
Die landing van Suid-Afrika se eerste man op die maan het net so stil verbygegaan soos ’n plaasmoord of die verkragting van ’n blanke meisie op pad skool toe. En om die een of ander rede het dit nie eens Beeld óf Rapport se bladsy vier gehaal nie. Miskien het pres. Jacob Zuma se bekendmaking dat hy gaan regeer tot Jesus kom, iets daarmee te doen gehad, want die nuus daaroor het juis in dieselfde week as die nuus oor Projek-Travelgate ‘gebreek’.
Ons gee hier kortliks die agtergrond van die Nuwe Suid-Afrika se eerste bemande maanlanding. Dat dit jammerlik misluk het, was waarskynlik die rede waarom daar geen woord oor brig. Moonshine (Launch-pad) Makatees se historiese prestasie in die media verskyn het nie!
Kort nadat president Jacob (Hê-hê-hê) Zuma Projek-Travelgate op SABC Channel 666 aangekondig het, is daar sommer nog dieselfde dag ’n 6-man komitee byeengeroep om die saak dringend te bespreek; en presies om 6-uur daardie aand is bekend gemaak dat Reënboogland die eerste swart Afrikaan op die maan gaan plaas.
Die Suid-Afrikaanse Ruimtestasie by Hartbeeshoek se hulp is dadelik ingeroep om te help met die ontwerp van die tuig; die bouwerk sou egter gedoen word deur ’n span uitgesoekte SEB-injaneers en lectricians en sou bekend staan as die Zuma Projek-Travelgate.
Area 66 (iewers in die barre, godverlate Groot Karoo) waar die tuig in die geheim gebou sou word, was van meet af vir die media en publiek ’n verbode gebied. Slegs klonge met wettige Regstellende Aksie-sertifikate wat deur die Menseregte Kommissie uitgereik is, is daar toegelaat.
Die R666 miljoen rand wat die tuig sou kos, is deur die Kommissie van Swart Ekonomiese Bemagtiging uit die Diverse Kapitaalrekening verduister, gewas en daarna in Projek-Travelgate se geheime rekening onder Zuma se sealy posturepedic matras versteek.
Bouwerk aan die tuig kon toe volstoom begin.
Die 66 swart injaneers en lectricians het hulleself oortref deur sonder om ’n tea-break of lunch-hour te mis, die tuig met vuurpyl en al binne ’n rekordtyd van 6 dae, 6 ure en 6 minute aanmekaar te timmer.
Sovêr ons kon vasstel is daar net twee foto’s van die Travelgate-ruimtetuig geneem; die een op Area 66 se basis terwyl bouwerk nog aan die gang was en die ander een kort na die katastrofiese landing op die maan toe grondbeheer by Hartbeeshoek die laaste beeldmateriaal van die Travelgate ontvang het.
Die foto by Area 66 is tot die hoofstroommedia se verbasing deur die vaal, bleek en tingerige fotograaf van Die Afrikaner geneem. Maar ’n mens moet hom nie sommer op sy vaalbruin, verslete baadjie takseer nie, want op sy kaalkop is daar nie ’n enkele bang haar nie; en sy durf, onverskrokkenheid en deursettingsvermoë, het menige windgat liberalis al lelik op sy neus laat kyk. Sy waagmoed het ook meer as vergoed vir sy gebrek aan knopspiere en senings. En asof hy geen twyfel hieroor wou laat nie, het hy die woorde ‘Heil Hitler’ op sy voorkop laat tatoeëer.
Om daardie foto van Travelgate te neem, het hy hom een nag met pik swart gesmeer, stilletjies oor die platgetrapte draadheining van Area 66 geglip en in die vlasgeel maanlig sy Leica R9, toegerus met ’n 600 mm zoemlens, onder die digte skaduwee van ’n ou Maroelaboom opgestel, gefokus en die knoppie gedruk.
Maar die soektog na en die opleiding van ’n geskikte Afrikaan-ruimteman, was vir Hartbeeshoek erger as ’n rou maagseer of migraine-aanval; want nadat 6 660 aspirant-kandidate nie daarin kon slaag om Hartbeeshoek se aansoekvorm te voltooi nie, het ’n woedende brigadier Moonshine (Launch-pad) Makatees, Hartbeeshoek skuim om die mond gebel en al kouend aan sy dagga-zol wraak gesweer as sy onderwyser nie onmiddellik toegelaat word om die vorm namens hom te voltooi nie.
