Posted on 46 Comments

“Ons sal nie luister nie!”

Ons volk bevind hom vandag in die donkerste uur van sy bestaan, ‘n krisis soos daar nog nooit was nie, maar ons wil dit nie hoor, sien of daarvan weet nie! Ons gryp desperaat, wanhopig na die strooistingels wat die media, kerk en politici as reddingboei na ons toe uitgooi.

Nog minder wil ons hoor of weet van die waarskuwings wat die Almagtige by monde van sy profete aan ons gegee het: “Bekeer julle van jul verkeerde weë, en Ek sal julle uitred…” Continue reading “Ons sal nie luister nie!”

Posted on 27 Comments

Obamacare — afskop vir 666

Sedert pres. Barak Obama se “Bekostigbare Gesondheidsplan” (Obamacare) in 2010 op die wetboek geplaas is, was daar nog nie ‘n dag dat Amerikaners nie hand en tand daarteen geveg het nie. Die vraag is hoekom baklei teen ‘n skema wat vir “almal” net voordele inhou? Of is daar ‘n dalk rot in die meelsak? Die verslag beslaan 33 000 bladsye waarvan 11 000 “regulasies” is. Sou jy die fout maak om dit te wil druk, sal die stapel ‘n meter hoog staan! Continue reading Obamacare — afskop vir 666

Posted on 4 Comments

As die karre op die bulte staan!

Op 1 Augustus 1914 het Siener ‘n klomp mense (blankes) gesien wat opstandig raak, met “geweers aanlê” en dreig om te skiet. Dit is die begin van blanke weerstand. Dan verskyn daar twee syfers 1 en 7 (17) – dis interessant dat daar nou al 17 (1994-2011) jaar verloop het nadat die gladgeskeerde (verraaier) en sewende leier van die NP onderhandel en oorgegee het (die sewe word ‘n mens). Mnr. Boy Mussmann voeg hierby dat die volk nou (terwyl die rooi kielhouer oor ons gaan) sal begin om bymekaar te staan. In ‘n ander gesig het Siener gesien hoe hy en sy dogter Anna met haelgewere op Johaanesburg mik: Ek (Anna) en Nicolaas staan met dubbel loop haal geweers en mik op Johannesburg. (Hulle maak gereed vir oorlog).

Continue reading As die karre op die bulte staan!