Posted on 1 Comment

Profete en Profesieë (Deel II)

Baba Vanga

Vangelia Pandeva Dimitrova, beter bekend as Baba Vanga, was ‘n blinde Bulgariese mistikus en kruiedokter. Volgelinge en dissipels van haar het geglo sy beskik oor verskeie bonatuurlike gawes. Vanga self het beweer hierdie is toe te skryf aan onsigbare kreature wat daagliks in haar teenwoordigheid was. Deur hulle het sy feitlik die hele lewe van ‘n persoon voor haar soos ‘n flim sien afspeel – van geboorte tot afsterwe. Continue reading Profete en Profesieë (Deel II)

Posted on 1 Comment

Profete en Profesieë (Deel I)

Hieronder volg ‘n aantal bekende en minder bekende profesieë oor gebeure aan die einde van die tyd. Hoeveel waarheid in enige iets hiervan steek sal net genoeg tyd aan ons kan openbaar. Continue reading Profete en Profesieë (Deel I)

Posted on 56 Comments

Ons twis en die vyand neem oor

In 1916 het Siener van Rensburg voorspel daar kom nog ’n dag dat ons as volk só onder mekaar sal stry en rusie maak dat ons nie eens sal agterkom dat die vyand ons poorte binnegeval en die stad oorgeneem het nie. Ons onverdraagsaaamheid en onderlinge twiste was dus direk die oorsaak daarvan dat ons totaal onvoorbereid was en geen weerstand kon bied nie.
Continue reading Ons twis en die vyand neem oor

Posted on 17 Comments

Siener: Wat wag nou op ons?

Die afgelope tyd gaan daar byna nie ‘n dag verby dat ons nie ‘n gesig van Siener van Rensburg in vervulling sien gaan nie. Maar hy het dit presies net so voorspel: “Daar kom ’n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met ’n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd…”

Ook bo in Afrika sal daar in dié tyd groot ellende en verskrikking wees. Hy beskryf dit só: “Ek sien vier perde moet nog ry bo in Afrika. Die nasies wil oorlog maak. Daar is groot droogtes (eerste perd); hulle saai nie en oes nie; dan  kom daar hongersnood (tweede perd); ook maak hulle net oorlog (derde perd), en hulle plant nie; hulle begin om dood te gaan van die honger; kan nie meer hulle dooies begrawe nie; dan breek die pes uit (vierde perd), vreeslik baie gaan dood wat nie begrawe word nie.”

En vandag word die ganse Afrika geteister deur droogtes, hongersnood, oorlog en pessiektes.

Continue reading Siener: Wat wag nou op ons?