vrye teuels om te doen wat hulle wil, want as die soldate sou terugveg teen hulle, tree hulle teen die bepalings van die Geneefse Konvensie op en elke dooie vrou of kind sal gebruik word om nog meer rekrute te werf.