ISBN: 978-0-6399778-1-2
Pubikasie Datum: 2019
Grootte (mm): 213 x 137 x 14
Bladsye: 171
R170.00
In Engele Boodskap word al die visioene van Johanna Brandt nou vir die eerste keer in een band byeengebring. Dit sluit in haar visioene soos vervat in Die Millennium van 1918; ‘n ongepubliseerde manuskrip van 1922 (waarin sy die vyfde visioen opgeneem het); Die Smeltkroes (1920), asook uittreksels uit haar waarskuwing aan die swart stamme in Suid-Afrika.
Dan bevat dit ook heelwat interessante gebeurtenisse wat sy gedurende die 2de Vryheidsoorlog, beleef het – soos beskryf word in haar boeke Het Concentratie Kamp-Iréne en Die Kappiekommando. Verder is daar talle nuwe toevoegings uit die eerste uitgawe van Die Millennium, en uittreksels uit verskillende tydskrifartikels wat handel oor haar ontmoetings met die Boodskapper in Desember 1916.