Posted on 5 Comments

Siener: ’n misvuur brand in Johannesburg

Iemand skryf aan my en sê hy stem saam met prof. Andries Raath dat my idee van ’n ‘nag van lang messe’ net ’n wolhaarstorie is wat nooit sal gebeur nie. As dit so is, verduidelik dan vir my wat beteken die misvure en mieliestronke wat Siener in Johannesburg sien brand het en wat in verskeie van sy gesigte voorkom. Hy het dit self verklaar as tekens van rewolusie, bloedige geweld of selfs ’n oorlog. Continue reading Siener: ’n misvuur brand in Johannesburg

Posted on 82 Comments

Die Beplande Rewolusie is aanstaande

Die Suidlanders het ‘n tydjie gelede ‘n insiggewende artikelreeks (Beplande Rewolusie) op hulle webtuiste geplaas. Inligting wat ons ontvang het, bevestig nie net wat in die artikels bekend gemaak is nie, maar ontbloot ook die verraderlike wyse waarop bedenklike liberale groeperinge ware behoudende regsgesindes valslik verbind het aan politieke misdade wat deur die ANC regime as hoogverraad beskou is! Continue reading Die Beplande Rewolusie is aanstaande

Posted on 36 Comments

Siener, geroepe Godsgesant

Die meerderheid blankes in Suid-Afrika het geen erg aan Siener van Rensburg se visioene nie. Sy profetiese boodskap vir sy volksgenote word steeds deur hulle verwerp. Hulle beskou dit as die onsamehangende gebrabbel van ‘n verstandelik versteurde; hulle verag sy goddelike waarskuwings; in die media word hy gereed deur sogenaamde ‘kenners’ afgekraak en bespot as ’n ‘flentergat-profeet’; ‘daggaroker’ en ‘waansinnige skisofreen wat tydens sy visioene epileptiese aanvalle kry’. Slegs ‘n klein handjievol aanvaar onvoorwaardelik dat hy as Godsgesant met ‘n spesiale opdrag na sy volk ‘gestuur’ is. Continue reading Siener, geroepe Godsgesant