Posted on 128 Comments

Boodskapper van God

Na 10 jaar verskyn daar nou ‘n heel nuwe hersiene uitgawe van Boodskapper van God. Hierdie biografie van die Boereprofeet en sy merkwaardige gesigte is die mees volledigste nog in Afrikaans en beslaan 545 bladsye. Die visioene en gebeure waarop dit betrekking het is in chronologiese volgorde geplaas wat die lees daarvan vergemaklik; heelwat van Siener se gesigte wat intussen bewaarheid is, is ook bygewerk, soos o.a. die onthoofding van ‘n gesiene Britse burger, die Marikana-slagting en die voltooiing van die spoorlyn na Lüderitzbaai.

Die boek sal vanaf die eerste week van Augustus beskikbaar wees.

Die nuwe prys is R320 plus R45 posgeld. Indien u verkies om dit deur PostNet te ontvang, is die posgeld R99-00.

Bestel >>

Posted on 42 Comments

Die nag kom nader…

“Daar is iets nie pluis omtrent die huidige landswye kragonderbrekings nie; iets wat maak dat ek net nie die kloutjie by die oor kan bring nie; en ek kry al hoe meer die gevoel dat die gevaarligte wat nou skielik so aanhoudend flikker vir ons méér wil sê as net dat die kragnetwerk te enige tyd in duie kan stort.” Dis die onrusbarende mening van ‘n anonieme oud-Eskomwerker. Continue reading Die nag kom nader…