(Die onderstaande gebeure het op Maandagmiddag 7 September 2009 plaasgevind.)
Ek het pas van George af teruggekeer toe die voordeurklokkie lui. Ek was nog op pad daarheen toe my dogter, Engela, die deur oopmaak. ’n Ou dame van 71 jaar (sy het my dit later meegedeel), het op die drumpel gestaan — doodmoeg, natgesweet en bloedrooi in die gesig. Asof sy my dogter nie daar was nie het nie, het sy by haar verbygekyk, met haar vinger na my gewys en uitasem gehyg: “Ek ken jou en ek het ’n boodskap van God vir jou.”
Sy het haarself net voorgestel as Elize. Ek neem haar toe na die rusbank en sê sy moet solank sit dan gaan haal ek gou vir haar iets om te drink. Later hoor ek dat sy van onder uit die dorp na ons huis toe geloop het — dis byna twee kilometer vêr en al die pad opdraand. Iemand het haar van George af tot in Mosselbaai gebring. Op my vraag waarom sy my nie net gebel het nie, dan sou ek haar gaan haal het, was haar antwoord dat sy nie ’n telefoon het nie en ook my telefoonnommer ken nie.
In die daaropvolgende uur vertel sy my toe nie net haar droewige lewensverhaal nie, maar ook hoedat God haar in haar grootste ellende op haar knieë neergedwing het en gesê het sy sal daar bly lê totdat Hy haar weer optel.
“En dit was met die optelslag dat Hy my die visioen laat sien het en ook vertel het wat ek vir Hom moes doen.”
Sy het geen vaste blyplek, geen bankrekening, en ook geen voertuig nie, maar sedertdien het Hy haar al dwarsoor die land geneem. So beland sy toe een aand in ’n woonstelletjie in ’n gastehuis (“die eienares het my verniet laat bly”). In ’n boekrak ontdek sy toe Siener van Rensburg se verhaal, Boodskapper van God. Sy het dit daardie nag deurgelees en die volgende oggend aan God gesê: “As hierdie dinge waar is, neem my na Lüderitz en die spoorlyn sodat ek dit met my eie oë kan sien.”
Skaars ’n maand later staan sy toe ook op Lüderitzbaai en kyk na die talle skepe in die nuwe, vergrote hawe. Eers nadat sy die herboude spoorlyn ook gesien het, het sy geweet die gesigte van Siener is besig om waar te word.
“En toe,” sê sy, “kry ek die visioen met ’n boodskap om dit aan jou bekend te maak. Ek het amper ’n maand lank gesukkel om hier uit te kom…”
Terwyl sy die visioen aan my beskryf het, het sy haarself kort-kort in die rede geval, haar kop agteroor gegooi, dit met albei hande vasgegryp en uitgeroep: “O, my God, hier kom ’n verskriklike oorlog in die land!”
Ek was nog besig om aan haar te verduidelik dat ek reeds daarvan weet omdat Siener dit voorspel het, toe sy my in die rede val en uitroep: “Nee, nee! Jy sal nooit weet hoe verskriklik dit gaan wees nie!”
Die uitdrukking op haar gesig, het my yskoud laat word.
In die visioen het sy haar in ’n groot, leë vertrek bevind. Links van haar het ’n horde toi-toiende swartes verskyn; hulle het rondgespring, geskreeu en stokke en knopkieries rondgeswaai en was besig om alles te verwoes. Sy het nog geskok na hulle gestaar, toe die stem wat altyd met haar praat, sê: “Kyk agter jou.”
Sy het omgekyk en ’n reuse-slang vlak agter haar gewaar. Sy boosaardige oë was skaars sentimeters van haar gesig af. Doodsbenoud en verskrik het sy besef sy gaan vandag sterf. Maar toe verskyn daar skielik ’n man se voorarms bokant die slang se kop. Die volgende oomblik sluit sy hande om die adder se dik nek en begin hy hom te verwurg.
