Posted on 46 Comments

“Ons sal nie luister nie!”

Ons volk bevind hom vandag in die donkerste uur van sy bestaan, ‘n krisis soos daar nog nooit was nie, maar ons wil dit nie hoor, sien of daarvan weet nie! Ons gryp desperaat, wanhopig na die strooistingels wat die media, kerk en politici as reddingboei na ons toe uitgooi.

Nog minder wil ons hoor of weet van die waarskuwings wat die Almagtige by monde van sy profete aan ons gegee het: “Bekeer julle van jul verkeerde weë, en Ek sal julle uitred…” Continue reading “Ons sal nie luister nie!”

Posted on 67 Comments

Operasie Koemran

Sowat ses jaar gelede het ‘n vriend van Bloemfontein in Mosselbaai by my opgedaag met ‘n aantal bandopnames deur Ryno Opperman wat wyle Frikkie Botha aan my nagelaat het. Ek het dit weggesit met die gedagte om later daarna te luister. Maar intussen het ons na Ladismith verhuis en die bande het in een van die talle houers in ‘n stoor beland. Continue reading Operasie Koemran

Posted on 10 Comments

Ope brief aan prof. Andries Raath

Geagte prof. Raath

Ek rig hierdie skrywe vandag aan u, nie omdat ek dit graag wil doen nie, maar omdat ek dit aan my vertrapte, miskende en ontgogelde volksgenote verskuldig is. Sedert 2011 (dit was kort vóór die verskyning van u boek, Niklaas van Rensburg – Die Siener – hierna net Die Siener genoem), moes ek by herhaling en tot my ontsteltenis merk hoedat u nie skroom om die hoofmedia te gebruik om u mede-Afrikaanssprekende blanke volksgenote te versmaad en selfs as “godsdienstige ekstremiste” af te kraak nie, en dit net omdat hulle glo Siener van Rensburg het in sy gesigte swart op wit geweld voorspel. Continue reading Ope brief aan prof. Andries Raath

Posted on 6 Comments

Mandela – laat ons optrek in die nag

Die inligting wat ons hier verstrek, is van die belangrikste wat ons in ‘n lang tyd ontvang het.

Siener se profesie oor die “nag van die lang messe”, word steeds hardnekkig deur die media en talle blanke goedgelowiges en meelopers verwerp as en die denke van “ekstremistiese groepe wat dit toepas om ’n bepaalde ideologie of saak te bevorder,” aldus professor Andries Raath in Rapport. Continue reading Mandela – laat ons optrek in die nag