Posted on 88 Comments

Die boodskap van Geloftedag vir ons volk

Vanjaar herdenk ons die Slag van Bloedrivier weer op ‘n Sondag – die dag waarop dit oorspronklik plaasgevind het. Hierdie besondere dag het vir ons as volk nog steeds ‘n besonderse boodskap, wat ook opgeteken staan in Psalm 81:8 – “In die nood het jy geroep (ná Bloukrans, Moordspruit en Weenen), en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek (die laer) van die donder (kanon- en geweerskote); Ek het jou getoets by die waters van Mériba (Bloedrivier). Sela.” Continue reading Die boodskap van Geloftedag vir ons volk

Posted on 340 Comments

Hoekom ‘n tweede Bloedrivier?

Ek dink ons almal ken in breë trekke die gebeure wat op 16 Desember 176 jaar gelede afgespeel het. Daarom wil ek hier eerder kyk na die agtergrond van daardie gebeure. Hoekom het dit plaasgevind? Hoekom was ‘n Bloedrivier nodig? Hoekom het niks sedertdien verander nie? Hoekom het die Trekkers geglo hulle is Israel in Egipte, en ten slotte, wat is die betekenis van die Gelofte vir ons as Boervolk? Continue reading Hoekom ‘n tweede Bloedrivier?

Posted on 103 Comments

Dit sal vinnig gebeur

Met hierdie artikel wil ons probeer om aan u sover moontlik ‘n volledige profetiese prentjie te skets van die uitstaande voorspellings wat in die nabye toekoms nog vir ons voorlê. Om dit te kon doen, was dit nodig om professieë waaroor daar hier al dikwels geskryf is, weer aan te haal, want dis eers dan dat die verloop van gebeurtenisse, hetsy in die verlede of die toekoms, nie net nuwe betekenis kry nie, maar ook sinvol in plek val. Continue reading Dit sal vinnig gebeur

Posted on 29 Comments

Nugter Denker – so lyk die waarheid

‘n Persoon met die skuilnaam, “Nugter Denker”, paradeer van verlede week af op die Internet en braak gal oor die nag van die lang messe wat “een groot bedrogspul” sou wees.  Continue reading Nugter Denker – so lyk die waarheid