ISBN: 1-919728-22-8
Pubikasie Datum: 2000
Grootte (mm): 212 x 137 x 10
Bladsye: 176
R100.00
Teen die aand sal dit lig word is ‘n roman met Siener van Rensburg se gesigte as tema, en in die besonder die verloop daarvan na 1994. Dit vertel die aangrypende verhaal van ‘n volk wat uit die as opstaan om homself van die heerskappy van vreemdes te bevry. Sy visioene oor kragonderbrekings, ‘n voedsel- en brandstoftekort, asook die bloedige rebellie en uiteindelike vrede, word ‘n skreiende werklikheid in hierdie ongewone roman.
“Op die aard van die Christus-simboliek, vertel die skrywer in Teen die aand sal dit lig word, van die kruisiging en opstanding van ‘n volk; ‘n volk wat uit die bloed van martelare gebore is; met bloedoffers ‘n stuk land vir hom gekoop het en oor 340 jaar met bloedsweet daar ‘n eie staanplek geskep het; maar die dag toe sy vyand voor sy stadspoort verskryn en kaart en transport eis, het hy dit, sonder om ‘n druppel bloed te stort, en met blydskap verpand.
“Hier is waarheid en fiksie so dig verweef dat mens naderhand nie meer weet wat is wat nie. Die profesieë van Siener van Rensburg en van die Bybel word uiters oortuigend bygetrek; maar kry nou ook ‘n heel nuwe dimensie wanneer dit met kruisbeligting van werklikheid en visioen voor die leser afspeel: Die groot staking; ‘n nagaanval op Johannesburg; myntronke; vugs wat soos die doodsengel in Farao se tyd deur die land trekl die herontwaking van ‘n volk; die roeping van “die man in die bruin pak klere”, en oplaas die volk se tuiskoms.
“Die skrywer vlek na weerskante toe oop, genadeloos, en hy spaar niemand nie, ook nie homself nie…”
‘n Uittreksel uit keurdersverslag.