Toe sê die stem hard en duidelik: “Dit is die einde!”
Hoewel sy nie meer gekyk het nie, het sy geweet die slang is doodgemaak en die bedreiging het verdwyn.
Nadat ons gesels het, het sy my gevra om haar in die dorp te gaan aflaai. Ek wou weet of sy nie ‘n tydjie by ons bly om eers uit te rus nie, maar sy het gesê sy het ‘n ander afspraak en moet gaan, en ‘n engel ry haar taxi en sal sorg altyd dat sy moet kom waar sy moet wees.
Ek het haar daarna nooit weer van haar gehoor nie.
Siener van Rensburg het ’n merkwaardige gesig gehad wat Elize se visioen bevestig.
In 1990 besoek ek my suster Wilmien oom Paul Prinsloo in Eloffsdal, Pretoria. Hy het Siener persoonlik geken en daardie hele dag net oor hom en sy gesigte gepraat. Ek het ook bandopnames daarvan gemaak. Ons was op die punt om te vertrek, toe hy na my kyk en sê: Daar is nog ’n visioen, maar ek weet nie of jy dit in jou boek moet skryf nie. Oom Niklaas het ’n gesig gehad van groot swart op swart geweld wat nog eendag gaan plaasvind. En dan,” het hy gesê, “gaan dinge in die land baie verander.”
Dit het mooi praat en pleit gekos voordat oom Paul die visioen aan ons vertel het.
“Siener het gesê ek kyk in ’n geweer se bek (ek is die Boervolk) en ek sien ’n swart vinger op die sneller en ek weet dat as daardie sneller getrek word, dan is dit verby met ons en sal die Boervolk nie meer bestaan nie.
Maar met my ander oog sien ek toe ’n man se voorarm bokant my in die lug verskyn. Die man se hand klap toe die geweerloop weg sodat dit na die anderkant toe swaai en die volgende oomblik sien ek ander swartes wat hardloop, maar net daarna begin hulle op mekaar te skiet. Ek staan toe en kyk hoe hulle mekaar uitwis…”
Kort voor sy dood op 11 Maart 1926 het Nicolaas van Rensburg een middag aan eettafel aan sy gesin gesê: “Ek sien ons gaan weer groot moeilikheid met die swartes hê. (Hy het die K-woord gebruik). Na die oorlog (2de Vryheidsoorlog) het ek ’n klein, maer swartetjie halflyf verrys uit die aarde sien opkom — en gister het ek weer ’n visioen gehad. Ek sien dat hy gegroei het tot ’n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis vér vorentoe, en dan sien ek dat hy agter ’n newel verdwyn. Maar voor sy verdwyning, het ek ’n donkerte oor die land sien neerdaal…”
Daardie donkerte is nou met ons!
Die ANC wat in 1912 gestig is, was die “klein, maer swartetjie wat hy halflyf uit die aarde sien opkom het.” In daardie stadium was die ANC nog geen faktor of bedreiging nie; en net soos die “klein, maer swartetjie”, was hy ook heeltemal onskadelik. Maar intussen het hy gegroei tot die “magtige kryger” wat ons vandag oorheers en bedreig; en Jacob Zuma is die een met die skild en assegaai waarvan die skaduwee nóú eers oor ons land val, en daardie skaduwee raak by die dag al hoe donkerder.
Kom ons kyk net wat het in die afgelope week gebeur. Dit voel byna soos ʼn aaklige nagmerriedroom waaruit jy nie kan wakker skrik nie.
- Die plundering het in Natal begin en na Johannesburg oorgespoel. Tot sover is minstens 32 skole in KwaZulu-Natal alleen tydens onluste in die provinsie geplunder en gevandaliseer.
- Suikerrietplasie is afgebrand. Die grootste en ook ander rafinadery in Natal het gesluit. Binne ʼn week of twee sal daar nêrens meer suiker te koop wees nie.
- Daar is byna nie meer ʼn winkel of vulstasie wat oop is nie.
