Posted on 80 Comments

Siener en die huidige wêreldgebeure

Verdeel en heers

Die grootste euwel vandag op aarde is tweestryd en die direkte gevolg daarvan verdeeldheid. Dit oorheers ons hele bestaan. Ons is gedurig in ‘n verbete tweestryd met mekaar gewikkel. En alle slegte dinge en ellendes wat wat ons oorkom, is ‘n direkte uitvloeisel daarvan. Dink maar aan egskeidings, twiste, onderlinge onenigheid, haat afgus, jaloesie, ens. Continue reading Siener en die huidige wêreldgebeure

Posted on

Die Gety het Gedraai

Adv. P.J. Pretrius (die skrywer van Volksverraad)  en Adriaan Snyman het saamgespan om Die gety het gedraai te skryf. Dit handel hoofsaaklik oor die profetiese vooruitsigte wat Siener van Rensburg vir ons dag en tyd vir die wêreld en Suid-Afrika voorspel het.

Die gety het gedraai, is ‘n boodskap van hoop en dit voorspel ook ‘n heel nuwe toekoms vir ons land.

In DEEL I skryf adv. Pretorius in sy voorwoord: “As ons dit wat moet plaasvind verstaan, sal ons verstaan dat Suid-Afrika moet gered word om as verskansing teen die komende verworwenheid vir Christene hier en regoor die wêreld te dien. Ons (Suid-Afrika) word “God se geestelike verbondsark”.

In DEEL II behartig Adriaan Snyman o.m. ’n aantal herontdekte briewe wat Boy Mussmann aan Rhodesiese vriende geskryf het. In hierdie briewe kry ons nie net ’n duidelike beeld dat die gety dwarsoor die wêreld besig is om te draai nie, maar ook dat Suid-Afrika bestem is om die ‘Nuwe Kanaän’ vir die mensdom te word.

Prys: R200

Bestel Hier ->