Posted on 73 Comments

Siener se Donker Tyd: van korte duur?

Tant Bessie van Rooyen van Hennenman skryf dat Siener by geleentheid aan haar skoonvader die volgende gesê het: “Wanneer ons Donker Tyd begin, sien ek ‘n swart slang pik na die vrou op die troon oorkant die water en sy raak weg (Koningin Elizabeth). Dan begin ons moeilikheid hier in Johannesburg met bomme wat ontplof. Continue reading Siener se Donker Tyd: van korte duur?

Posted on 25 Comments

Neef Rudolf, hoor die kiewiete…

Op 5 Aug. verlede jaar het ons al gesê dat ‘n wêreldwye waansin die mensdom beetgepak het; en sedertdien het niks verander nie — inteendeel, dit vererger net by die dag! Oraloor heers daar meer onsekerheid, meer vrese, angs, smart, pyn en lyding; sien ons meer geweld. chaos, anargie en ‘n wolk van duisternis oor die dag van môre. Continue reading Neef Rudolf, hoor die kiewiete…

Posted on 11 Comments

Malema — die baba word ‘n reus

Dis opvallend dat daar in die afgelope tyd ‘n sigbare toestand van wanhoop en moedeloosheid onder  “my mense” posgevat het. En met “my mense” bedoel ek natuurlik hulle wat al vóór 1994 “geweet” het wat die gevolge van De Klerk se verraad sou wees; “geweet” het dat daar vir ons ‘n tyd van vervolging, armoede, uitbuiting en onbeskryflike ellende voorlê; “geweet” het dis nodig omdat ons harte na links afgedwaal het en dat Hy ons met dié strafgerig weer na Hom wil terugbring; maar ons het toe ook “geweet” van die profetiese woord wat baie vasstaan en waarop ons kan ag gee; “geweet” dat die afloop van die strafgerig se finale bedryf sou geskied ooreenkomstig die scenario’s van ‘n Siener en ‘n Job. Continue reading Malema — die baba word ‘n reus

Posted on 1 Comment

Malema dryfkrag agter Siener stakings

Pas nadat die skole in 1960 geopen het, het swart MI6 betaalde agente in Soweto met ‘n werwingsveldtog begin vir betogings teen die paswette, gesteun deur die militante, swart nasionalistiese groep, die Pan Africanist Congress (PAC). MI6 agente het swart inwoners belowe dat hierdie betogings sal verseker dat die land teen 1963 vry en onafhanklik in die hande van die swartman sou wees. Continue reading Malema dryfkrag agter Siener stakings

Posted on 15 Comments

Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?

Twee jaar gelede het Eskom, as deel van sy voortdurende opgraderingsplan, by Koeberg Kragstasie die staafvertoonsisteem vervang met die nuutste Siemens MP277 kontakskerm, asook ander Siemens-komponente. En toe Eenheid 2 van Koeberg skielik vanjaar op 5 September 2011 outomaties afskakel, was die personeel oortuig die nuwe Siemens het betyds ‘n ramp afgeweer. Maar die volgende dag het ingenieurs van Eskom ure bestee om te bepaal wat die oorsaak daarvan was, en al wat hulle  kon vasstel, is dat een van die sentrifuges (toldroërs) se wentelspoed om die een of ander rede skielik versnel het en dat dit toe deur die outomatiese spoedreguleerder afgeskakel is. Continue reading Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?