- Mense staan nou voor die enkele winkels met die hoop dat daar nog kos te koop is.
- By sommige vulstasies is staan die karre ook in toue.
- Ons verneem van ʼn dame in Pretoria dat persone met privaat vliegtuie kosvoorrade na familielede in Natal wou neem, maar hulle is voorgekeer en verbied om dit af te lewer. Die voorraad moet glo na die agtergebelwenes gaan – hulle wat alles verwoes het!
- Johannesburg: Binne die eerste ses dae is meer as 1.50 miljard rand se verliese gely.
- Sowat 800 winkels is net op Woensdag geplunder.
- Die skade aan eiendom en toerusting beloop reeds R15 miljard rand.
- Sowat 50 000 informele handelaars is in Johannesburg en Natal deur hierdie onluste geraak.
- Meer as 40 000 besighede is verwoes, en hulle sal nooit weer kan funksioneer nie.
- Daar word bereken dat 129 000 werksgeleenthede verlore is.
- En meer as 1.5 miljoen mense sit vandag by die huis sonder inkomste.
Siener het ons vroegtydig oor hierdie dinge gewaarsku toe hy gesê dit sal begin net na die grootste droogte in ons geskiedenis. (Volgens verskeie kenners was die afgelope 6 jaar se droogte veel erger as dié van 1933).
Siener het op 2 Oktober 1915, 19 Oktober 1919 en 12 Desember 1915 die volgende gesigte gehad in verband met kosskaarste: “Ons sit nog en eet, dan raak die kos weg … die melkskottels is leeg, en ons vrouens is nakend”. Daar is nie net ‘n ernstige gebrek aan voedsel nie, maar melk sal ook skaars wees en ons vrouens gaan weer bitter swaar kry in hierdie tyd van groot ellende en armoede (hulle is nakend). Ook op die wingerd- en vrugte- boere wag daar donker tye en groot misoeste: “Ek sien leë druiwemandjies en perskes wat in ’n sloot lê”.
Terselfdertyd sien hy ook ʼn groot brandstof tekort, want die karre staan teen die rooi bulte. ‘Rooi bulte’ is ʼn aanduiding van Kommunisme óf bloedvergieting op ons paaie – m.a.w. daar word op moteriste geskiet.
Binne 2 weke sal daar geen groente en vleis meer te koop wees nie. Doen dit asseblief nou terwyl daar nog beskikbaar is!
Die voedselverspreidingsketting is reeds nie meer daar nie, want dit is saam met die brandstofketting totaal vernietig!
Dat die karre moontlik gaan staan, is besig om bewaarheid te word. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het pas aangekondig dat dit nou onwettig is om brandstof in houers te koop, jy kan dit net in jou voertuig laat gooi.
Dit gaan nie net motoriste raak nie, maar veral mense wat afhanklik is van kragopwekkers wanneer Eskomkrag nie meer beskikbaar is nie. Ons boere wat die land van voedsel moet voorsien, moet nie net brandstof in draagbare houers kan koop om hul plase aan die gang te hou nie, maar ook het hulle diesel nodig om brande te bestry, want dis ook nou winter en die veldbrandseisoen.
Werkloosheid het in die eerste kwartaal van 2021op ʼn rekordhoogte van 32.6 persent gestaan. Ramapohosa het verlede maand dinge vererger deur skole, restaurante, gimnasiums en besighede te sluit weens Covid-19. Dit beteken dat 20 miljoen mense op die oomblik sonder werk sit.
In die afgelope week is 53 takke (30 groot takke) van Nedbak gestroop, asook 300 kitsbanke. Ons gaan binnekort kontantprobleme ondervind. Moenie wag nie, kry so gou moontlik ekstra kontant!
ʼn Apteek-franchise het altesaam 160 apteke binne 48 uur landswyd verloor.
Net in Natal is 50 supermarkte gestroop.