Hartbeeshoek het dankbaar ’n groot sug van verligting geslaak; want hulle was reeds onder helse druk van die president se kantoor omdat die lansering van die Travelgate-tuig, volgens Zuma doelbewus, onnodig en moedswillig deur rassistiese wittes vertraag word.
(Die projek bestuurder, Terror Wild-eye Savage, het dan ook dadelik op ’n mediakonferensie die skuldige uitwys: ’n afgetrede blanke hond in diens van Area 66 – die hekwag! Die Sunday Times het Terror Wild-eye Savage in ’n hoofartikel gelyk gegee, want die mank, kruppel ou kierieloper se vol wit baard was genoegsame bewys van ’n haatlike rassisme jeens al wat swart is).
Hartbeeshoek het toe laat weet dit maak nie saak wié op gods aarde die aansoekvorm voltooi nie, solank brig. Makatees se duimafdruk net daarop verskyn.
En met die vorm veilig in sy Sweedse leer-aktetas is brig. Moonshine (Launch-pad) Makatees toe uiteindelik presies om 6 uur die oggend van 6 Junie in Zuma se Travelgate-tuig van Cape Transformation af gelanseer. Na ’n rekordvlug van net 66 uur en 6 minute het die eerste swart Afrika-ruimteman gereed gemaak om met sy tuig op die maan neer te stryk.
Wat nou volg, is brigadier Moonshine Makatees se eie verbale beskrywing van sy aankoms en landing op die maan:
“Ek het pas oor die barre Mugabe-woestyn en ruwe Steve Biko-rif gesweef op soek na ’n geskikte landingsplek in die FW Nelson Vallei van Vrede en Versoening, toe ek skielik die wrak van ’n uitgebrand taxi skuins onder my gewaar — ek kon gods onmoontlik nie betyds daarvoor uitswaai nie! Die prez. se Travelgate-tuig het die wrak vol getref, drie keer gat-oor-kop geslaan en ’n pad tussen leë bierblikke sigretstompies, uitgebrande necklace-tyres, hope doodsbeendere en opgefrommelde stukke koerantpapier (hier is seker nêrens ‘n long-drop nie), deurgeploeg voordat hy met ’n helse gekraak en geknars net-net op die rand van die maan tot stilstand geskuur het.
“Presies ses minute en ses sekondes later was ek nog besig om met bewende hande ’n dagga-zol te probeer draai om my rou geskaafde senuwees te kalmeer, toe ses ISIS hijackers, gewapen met AK-sewe-en-veertigs op my toeslaan. Hulle het my uit die Travelgate gesleep, dik getik en die tuig van bo tot onder gestrip voordat hulle my ook van my aktetas, donkerbril, Jordan-Sneakers en wit tuxedo beroof het. Bebloed, half bedwelm en nog deurmekaar het ek hulle 666 sekondes later weer aan die donker kant van die maan sien verdwyn!”
Brigadier Makatees het skielik hoorbaar asem gesuig voordat hy skril, byna half histeries uitgeroep het: “Jeezus! Die bliksems het my ook van my dagga en vuurhoutjies beroof!” Sy fluitstem het reeds die eerste tekens van onttrekkingsimptome verraai.
En net soos die duiwel dit wou hê, het Cape Transformation juis op daardie kritieke oomblik kontak met sy ruimteman, brig. Moonshine (Launch-pad) Makatees en die maantuig, verloor. Maar net voordat die transmissie sekondes later finaal uitgedoof het, het grondbeheer op Hartbeeshoek ‘n laaste foto van die Travelgate-tuig op die godverlate FW Nelson Vallei van vrede en versoening ontvang.
(In ’n kort persverklaring wat die volgende dag deur die kantoor van die president uitgereik is, is net gemeld dat brig. Moonshine (Launch-pad) Makatees se maansending weens ’n tragiese botsing op die maan onsuksesvol was, en ook dat die president diep teleurgestel is dat sy Projek-Travelgate deur ’n spul hijackers in die wiele gery is. Maar hy is nogtans vol vertroue dat Travelgate II binne die volgende 666 jaar gereed sal wees vir lansering).
Ook hieroor is daar nóg in Beeld nóg in Rapport ’n woord gerep).