Posted on 3 Comments

Die Godspraak – twee profesieë

Die dag toe ek Siener van Rensburg se visioene in die herf van 1990 ontdek het, het die lewe skielik vir my en my oorlede vrou Annelize, ‘n heel nuwe betekenis gekry. Van daardie dag af was alles wat ons gedoen het, nie net gebind deur ons geloof in die Almagtige en ons liefde vir ons volk nie, maar ook om te veg vir ons volk se voortbestaan. En dit sou net gebeur as ons doen wat God se profeet Siener, vir ons gesê het: “Verootmoedig julle en keer terug tot God.” Continue reading Die Godspraak – twee profesieë

Posted on

Die Gelofte-belydenis

Op Woensdag 16 Desember 2015 sal die wat daartoe geroep is, die nasate van die Trekvolk, nie net weer die Gelofte aflê nie, maar daardie dag ook as ‘n Sabbatdag deurbring, terwyl die wat nie daartoe geroep is nie, Versoeningsdag saam met die vyand sal vier. Continue reading Die Gelofte-belydenis

Posted on 340 Comments

Hoekom ‘n tweede Bloedrivier?

Ek dink ons almal ken in breë trekke die gebeure wat op 16 Desember 176 jaar gelede afgespeel het. Daarom wil ek hier eerder kyk na die agtergrond van daardie gebeure. Hoekom het dit plaasgevind? Hoekom was ‘n Bloedrivier nodig? Hoekom het niks sedertdien verander nie? Hoekom het die Trekkers geglo hulle is Israel in Egipte, en ten slotte, wat is die betekenis van die Gelofte vir ons as Boervolk? Continue reading Hoekom ‘n tweede Bloedrivier?

Posted on 57 Comments

Mandela en die profetiese tydlyn

Die vraag wat sedert verlede week se bekendmaking van Mandela se dood en begrafnis herhaadelik gevra word, is of sy verdwyning onder die sandkombers uiteindelik die vervulling gaan wees van Siener se gesig van 4 April 1915 en Johanna Brandt se visioen van ‘n jaar en agt maande later? Continue reading Mandela en die profetiese tydlyn

Posted on 17 Comments

Die man in die bruin pak klere

Om die MAN IN BRUIN se rol te kan verstaan, moet ons eers besef dat die Kommunisme ‘n kardinale rol gespeel het in die verlies van ons land en ons vryheid. En sy rol sal eers uitgespeel wees wanneer die Vierkleur wapper. Continue reading Die man in die bruin pak klere

Posted on 64 Comments

Stilte, stakings en ‘n emmer bloed…

Ek wil begin met FW de Klerk se woorde op 12 Maart 1994 toe hy na die verkiesing van Mandela as president aan ’n oorsese koerant gesê het “Die situasie in Suid-Afrika is nou onomkeerbaar en sal nooit weer kan verander tot wat dit was nie…”

Continue reading Stilte, stakings en ‘n emmer bloed…