Posted on 5 Comments

Krygswet: Trump se laaste uitweg?

Hierdie artikel is ’n verdere aanvulling van my vorige artikel in verband met die Amerikaanse verkiesing en Joe en Hunter Biden se verbintenis met die Chinese Kommunistiese Party.

Pres. Donald Trump het al twee jaar gelede vermoed dat daar met die 2020-verkiesing ingemeng gaan word en op 12 September 2018 het hy ’n Uitvoerende Orde uitgereik vir die oplegging van sekere sanksies en optrede in geval van buitelandse inmenging tydens die verkiesing. Dit sou as ’n nasionale noodgeval beskou word.

In die Uitvoerende Orde word daar gemeld dat die Direkteur van Nasionale Intelligensie (John Ratcliffe), 45 dae na die verkiesing in ’n verslag moet aandui of ’n  “buitelandse regering, of enige persoon wat as agent of namens ’n buitelandse regering optree, die bedoeling gehad het om in te meng by enige verkiesing”.

John Ratcliffe het op 3 Desember in ’n onderhoud met die Wall Street Journal gesê dat die Chinese Kommunistiese Party vandag die grootste bedreiging inhou vir Amerika, asook vir wêreldvrede. Toe het hy bygevoeg: “Dit is duidelik Beijing se doel om Amerika en die res van die planeet ekonomies, militêr en tegnologies te domineer en om beheer van Amerika te kry, daarom het hulle by die 2020-verkiesing ingemeng.”

Op 16 Desember kondig Amanda Shoch van die Departement van Nasionale Intelligensie aan dat die Intelligensie Komitee nie op 18 Desember sy verslag sal kan vrystel nie omdat sekere lede van die IK (moedswillig?) hulle werk vertraag het. Dit is waarskynlik gedoen met die hoop dat as Trump se 45 dae verstryk, hy nie sy dreigement sal kan uitvoer om teen China en die binnelandse agente op te tree nie.

Maar uit die bewoording van die 2018 Uitvoerende Orde is dit duidelik dat hierdie verslag nie ’n noodsaaklikheid is voordat Trump die bepalings daarin kan uitvoer nie. In die inligting wat John Ratcliffe reeds aan die media bekend gemaak het, is daar oorgenoeg bewyse dat China met die samewerking van binnelandse agente of entiteite, wel ingemeng het, en Trump het nou die reg om die volgende te doen:

Hy kan alle rekeninge, eiendomme en belange in eiendom van die Chinese en ander betrokkenes, onmiddellik blokkeer, en dit  mag nie oorgedra, uitbetaal, uitgevoer, teruggetrek of andersins behandel word nie; enige binne- of buitelandse oortreders wat deur die Sekretaris van die Tesourie uitgewys word, in oorleg met die Staatsekretaris, die Prokureur-generaal en die Sekretaris van Binnelandse Veiligheid, staar strafregtelike vervolging in die gesig. En volgens die nuwe wet wat Trump in November deurgevoer het, kan van die skuldiges as landsverraaiers gefusilleer word.

Oor hierdie ‘uitbreiding’ van die bestaande wet op federale teregstellings, het CNN einde November soos volg berig:

“Die Departement van Justisie het hom gehaas om die reëls rondom federale doodstraf uit te brei, aangesien dit ’n rits geskeduleerde teregstellings in die laaste dae van die Trump-regering sal bespoedig. Daar is ook ʼn addisionele teregstellingsmetode bygevoeg by die bestaande elektrokusie en dodelike inspuiting, nl. teregstelling deur ’n vuurpeloton.

“Die prokureur-generaal William Barr het die wetsbepaling deurgevoer.

“In demokratiese kringe word daar bespiegel dat Trump hierdie toevoeging tot die bestaande wet doelbewus gedoen het omdat hy valslik glo dat lede van die Demokratiese Party in samewerking met die Chinese Kommunistiese Party verkiesingsbedrog gepleeg het en hy die verraaiers voor ’n vuurpeloton wil plaas.”

