Gratis E-Boek | Volksverraad (PDF)

ISBN: 0-9584080-4-1
Pubikasie Datum: April 1996
Formaat: PDF

Donasies is Welkom

Bank: Standard Bank
Rek No.: 188 263 217
Tak: 051001

Hierdie Publikasie is gratis. Klik asseblief op die onderstaande skakel om af te laai.

Volksverraad – Adv PJ Pretorius

Reeds sedert die dae van die Voortrekkers hunker die Afrikaner na ‘n eie tuiste, maar negatiewe kragte het hierdie strewe ondermyn deur die kern van die volk, ter wille van ‘n sogenaande wereldvrede, te verbrokkel. Hierdie kragte opereer egter nie openlik nie. Hulle volg al jare lank geheime agendas. Hulle lieg en bedrieg. Hulle het geen respek vir die waarheid nie, en het die Afrikaner se blinde geloof in sy leiers so genadeloos uitgebuit dat die volk homn vandag op sy knieë bevind. Die skrywer, ‘n gewese geheime-agent, rig dan ook ‘n persoonlike waarskuwing tot die leser: “Voordat ons u toelaat om hierdie do-kument te lees, wil ons u eers waarsku dat dit ‘n dokument is met ‘n ingrypende inhoud wat skokkend kan wees. Die konstitusionele ontwikkeling van die Republiek is nie een van waarheid nie, maar een van afskuwelike leuens. Gekenmerk deur korrupsie, subversie en hebsug van bepaalde persone wat hulleself Afrikaners noem en wat daarop roem om ons hooggeplaastes te wees. Moord en verraad was hoog op hulle agendas en is herhaaldelik gepleeg. “Dit was nie ‘n maklike taak om hierdie dokument te skryf nie. Verskeie insette oor die verloop van ‘n paar jaar is verwerk. Die waarheid is somtyds agter die waarheid. Dit is nie die taak van die Intelligensiediens om die man voor die hof te bring nie, maar wel die van die polisie. Intelligensie gaan gepaard met die beskerming van bronne. Die polisie is welkom om die feite wat hierin vervat is te ondersoek met die oog op kriminele aanklagte teen die vermeldes. Ons bronne word egter beskerm. Die Waarheid, in soverre dit die gebeure betref, moet nogtans uit. Wees dus gewaar-sku oor die inhoud van hierdie dokument.”