Posted on 76 Comments

Veiligheidsmagte het hulle met Siener misreken

Nasionale Intelligensie, die polisie en die ANC besef vandag dat hulle hul heeltemal met Siener van Rensburg se visioene misreken het. Met die verskyning van die eerste publikasies oor sy gesigte in 1992/93 was hulle oortuig daarvan dis sommer ‘n klomp snert en dat die volk hulle glad nie daaraan sou steur nie, en so het hulle hul kans verspeel deur nie te doen wat genls. Botha en Smuts gedoen het nie: om die gesigte van die volk af weg te hou.

Continue reading Veiligheidsmagte het hulle met Siener misreken

Posted on 174 Comments

Chinese inval in Suid-Afrika

Wat weet ons van die Chinese in ons land? Elke klein plattelandse dorpie het hulle. Daar is nie een wat nie ten minste een winkeltjie het nie. Hoekom is hulle hier en wat beplan hulle? Ons het met ‘n Boer in die distrik van Ladismith gesels en in die gesprek oor die Chinese in die land begin praat. Hy sê (en ons glo hy weet waarvan hy praat) dat Chinese bandiete hierheen kom om aan ongeïdentifiseerde projekte te kom werk, en niemand weet blykbaar waarom hulle so gewillig om uit China pad te gee nie. ‘n Mens kan wel raai. Continue reading Chinese inval in Suid-Afrika

Posted on 6 Comments

Vonke spat op De Doorns, Bloemhof en Sasolburg

In een van sy gesigte het Siener “…die gras aan die brand sien raak, en dit brand na die suide (De Doorns en omgewing?). Dit gebeur nadat hy “…aan Rustenburg se kant ‘n vuur by die koppie sien vlamvat het … nie lank daarna nie “borrel die potte tussen ons (dit beteken ‘n burgeroorlog)…” Continue reading Vonke spat op De Doorns, Bloemhof en Sasolburg

Posted on 1 Comment

Waarskuwing – meer geweld en stakings op pad

Na twee weke se gewelddadige optrede was daar ‘n tydelike “wapenstilstand” om die Minister van Arbeid, Mildred Olophant, kans te gee om werkers se looneise te oorweeg. Maar haar uitlating dat verhogings eers in April verwag kan word, was dadelik ‘n vuurthoutjie in die smeulende kruitvat en dis byna seker dat die stakers se gewelddadige optrede volgende week voortgesit gaan word. Continue reading Waarskuwing – meer geweld en stakings op pad