Hieroor het die afgetrede kolonel Celestino T. Perez hom soos volg uitgelaat:

“Die liberales weet almal van die swaar strawwe wat pres. Trump in sy 2018 Uitvoerende Orde aangekondig het, maar hulle speel nog steeds die speletjie dat daar geen bedrog met die verkiesing was nie; hulle glo ook nie dat die president die moed het om die strafbepalings van sy UO uit te voer nie!

“Maar die kriminele elite het Trump heeltemal onderskat, soos ons duidelik gesien het na sy geheime vergadering in die Withuis toe hy getwiet het: ‘Ek sal aan hulle geen genade bewys nie’…”

President Trump het die state vroeër gewaarsku om nie die 2020 gesteelde verkiesing te bekragtig nie. Maar hulle het dit nogtans gedoen. Hulle optrede was die eerste skakel in ’n nou, onomkeerbare reeks gebeurtenisse:

  1. Die Uitvoerende Orde van 2018 gaan toegepas word.
  2. Die Uitvoerende Orde is gerig op die finansies en bates van almal wat met die 2020-verkiesing ingemeng het.
  3.  Facebook, Twitter, Google/Youtube en ander het saamgespan om verkiesingsbedrog te pleeg en is almal aan China gekoppel. Hulle rekeninge sal gesluit of gevries word en hulle sal krimineel aangekla word as medepligtiges. So ook die hoofstroommedia.
  4. Dis baie moontlik dat die konfiskering van Chinese bates en die sluiting van hul finansiële rekeninge op ʼn bloedige oorlog kan uitloop. Maar Amerika is voorbereid daarop.

Patriotte moet hulle gereed maak

In ’n teksboodskap, gerig aan al die “patriotte” van Amerika, het kol. Perez die volgende dringende versoek tot hulle gerig:

“Maak seker dat jy en jou familie genoeg kos en water het vir minstens 10 dae. Julle sal ook ’n ou skoolradio (CB) moet aanskaf vir kommunikasie doeleiendes, want vanaf 18 Desember kan pres. Trump enige dag die sanksies van sy 2018 Uitvoerende Orde in werking stel.

“Ons moet bereid wees om die Nasionale Wag en ander interne magte by te staan met die verdediging van ons nasie se belange. Maak ook seker dat julle wapens gereed en byderhand is. Maar moenie inmeng met die weermagoperasies in hierdie tyd nie.  Weet ook dat plaaslike polisiemagte geen outoriteit sal hê nie. Bring verdedigingspanne op die been om julle woongebiede te beveilig…”

Die foto is geneem tydens pres. Trump se “geheime vergadering” in verband met sy onmiddellike toekomsplanne. Sy Sosiale Media Direkteur Daniel Scavino (heel regs op die foto), het die foto op die Withuis se Facebook bladsy geplaas en die volgende opskrif bygevoeg: “Historical moment in the Oval – will share what it was – one of these days…”

Pres. Trump het uiteindelik tot die besef gekom dat die VSA nie net deur die Demokratiese Party verraai is nie, maar ook deur talle lede van die Republikeinse Party en selfs van die regters wat hy aangestel het. Want feitlik alle bewyse wat tot dusvêr deur sy advokate aan die howe voorgelê is, is summier afgeskiet; hulle het selfs geweier om net na een van die honderde getuies te luister.

Nou bly daar vir hom net één keuse oor: beperkte krygswet wat hom in staat sal stel om weer beheer van die land oor te neem.

Die volgende dramatiese verwikkeling het op 18 Desember plaasgevind, wat ‘n aanduiding is dat Trump op die punt staan om die muitery wet in te stel:

  • Die waarnemende verdedigingsekretaris Chris Miller, het beveel dat die oordra van geklassifiseerde inligting deur die Pentagon aan Biden onmiddellik gestaak word. Biden se oorgang-direkteur Yohannes Abraham, het beswaar gemaak en gesê daar was geen wedersydse ooreenkoms vir hierdie stap nie.
  • President Trump onderteken ‘n wetsontwerp wat Chinese maatskappye beperk om hul aandele op Amerikaanse beursies te noteer.
  • Trump het die land vir die 24ste Desember (Oukersaand) gesluit.
  • Die Sekretaris van Verdediging is glo reeds besig om die reserwemag op te roep en die VSA weermag is reeds op alle grense ontplooi.

