Posted on 1 Comment

‘n Nasie onder huisarres

Die Britse epidemioloog en pandemiebeplanner Neil M. Ferguson, verduidelik dat die sluitings en beperkings wat sedert verlede lente geld, slegs die eerste fase van ʼn drakoniese plan was.
In die tweede fase sal die Verenigde Koninkryk permanent toegesluit word en dat daar veel erger maatreëls, waaronder armbande, ingestel gaan word. Hieronder is sy verslag.

ʼn Nasie onder huisarrers

Neil M. FurgusonOm die nuwe inperkingsmaatreëls toe te pas, sal almal in die Verenigde Koninkryk gedwing word om ‘Stay At Home’ Armbande te dra.
Dit word deur 5G-tegnologie bedryf en sal verseker dat mense nie verder van die huis af gaan as wat toegelaat word nie.

Die polisie hoef dan nie meer mense te stop en hul adresse na te gaan nie en vas te stel wie hulle is nie, want dit sal elektronies gemonitor word. Hierdie maatreëls sal afgedwing word onder dreigemente van massiewe boetes van tot 50 000 Britse pond, asook onbepaalde aanhouding. Die armbande sal vanaf Desember 2021 in die Verenigde Koninkryk verpligtend wees.

Die Britse eerste minister Boris Johnson, is van plan om enige anti-inperkingssbeweging met geweld hok te slaan deur die weermag te ontplooi sodra die nuwe inperkingsmaatreëls in Julie van krag word. Polisiëring sal ook drasties verhoog word. Geen weerstand of nie-nakoming van die maatreëls sal geduld word nie.

Die vervaardiging en verkoop van gereelde verkoue- en allergiemedisyne sal geheel en al verbied word.

Ander maatreëls sluit in: 1. Die verwydering van bejaardes, mense met liggaamsgebreke en verstandelik vertraagdes deur aan hulle Midazolam voor te skryf (ʼn medisyne-selfmoordmiddel). 2. Hooikoors sal geklassifiseer word as COVID. 3. Medikasie daarvoor sal uit apteke verwyder word.

Die enigste gemagtigde behandeling om covid-19 te bestry, sal binnekort ‘n eksperimentele entstof wees. Nie net word “anti-lockdown-mense” uitgesonder weens hul gebrek aan samewerking met die owerhede nie, maar ook swart mense, Asiërs en selfs gays, omdat hulle grotendeels geweier het om ingeënt te word. Enigiemand wat nie dink en optree soos die regering dit beveel nie, word as ‘n probleem beskou.

Diegene wat ‘n terugkeer na normaliteit verwag sodra Covid-19 onder beheer is, gaan diep teleurgestel word. Die idee van ‘klimaatsinperking’ is al in die media bespreek en gaan afgedwing word. Dit sal verseker dat beperkte beweging gedurende die volgende paar jaar voortduur, en redes wat aangevoer sal word, is omgewings- en waterskaarste, voedseltekorte en wêreldwye finansies en massa-inflasie, wat uiteindelik sal lei tot die implementering van die berugte Kalergi-plan.

Count Richard von Coudenhove-Kalergi

Vir diegene wat nie die Kalergi-plan ken nie, is die idee dat wit Europeërs vervang moet word deur immigrasie en vermenging van die rasse, en dat ‘n pan-Europese regering geïnstalleer word.

Dit blyk dat ons halfpad daar is, met die miljoene migrante wat uit Afrika en die Midde-Ooste die Europese Unie binneval. Dit is ‘n skema wat die eerste keer in die twintigerjare van die vorige eeu onthul is en wat nou eers tot stand kom, blykbaar met die samewerking van die VN, WGO en WEF.

Vryheid sal nie aan ons teruggegee word nie, maar ons sal blootgestel word aan toenemende verliese aan vryheid, chaos en wanorde, en onnodige swaarkry.

Tirannie op toestemming

Die heersersklas stel hulself voor as ‘vriende van die volk’ om die meerderheid van die bevolking te mislei om aan hulle eiese toe te gee, en nie te besef dat hulle meesters korrupte, hartelose tiranne is nie.

Omdat dit vir ‘n klein groepie mense onmoontlik is om met geweld alleen oor miljoene te regeer, word ons voortdurend aan propaganda van die media en die regering onderwerp, toenemende sensuur en ‘n verskeidenheid finansiële aansporings en boetes.