Posted on 13 Comments

Die dag toe ons Almagtige Vader moes plek maak vir Nkosi

Die dag toe die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika deur die ANC op 8 Maart 1996 finaal aangeneem en bekragtig is, was ook die dag waarop die Almagtige Skepper van hemel en aarde moes terugstaan en plek maak vir die groot en belangrike voorvadergees Nkosi.

Niemand het daardie dag sy mond oopgemaak om vir Hom in die bres te tree nie; niemand het eens in Sy rigting gekyk en gefluister: “Ons is jammer” nie;  nog minder het ek iemand gesien wat hom met ‘n roukleed bedek om in die as te gaan wentel;  ook het niemand opgestaan, sy swaard omgord om die poort van sy heiligdom te gaan bewaak nie; en ook was daar niemand wat ‘n vlerk verroer of ‘n bek oopgemaak of gepiep het nie: die wagte wat Hy oor ons gestel het, het gewaarsku: “Luister na die geluid van die basuin.” Maar ons wou ons nie laat waarsku nie, en soos uit een mond het ons uitgeroep: “Ons wil nie luister nie.!”

Die ANC Grondwet vir die Republiek van Suid-Afrika (1996):

“Ons, die mense van Suid-Afrika (die gekleurde rasse),
“Erken die ongeregtighede van ons (die gekleurde rasse se) verlede;
“Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het (die gekleurde rasse);
“Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel (die gekleurde rasse wat die hande-arbeid moes verrig); en
“Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid (wat teenstrydig is met die Godsplan: Mat. 25:32).

“Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die
hoogste reg van die Republiek (die Almagtige Skepper het dus in hierdie Republiek GEEN regte nie. Sy Naam word nie eens genoem nie!) ten einde –
“Die verdeeldheid van die verlede te heel en ʼn samelewing gegrond op demokratiese (demoonkratiese) waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese “menseregte” (nie Godseregte nie) te skep;
“Die grondslag te lê vir ʼn demokratiese (demoonkratiese) en oop samelewing waarin regering gegrondves is
op die wil van die bevolking (nie die wil van God nie) en elke burger gelyk deur die reg beskerm word.” (Behalwe as jy blank is).

Die enigste “god” wat in die ANC se Grondwet ter sprake kom, is die groot voorvadergees “Nkosi”. In die aanhef van die Grondwet word hierdie Nkosi se seën op Suid-Afrika afgepleit:

“Nkosi Sikelel’ iAfrika.
“Nkosi seën Suid-Afrika…”

(Maar Solidariteit en AfriForum verklaar met trots dat hulle verbind is tot hierdie (“anti-Christelike“) Grondwet van ‘n Kommunistiese regering. Hulle is dan ook verbind tot die god wat hierdie regering verteenwoordig, nl. Nkosi, soos hulle bewys het tydens ‘n gradeplegtigheid by hulle opleidingsentrum, Akademia, in 2013 toe Flip Buys, Kallie Kriel en hulle hele span hand op die hart gestaan het om uit volle bors eer aan die voorvadergees Nkosi, te bring).

‘n Mens kan nou seker vra: Wie is hierdie “Nkosi” dan dat hy so vereer moet word? Uit die gryse verlede van Afrika leer ons dat hy die oudste seun is van Mina Mamo Wê, die vrou wat uit ‘n boom voortgekom het. Nkosi is daarom die eerste en ook die belangrikste voorvadergees.

Wanneer ons dus voor die aanvang van ‘n rugbywedstryd of ander sportgeleentheid op aandag staan en “Nkosi Sikelel’ iAfrika” sing, is dit ‘n gruwel voor die aangesig van die Ewig Lewende God. In Levitikus 20 sê Hy uitdruklik: “Dit is ‘n gruwel om die dooies te raadpleeg. Jy mag nie die geeste van gestorwe voorvaders aanroep nie!”Heyneke Meyer, die Springbok afrigter, sing hier die Nuwe Suid-Afrika se volkslied, Nkosi sikelel iAfrika, met volle oorgawe.

Ons ondersteuning by geleenthede waar die voorvaders met die sing van hierdie lied vereer word, maak ons aandadig aan hierdie gruwel!

