Posted on 36 Comments

Siener, geroepe Godsgesant

Die meerderheid blankes in Suid-Afrika het geen erg aan Siener van Rensburg se visioene nie. Sy profetiese boodskap vir sy volksgenote word steeds deur hulle verwerp. Hulle beskou dit as die onsamehangende gebrabbel van ‘n verstandelik versteurde; hulle verag sy goddelike waarskuwings; in die media word hy gereed deur sogenaamde ‘kenners’ afgekraak en bespot as ’n ‘flentergat-profeet’; ‘daggaroker’ en ‘waansinnige skisofreen wat tydens sy visioene epileptiese aanvalle kry’. Slegs ‘n klein handjievol aanvaar onvoorwaardelik dat hy as Godsgesant met ‘n spesiale opdrag na sy volk ‘gestuur’ is. Continue reading Siener, geroepe Godsgesant

Posted on 22 Comments

Dowes, blindes van Volkswa afgeboender

Onderstaande e-pos is anoniem aan ons gestuur:

Baie blankes wat ontnugter voel oor Adriaan Snyman se uitsprake, wil nou terugsit.  ek kan dit verstaan want die man en sy organisasie is totaal onskriftuurlik.  Hy het soveel van ou Siener se goed totaal verdraai en die pervert is nou besig om dit net stilletjies weereens te draai om homself te pas… Continue reading Dowes, blindes van Volkswa afgeboender

Posted on 15 Comments

Derde Wêreldoorlog — Britse staatsleier moet éérs sterf

In 1920 het Siener aan dr. Servaas Rossouw ‘n voorspelling gemaak oor die uitbreek van die aanstaande (Derde) Wêreldoorlog. ‘n Kopie daarvan is in 1992 agter ‘n deurkosyn in Alberton ontdek (Die Transvaler, 22 Januarie 1992) waar dit deur ‘n vorige eienaar (vermoedelik gedurende die 2de Wêreldoorlog) versteek is.  Genl. Jan Smuts het destyds almal vervolg het wat inligting oor Siener versprei het. Continue reading Derde Wêreldoorlog — Britse staatsleier moet éérs sterf

Posted on 33 Comments

Koeberg: publiek in duister oor noodplan

Eskom het Saterdagaand (23 Februarie 2013) op e-TV-nuus ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om eletrisiteit spaarsaam te gebruik, aangesien een van die reaktors by die aanleg weer Vrydag afgeskakel het weens “onbekende probleme”. Dit was die 12de keer dat een van Koeberg se eenhede sedert 2008 outomaties afskakel. Continue reading Koeberg: publiek in duister oor noodplan

Posted on 15 Comments

Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?

Twee jaar gelede het Eskom, as deel van sy voortdurende opgraderingsplan, by Koeberg Kragstasie die staafvertoonsisteem vervang met die nuutste Siemens MP277 kontakskerm, asook ander Siemens-komponente. En toe Eenheid 2 van Koeberg skielik vanjaar op 5 September 2011 outomaties afskakel, was die personeel oortuig die nuwe Siemens het betyds ‘n ramp afgeweer. Maar die volgende dag het ingenieurs van Eskom ure bestee om te bepaal wat die oorsaak daarvan was, en al wat hulle  kon vasstel, is dat een van die sentrifuges (toldroërs) se wentelspoed om die een of ander rede skielik versnel het en dat dit toe deur die outomatiese spoedreguleerder afgeskakel is. Continue reading Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?

Posted on 6 Comments

Medupi-kragstasie in chaos gedompel

(Berig ontvang van Medupi-werknemer): Ek gee net vir julle terugvoer oor wat werklik vanoggend by die twee Eskomkragstasies, wat nog in aanbou is, gebeur het. Die media verswyg baie dinge en belieg die publiek skaamteloos. By die Kusile-kragstasie in Mpumalanga naby Witbank, het die swart werkers Dinsdag 3 Mei 2011 begin staak oor dinge waaroor hulle ontevrede was, hulle is in kennis gestel dat die staking onwettig is en dat hulle moet terugkeer werk toe.
Continue reading Medupi-kragstasie in chaos gedompel

Posted on 72 Comments

Turbine Ontploffing by Duvha

Klik asseblief op ‘n foto om te vergroot

Dit was nie eintlik vir die publiek bedoel nie maar dit is ongelooflik dat fotos soos hierdie steeds kan uitkom selfs nadat Eskom ‘n kombers van geheimsinnigheid oor die hele insident gegooi het.

So, ek het uitgevind wat by Duhva gebeur het.

Continue reading Turbine Ontploffing by Duvha