ISBN: 0 9583779-2-8
Pubikasie Datum: April 2021
Formaat: Mobi (Kindle)
R100.00
Sesduisend jaar lank al poog ons om die vyandskap tussen volke met wedersydse ooreenkomste uit die weg te ruim; reik ons mekaar die hand en word vredesverdrae gesluit. Tog is ons geen tree nader aan blywende vrede nie as die dag toe Abel se bloed gestort is; of toe daar in 1991 rondom die Kodesa-tafel vergader is om die Nasionale Vredesverdrag te sluit.
Vandag gaan dit net veel erger: Roep “Vrede!” en jy ontketen demoniese magte van geweld, brandstigting en plundering.
Maar hoekom is dit so? Waar het dinge dan verkeerd geloop? En waarop stuur ‘n ontgogelde en verwarde wêreld af?
Hierdie boek het byna drie dekades gelede die lig gesien, maar die skrywer se vêrsiendheid is besig om in ons dag ‘n skrikwekkende werklikheid te
word.
Wee die land van vlerkgegons is ‘n aangrypende uitbeelding van ‘n volk se soeke na’n eie staanplekkie in ‘n land van verdrukking, ellende en smart. Dit kom al ‘n lang pad, beswaai met hoon, beskimping, venyn, misleiding en ‘n wavrag bloedoffers, ‘n pad wat vandag onder die dreigende skaduwee van Armageddon deurloop, die nagmerrieagtige wêreld waaruit daar skynbaar geen verlossing is nie. So lyk dit, altans.