Nkosi se slagspreuk is: “Ek was mens voor al die ander mense, en omdat ek altyd voorloop, is ek beter as al die ander mense!”

Toe Shaka se ma in Oktober 1827 gesterf het, het hy sy toordokters (profete) laat kom en hulle beveel om die groot voorvandergees Nkosi aan te roep en hom te vra: “Wie se skuld is dit dat ek so hartseer is?” En nadat Nkosi met die dolosse geraadpleeg is, het hulle hierdie boodskap van hom vir Shaka gebring: “Die koning word hartseer gemaak deur bose vroue se swangerskappe.”

En in een nag van waansin laat Shaka 6 000 vroue en dragtige koeie lewendig aan stukke kap omdat hulle die oorsaak van sy hartseer is.

Dis die les wat Shaka geleer het van die god wat vandag die plek van ons volk se Almagtige Skepper van hemel en aarde moet volstaan!

Dan durf ons nog vra: “Hoekom gaan dit so sleg met ons vandat hierdie Nkosi ons land oorgeneem het? Hoekom het miljoene al die land verlaat, en hoekom is ons, wat moes agterbly, bannelinge in ons eie vaderland? Die Nkosi-aanbidders klap die sweep en ons moet buig en gehoorsaam; hulle beroof, besteel, verkrag en maak ons dood; der duisende van ons eie agtergeblewenes, is na die ashope (plakkerskampe) weggery; op 10 Julie 1998 besluit ‘n regter van die Nkosi-bewind (regter Sidney McCreath) dat babas in die baarmoeder “geen reg tot lewe het nie” en maar doodgemaak kan word. En in die volgende 12 maande vermoor  65 000 moeders hul eie, ongebore babas.

Maar dis nie al nie, verraaiers in ons eie geledere beskimp, beswadder en vervolg medevolksgenote vir 30 silwerstukke in die hand, en lewer ons met blydskap aan die godloënaars uit. Die heilige voorskrifte in ons eertydse Grondwet (1961) is verruil vir ‘n gees van selfliefde, valse hoop, agterbaksheid, huigelagtigheid, skaamtelose banaliteit, wellus, leuenagtigheid, bedrog, meedoënlose wreedheid teenoor mekaar en openlike Godveragting.

Van al daardie mooi beloftes (eie woonbuurtes, eie skole, vrede, voorspoed en veiligheid) wat in Desember 1991 in die Handelsentrum by Kemptonpark, plegtig aan ons belowe is, het ons nooit iets van gesien nie. En sedertdien word ons net met groter haat in die stof weggetrap, gemartel en is ons uiteindelik heeltemal ontmens.

Maar staan vas, liewe volksgenote, hou goeie moed, want Hy het gesê: “Ek het julle uit Europa laat trek en julle gebring in hierdie land wat Ek aan julle voorvaders gegee het. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek sal my verbond by Bloedrivier met julle nooit verbreek nie. Daarom gaan Hy ons op verheerlikte wyse weer in die amp herstel wat Hy vir ons vooraf bepaal het. En daarom het ons in ons Grondwet van 1961 aan Hom en Hom alleen die ere plek gegee in hierdie Vaderland wat ons van Hom ontvang het.

Vergelyk dit met die Kommunistiese Grondwet wat suiwer op die mens gerig is en waarin daar vir die Skepper van hemel en aarde geen ruimte is nie:

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1961):

“In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere;

“Wat ons voorgeslagte uit baie lande byeengebring en hulle hier in hul eie Vaderland gevestig het;

“Wat hulle weë deur geslagte bepaal het;

“Wat hulle so wonderbaarlik deur gevare gelei het;

“Verklaar ons dat ons bewus is van ons verantwoordelikheid voor God en die mensdom;

“Oortuig is van die noodsaaklikheid om (as volk) saam te staan om die onskendbaarheid en vryheid van ons land te beveilig;

“Om die wet en die orde daarin te handhaaf;

“Om die geluk en die geestelike en stoflike welvaart van almal te bevorder;

“Bereid is om ons plig te aanvaar om gesamentlik met alle volke wêreldvrede te soek; en die opdrag wil uitvoer om die Republiek van Suid-Afrika te vestig en ‘n Grondwet daaraan te gee wat die beste sal aanpas by die tradisies en geskiedenis van ons Vaderland.”