Een van die heel grootste supermark-groepe in Suid-Afrika het Sondagaand 40 van sy groot winkels verloor.
Die bekende ekonoom Magnus Heystek, het hom soos volg uitgelaat oor die plundering van die land: “Verlede jaar is 70 000 troepe (i.v.m. Covid-19) ontplooi om mense te verneder, in hegtenis te neem, te skiet en dood te slaan omdat hulle kruideniersware gekoop het, strand toe gegaan het of ‘n drankie in hul eie agterplase geniet het. Nou word ons stede geplunder en tot op die grond afgebrand en daardie troepe is nêrens te sien nie.”
Ons het reeds in 2011 gewaarsku
Vaandel Uitgewers het reeds op 21 Julie 2011 in ‘n blog artikel gewaarsku dat Siener in etlike gesigte gesien het die plundering van die land gaan in Natal begin en daarna wag groot ellendes op ons, want die aarde word swart (teken van ‘n oorlogtoestand wat haglik word – Siener se verklaring aan Boy Mussmann):
- Geweld in Natal sal toneem, het hy gesê – “Van die Ooste kom ’n vuur en brand Noord-Wes.(In die afgelope tyd is drie senior Zulu-leiers in Natal vermoor). Die aarde is swart (dis moord en doodslag en voorspel groot moeilikheid vir Natal).
- Kosskaarste – “Daar staan ’n tafel gedek en daar is koue gestampte mielies in ’n skottel, en ’n skottel koue pap kom ook op die tafel… Die papskottel is leeg …Die laaste word uitgeskep…Ons sit nog en eet toe raak die kos weg.” In verskeie ander gesigte het hy ook ʼn kosskaarste voorspel.
- Die mynstaking – “Toe kom mense uit dieselfde richting (Johannesburg) met grawwe agter hul rûe”.
- Staatsbeheerde dienste stort in duie, daar is geldskaarste, goudmyne sluit omdat hulle nie meer winsgewend bedryf kan word ne, en daar is niemand wat nog daar werk nie, want – “By Johannesburg sien ek ’n groot hoop grond (gouderts) maar nie een mens is te sien nie”
Vir Johannesburg het Siener ʼn veel erger ramp voorspel as net die geweld. Hy “sien by Johannesburg lê ‘n ontsaglike groot hoop vuurmaakhout en die mense het net ‘koue pap en stampmielies’ om te eet. Dit kan net één ding beteken. Daar sal in ‘n stadium geen krag in Johannesnurg beskikbaar wees nie.
Die 3de Wêreldoorlog
En nie lank nadat al hierdie dinge gebeur het, sien hy die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog.
In Maart 1955 skryf mnr. Boy Mussmann in ’n brief aan die Volksblad oor wat die Siener aan hom gesê het aangaande sekere uitstaande gebeurtenisse wat nog moet plaasvind voordat die laaste Groot Oorlog gaan begin, en die Getroue Afrikaner sy land, vryheid en Vierkleur weer gaan terugkry. Hy skryf: “Oom Nicolaas het ook vir ons die tekens gegee ‘sodat julle kan weet wanneer die oorlog gaan begin’: Kyk, die treine sal staan. Die myne staan. Die motorvoertuie staan op die rooi bulte — gebrek aan petrol. Die Nie-Blanke mynwerkers is weg huis toe gestuur. Die treine staan oor gebrek aan smeerolie…”
Siener beskryf die oorlog as ‘n ontsaglike vuur wat die ganse wêreld in vlamme sal laat opgaan: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop.” (Dis die 3de en laaste Wêreldoorlog).
Hierdie gesig sluit aan by wat ons in Openbaring 14:19-20 lees: “En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok (die mensdom) van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver…”
Ten slotte lyk dit of nog ʼn visioen van hom op pad is om in vervulling te gaan, want ons het pas inligting ontvang dat ʼn sterk afdeling van die Amerikaanse magte wat in 12 basise in Duitsland gestasioneer is, stil-stil in Suid-Afrika aangekom het. Dit is beslis nie sonder rede nie. En ons weet mos wat Siener hieroor gesê het. So, kom ons kyk!