Ten slotte: Die Chinese Kommunistiese Party het honderde miljoene dollar spandeer om te sorg dat Joe Biden as president aangewys word. Die Bidens is vroeër al deur hulle gewaarsku dat as dit nie gebeur nie, wag daar groot moeilikheid vir Amerika.

Daardie “moeilikheid” is na alle waarskynlikheid ’n aanval op die VSA…

Posted on 8 Comments

Die Biden skandaal: VSA deur Chinese gekaap?

Op 24 September 2020 het The Jewish Voice ’n video vrygestel van ’n Chinees, (net bekend as Loo, en wat uit China oorgeloop het na die VSA), wat in ’n skokkende verklaring bekend gemaak het hoedat die Biden-familie deur die Chinese pres. Xi (Jingping) en sy visie-president Wang (Qishan), met reuse-bedrae geld omgekoop is om die VSA aan China uit te lewer. Continue reading Die Biden skandaal: VSA deur Chinese gekaap?

Posted on 244 Comments

Swartkrag, Xenofobie en Sarel Cilliers

Eskom se vermoë om die land van voldoende elektrisiteit te voorsien, het nou so ‘n kritieke stadium bereik dat ‘n woordvoerder van die kragvoorsiener Donderdagoggend op RSG erken het dat hulle alles in hul vermoë doen om ‘n totale ineenstorting van die netwerk te probeer keer. En dit, terwyl die winter maar pas begin het.

Continue reading Swartkrag, Xenofobie en Sarel Cilliers

Posted on 103 Comments

Dit sal vinnig gebeur

Met hierdie artikel wil ons probeer om aan u sover moontlik ‘n volledige profetiese prentjie te skets van die uitstaande voorspellings wat in die nabye toekoms nog vir ons voorlê. Om dit te kon doen, was dit nodig om professieë waaroor daar hier al dikwels geskryf is, weer aan te haal, want dis eers dan dat die verloop van gebeurtenisse, hetsy in die verlede of die toekoms, nie net nuwe betekenis kry nie, maar ook sinvol in plek val. Continue reading Dit sal vinnig gebeur

Posted on 3 Comments

Begin van Engeland se ondergang?

In een van sy laaste visioene het Siener ‘n gesig gehad waarin hy gesien het hy stap in die nag na sy broer Piet wat net oorkant die Makwassie-spruit woon. Daar begin toe groot reëndruppels val, en die Goddelike persoon (in die grys klere) verskyn weer aan hom en vra of hy die onweerswolke sien, twee aan die oostekant, twee aan die noordekant, twee aan die westekant en een aan die suidekant. Die Persoon sê toe vir hom dis die sewe plae wat God gelyktydig beskik het wat oor Engeland sal kom. Continue reading Begin van Engeland se ondergang?

Posted on Leave a comment

Onsterflike woorde van ‘n swart burgemeester

(Aangehaal uit Impact, Okt/Nov 1998)

Marion Barry, Burgermeester van die distrik van Columbia

“As jy die moorde wegneem, dan het Washington DC in werklikheid ‘n baie, baie lae misdaadsyfer.”

“Die wette van hierdie stad is duidelik rassisties. Alle wette is rassisties. Die wet van gravitasie is rassisties.”

“Die dapper manne wat in Viëtnam geveg het – waarvan méér as 100% swart was – was die hoogste offer wat ons mense kon bring!”

“Watter reg het die Amerikaanse Kongres om sommer te gaan wette maak bloot omdat húlle dink dis nodig?”

“Ek is ‘n GROOT burgemeester; ek is ‘n AGTERMEKAAR Christenmens; ek is ‘n INTELLIGENTE man; ek is ‘n HOOG GELEERDE man; ek is ‘n nederige man.”