Raad vir Kwale

ISBN: –
Pubikasie Datum: 2010
Grootte (mm): 180 x 210 x 5
Bladsye: 159

R120.00

Dokters het duur geword. Meer en meer mense kan ook nie meer die hoë koste van ’n mediese skema bekostig nie. Maar daar is tog maniere waarop ’n mens jou besoeke aan die dokter of hospitaal kan verminder. Hierdie boek is dan ook spesiaal geskryf vir almal wat gesondheidsprobleme het, en graag van alledaagse preperate wil gebruik maak om hulle lewensomstandighede te verbeter.
Die meeste van hierdie preperate staan alreeds op u kombuisrak of is by die naaste apteek beskikbaar.

Die samesteller het baie lank navorsing gedoen, en die raad van dokters en aptekers ingewin voordat sy hierdie uiters praktiese handleiding opgestel het. Hoewel in leketaal geskryf, bevat dit so ’n ryke verskeidenheid inligting en kosbare wenke dat oud en jonk ’n eksemplaar behoort te besit.

Raad vir kwale is nie net nog ’n professionele verslag oor skete en siekte nie, maar ’n boek waarin talle beproefde geheime verklap word oor hoé om verligting te kry en ook die genesing van al daardie skete en kwale aan te help. Hou die boek byderhand en verbeter u gesondheid sodat u minder besoeke aan die dokter hoef te bring. Dis ’n kosbare kleinnood vir elkeen wat verlang na ’n gesonde liggaam, blymoedige gees en ook ’n stywer beursie!

 

SKU 978-0-620547-78-9 Katagorie Tags , ,