Posted on 42 Comments

Die nag kom nader…

“Daar is iets nie pluis omtrent die huidige landswye kragonderbrekings nie; iets wat maak dat ek net nie die kloutjie by die oor kan bring nie; en ek kry al hoe meer die gevoel dat die gevaarligte wat nou skielik so aanhoudend flikker vir ons méér wil sê as net dat die kragnetwerk te enige tyd in duie kan stort.” Dis die onrusbarende mening van ‘n anonieme oud-Eskomwerker. Continue reading Die nag kom nader…

Posted on 36 Comments

Siener, geroepe Godsgesant

Die meerderheid blankes in Suid-Afrika het geen erg aan Siener van Rensburg se visioene nie. Sy profetiese boodskap vir sy volksgenote word steeds deur hulle verwerp. Hulle beskou dit as die onsamehangende gebrabbel van ‘n verstandelik versteurde; hulle verag sy goddelike waarskuwings; in die media word hy gereed deur sogenaamde ‘kenners’ afgekraak en bespot as ’n ‘flentergat-profeet’; ‘daggaroker’ en ‘waansinnige skisofreen wat tydens sy visioene epileptiese aanvalle kry’. Slegs ‘n klein handjievol aanvaar onvoorwaardelik dat hy as Godsgesant met ‘n spesiale opdrag na sy volk ‘gestuur’ is. Continue reading Siener, geroepe Godsgesant

Posted on 27 Comments

Obamacare — afskop vir 666

Sedert pres. Barak Obama se “Bekostigbare Gesondheidsplan” (Obamacare) in 2010 op die wetboek geplaas is, was daar nog nie ‘n dag dat Amerikaners nie hand en tand daarteen geveg het nie. Die vraag is hoekom baklei teen ‘n skema wat vir “almal” net voordele inhou? Of is daar ‘n dalk rot in die meelsak? Die verslag beslaan 33 000 bladsye waarvan 11 000 “regulasies” is. Sou jy die fout maak om dit te wil druk, sal die stapel ‘n meter hoog staan! Continue reading Obamacare — afskop vir 666