ISBN:1-919728-41-4
Pubikasie Datum: April 2021
Formaat: Mobi (Kindle)
R150.00
Kerkverraad is ‘n onstellende verslag oor spesifiek die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering aan ‘n ateistiese regering. Reeds sover terug as 1968 het van ons vooraanstaande kerkleiers begin om die gesag van die Bybel onder verdenking te plaas deur die 1933/1953-vertaling as ‘uitgedien’ te verklaar.
Skaars 20 jaar later (Maart 1988) het die NG Kerk, onder leiding van wyle prof. Johan Heyns, in die ‘geheim’ met die verbanne ANC se president in Lusaka gaan onderhandel, en hoewel die ANC dit duidelik gestel het dat die drie susterskerke vorentoe geen bestaansreg meer sal hê nie, was prof. Heyns-hulle ‘in vervoering’ oor die ontmoeting. Sedertdien is Afrikaanse kerkleiers direk by die ANC se rewolusie betrek.
Daar is min twyfel dat die weg wat nou bewandel word, tot gevolg sal hê dat die kerk irrelevant gaan raak om uiteindelik deur sy eie doodswens vernietig te word. Die eerste tekens is reeds daar — lidamate verlaat nie net die kerk nie, maar die Nuwe Hervorming het reeeds diep krake in die hele struktuur laat verskyn.
Francois Richter neem die leser terug tot waar die kerk sy beslag gekry het in Jerusalem net na die kruisiging. Met deegelike navorsing en talle gedokumenteerde bewyse, toon hulle ook aan dat die kerk eintlik die wegbereider was vir ‘n bloedlose oorgawe.
In hierdie boek sal sien hoe en waarom die Afrikaanse kerk sy godspraak, gesag en Hoeksteen verloor het.