Byna drie dekades het verloop sedert ek die pad met die Boereprofeet en sy visioene in 1990 begin stap het. Dit was van meet af ‘n taai, opdraande stryd; maar dit was ook ‘n heilsame pad, ‘n pad besaai met wonderwerke. Want dit wat ek op daardie pad beleef het, is vir my net so ‘n groot gebeurtenis as wat die ontdekking van die visioene self was. En op die pad het heelwat van ons volksgenote menige dag ‘n hand uitgesteek om dit vir my gelyk te maak. U sal hulle in die loop van die verhaal ontmoet.
Omdat ek my nog voortdurend met Siener se gesigte besig hou, het ek intussen ook op heelparty visioene en verklarings afgekom wat vir ons ‘n meer duideliker prentjie gee van belangrike gebeure wat nog moet plaasvind; lotsbepalende gebeurtenisse wat die Siener se profetiese toekoms vir ons ontsluit.
Inhoudsopgawe
Vooraf
Roepstem uit die verlede
Psalm 110
Die skaap-mens en die wolf-mens
Die wolf-mens
Voordat jy oor Siener kan skryf
Saul, die verlore donkies en Siener
Vryheid en bloedoffers
Stem van ‘n profeet
Volksverraad- die hofsaak
Siener van Rensburg vat die pad
‘n Afspraak met Genade
My volk se hart vol mededoë
Teenspoed en Genade
Nasionale Intelligensie trek die swaard
Ons en die Ierse meisiekind
Verbondskap tussen Boer en Duitser
Die rekenaar het onthou
Duitse wil en staal
‘n Gebed vir God se volk
So lyk die Gees van verskrikking
Altoos onder die wit seiltjie
ANC en NI verspeel kanse met Siener
‘n Geskenk vir dié wat nog nie ‘weet’ nie
Visioene is vir ons dag en tyd bedoel
VSA-touleier (Trump) platgetrap
Die Audi en die meevallertjie
Maak skoon tot by die Ewenaar
Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie
Siener het dit alles vooruitgesê
Skade en vergoeding
As die Vierkleur oor ons wapper
Siener se wagwoord
Waar ‘n volk sy skaamte weggegooi het