Posted on 128 Comments

Boodskapper van God

Na 10 jaar verskyn daar nou ‘n heel nuwe hersiene uitgawe van Boodskapper van God. Hierdie biografie van die Boereprofeet en sy merkwaardige gesigte is die mees volledigste nog in Afrikaans en beslaan 545 bladsye. Die visioene en gebeure waarop dit betrekking het is in chronologiese volgorde geplaas wat die lees daarvan vergemaklik; heelwat van Siener se gesigte wat intussen bewaarheid is, is ook bygewerk, soos o.a. die onthoofding van ‘n gesiene Britse burger, die Marikana-slagting en die voltooiing van die spoorlyn na Lüderitzbaai.

Die boek sal vanaf die eerste week van Augustus beskikbaar wees.

Die nuwe prys is R320 plus R45 posgeld. Indien u verkies om dit deur PostNet te ontvang, is die posgeld R99-00.

Bestel >>

Posted on 24 Comments

Lank lewe die Boere!

’n Indiese skrywer, Jucharanzi, het ’n tyd gelede die Engelse vertaling van Boodskapper van God (Words of a Prophet) uit Suid-Afrika bestel en gelees. Dit het hom só aangegryp dat hy gaan sit het om ’n baie, baie spesiale boodskap aan al die Boere in Suid-Afrika te stuur. Continue reading Lank lewe die Boere!

Posted on 32 Comments

Aardbewings sal Japan verwoes

Mnr. Boy Mussmann vertel hoe hy dikwels voor oom Nicolaas se brakdakhuisie op Rietkuil op ’n veldstoeltjie gesit en luister het na die Siener se beskrywing van die lotgevalle van die nasies. “En om te dink hy was ’n ongeletterde man wat geen tydskrif of koerant gelees het nie; hy het ook geen geskiedenis van die nasies geken nie, maar hy het alles van hulle geweet.

Continue reading Aardbewings sal Japan verwoes