Posted on 76 Comments

Veiligheidsmagte het hulle met Siener misreken

Nasionale Intelligensie, die polisie en die ANC besef vandag dat hulle hul heeltemal met Siener van Rensburg se visioene misreken het. Met die verskyning van die eerste publikasies oor sy gesigte in 1992/93 was hulle oortuig daarvan dis sommer ‘n klomp snert en dat die volk hulle glad nie daaraan sou steur nie, en so het hulle hul kans verspeel deur nie te doen wat genls. Botha en Smuts gedoen het nie: om die gesigte van die volk af weg te hou.

Continue reading Veiligheidsmagte het hulle met Siener misreken

Posted on 29 Comments

Nugter Denker – so lyk die waarheid

‘n Persoon met die skuilnaam, “Nugter Denker”, paradeer van verlede week af op die Internet en braak gal oor die nag van die lang messe wat “een groot bedrogspul” sou wees.  Continue reading Nugter Denker – so lyk die waarheid

Posted on 22 Comments

VN berei moontlik voor vir Mandela se begrafnis

Sedert die plasing van die blog-artikel, VN magte reeds in SA (12/7/2012), het ons talle versoeke ontvang vir opvolginligting met meer resente gegewens.

Ons het sedertdien verskeie berigte ontvang dat daar in Kimberley-omgewing ‘n Fema-konsentrasiekamp bestaan, maar kon dit tot dusver nog nie bevestig nie. Indien van ons lesers dalk oor meer inligting (of selfs foto’s) beskik, ontvang ons dit graag vir plasing op die blog.

Dat daar egter geheime Amerikaanse, Britse en selfs VN bedrywighede in Suid-Afrika aan die gang is, is lankal nie meer te betwyfel nie. Ons kry kort-kort berigte van betroubare bronne wat dit bevestig. Amerikaanse en Britse soldate in uniform is die afgelope tyd veral in Natal opgemerk, terwyl die VN op sy beurt by militêre operasies betrokke is. Continue reading VN berei moontlik voor vir Mandela se begrafnis

Posted on 64 Comments

Stilte, stakings en ‘n emmer bloed…

Ek wil begin met FW de Klerk se woorde op 12 Maart 1994 toe hy na die verkiesing van Mandela as president aan ’n oorsese koerant gesê het “Die situasie in Suid-Afrika is nou onomkeerbaar en sal nooit weer kan verander tot wat dit was nie…”

Continue reading Stilte, stakings en ‘n emmer bloed…

Posted on 17 Comments

Siener: Wat wag nou op ons?

Die afgelope tyd gaan daar byna nie ‘n dag verby dat ons nie ‘n gesig van Siener van Rensburg in vervulling sien gaan nie. Maar hy het dit presies net so voorspel: “Daar kom ’n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met ’n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd…”

Ook bo in Afrika sal daar in dié tyd groot ellende en verskrikking wees. Hy beskryf dit só: “Ek sien vier perde moet nog ry bo in Afrika. Die nasies wil oorlog maak. Daar is groot droogtes (eerste perd); hulle saai nie en oes nie; dan  kom daar hongersnood (tweede perd); ook maak hulle net oorlog (derde perd), en hulle plant nie; hulle begin om dood te gaan van die honger; kan nie meer hulle dooies begrawe nie; dan breek die pes uit (vierde perd), vreeslik baie gaan dood wat nie begrawe word nie.”

En vandag word die ganse Afrika geteister deur droogtes, hongersnood, oorlog en pessiektes.

Continue reading Siener: Wat wag nou op ons?