Al sou die gewelddage opstand wat die land op die oomblik teister, vandag beëindig word, sal Suid-Afrika onder ʼn ANC regering nooit weer kan herstel nie. Daar wag dus vir ons ʼn baie, baie Donker Tyd, om nou Siener se eie woorde te gebruik.
Kan jy asb. meer vertel oor die Amerikaanse troepe en watse visioen dit by pas. Ek weet ongelukkig nie. Groete
Hier is dit, Sheldon:
Siener het op 5 Maart 1922 in ʼn brief aan ʼn Vriend geskryf hy sien die volgende in ʼn gesig:
“ʼn Breë stroom blou water van die Weste kom die Unie in. (Dis) die goeie mense van die DUITZE EN AMERIKANERS.”
“Goeie mense” het hyself verklaar as mense wat sy volk goedgesind is. Die “blou water” is ʼn teken dat die gesamentlike mag van Duitsland af kom. En ons weet dat daar op die oomblik 12 Amerikaanse militêre eenhede in Duitsland gestasioneer is.
In die gesigte wat Siener aan oupa Krause gegee het, sê hy dat “Engeland in die geheim vooraf met die swart leiers hier sal reël dat die swartes op ʼn tyd en momernt aanhits om deel te neem aan die opstand om ons (die blankes) ten gronde te rig; wapens sal in die geheim ingevoer word om teen ons te gebruik. Self die weermag en polisie hier sal teen ons wees. Dit sal ʼn rewolusie wees en ons vrouens en kinders sal in die grootste gevaar verkeer.
“Maar dan vind iets plaas waarmee hulle nie rekening gehou het nie, en dit bring ʼn erinde aan hulle heerskappy en bedrywighede vir goed.” Dis die Duits/Amerikaanse troepe wat sal keer dat Engeland nie in sy doel slaag nie.
Goeie naand Oom Adriaan
Dis goed weer om Oom se Skrywe/s te kan lees. Ek is ook bly om te sien dat dit ook nog goed gaan met Oom-Hulle. NB: Onthou ook asseblief Ierland wat nou weer wil saam smelt met Noord-Ierland. Net voor ons ook ons Derde-Republiek ontvang uit VADER YHWH se Hand. Die Voortrekker lese moet on op Hart-Tafel skryf: Net deur Bloed, Sweet en Trane sal ons weer kan Nader Na ons VADER YHWH.
https://www.euronews.com/2021/05/03/northern-ireland-at-100-with-unionism-in-turmoil-is-now-the-time-for-a-united-ireland – Northern Ireland at 100: With unionism in turmoil, is now the time for a united Ireland?
Groete Pieter-Jan Van Zyl Oom Adriaan my Volksgenoot en Vriend dankie vir alles wat U doen soos altyd vir ons as BoerVolk (Sion / Ari-El).
Van my Hand na my VolksHart. Onthou ook nou: As ek storm Volg My, as ek sou Val Wreek My en as Ek sou Omdraai Skiet My (oom Robbie Leibrandt se leuse)
Goeienaand Pieter-Jan. Kan jy my asseblief kontak by info@vaandel.co.za? Baie dankie.
Hi Adriaan, kan ek verder vra wat was die visioen wat beskryf het die geweld tussen indiër en swarte? Groete
Ek stem Saam met jou
Oom Adriaan, wil net uitvind, ek dink in een van ons naburige lande is n groot Diamnt gevind in die vorm van n diere kop, was dit nie ook deur Siener voorspel wanneer ons dinge regtig inskop nie?
Goeienaand Jan. Ja, Siener het ‘n gesig gehad van ‘n diamant wat soos ‘n skaapkop gelyk het, en in die volksmond het dit later bekend gestaan as die “skaapkop-diamant”.